Mag God ons seën om tot seën te wees.
Psalm 67 is ’n gebed om God se genade en seen, maar nie sodat ons dit net vir onsself kan hou nie. God se seën het ’n groter doel: dat Sy liefde, goedheid en verlossing deur ons ook by ander sal uitkom.
Ons word geseën om tot seën te wees. Mag ons lewens iets van God se lig sigbaar maak, sodat ander Hom deur ons woorde, ons optrede en die manier waarop ons mense behandel, kan leer ken.
Kyk gerus na Ds. Louis Smith se volledige preek hier:
https://www.youtube.com/watch?v=3We9uqSunA0&list=PLQBOkdFKO-L62HTdC1a0ZE8-0YnOW-oJ2
Geloofsentrum Universitas
'n Sentrum vir aanbidding, heling, groei en diens. Jy is WELKOM!!
Ons is 'n Sentrum vir
Aanbidding, Heling, Groei en Diens,
waar….
- ons God met passie aanbid
- mekaar bemoedig en heling by die groot
Geneesheer vind
- ons geestelik groei
- ons mekaar en die gemeenskap dien
'n Geestelike tuiste vir almal!
08/08/2026
Ons sien uit om jou te verwelkom by die erediens!! Onthou om vanaf 09:00 af in te skakel!
https://www.youtube.com/live/3We9uqSunA0
Geloofsentrum-groete
Mag God ons seën om tot seën te wees Prediker: Ds. Louis SmithPsalm: 67 (2020 Vertaling)
07/08/2026
WAT BETEKEN BYBELSE VADERSKAP?
God die Vader het ’n belangrike rol in die lewe van sy Seun, Jesus Christus, gespeel. Selfs toe Jesus mens geword het, was dit belangrik dat Hy die bevestiging van sy Vader ontvang.
In Markus 1 en Markus 9 lees ons hoe God die Vader Jesus bevestig:
“Jy is my Seun, my geliefde. Oor Jou verheug Ek My!”
As Jesus nodig gehad het om te hoor dat sy Vader in Hom glo en Hom bevestig, hoeveel te meer het ons kinders dit nie nodig om van hulle pa te hoor nie?
Ons kinders het nodig om te hoor:
“Ek glo in jou.”
“Ek is trots op jou.”
“Ek sien die potensiaal in jou.”
“Jy is vir my kosbaar.”
Tydens die The World Needs a Father-kursus kyk ons op ’n praktiese manier hoe pa’s hierdie waarhede in hulle kinders se lewens kan uitleef.
Die kursus is vir pa’s, toekomstige pa’s en mans wat ’n vaderrol in kinders se lewens vervul.
Kursusbesonderhede:
7 Dinsdae vanaf 1 September tot 20 Oktober 2026
18:15–20:00
Geloofsentrum Universitas
R50 per persoon – handleiding ingesluit
Bespreek voor 28 Augustus 2026 by die kerkkantoor:
081 828 9536
07/08/2026
Ons kyk hierdie week saam na Matteus 15! Dankie vir almal wat getrou saam kyk. Onthou dat die vorige hoofstukke op ons YouTube kanaal beskikbaar is sou jy dit gemis het.
https://youtu.be/_ZfxvxpF2Z4?si=He-6xUrypnhkU2jg
Geloofsentrum-groete
Geloofswoord Matteus 15 Ons kyk hierdie week saam na Matteus 15! Dankie vir almal wat getro...
Ons lewens verander voortdurend. Ons word ouer, omstandighede verander, die wêreld rondom ons verander en mense kom en gaan. Tog is daar Een wat altyd dieselfde bly.
God is standvastig en onveranderlik. Hy was daar in die verlede, Hy is vandag by ons en Hy ken reeds alles wat vir ons voorlê. Te midde van al die onsekerheid en verandering is Hy die konstante op wie ons altyd kan vertrou.
Mag ons daarom leer om elke dag wat Hy aan ons gee, met wysheid en ’n ewigheidsbesef te leef.
“Om ons lewensdae na waarde te skat, dit moet U ons leer, sodat ons ’n hart vol wysheid kan verwerf.”
– Psalm 90:12
Kyk gerus na die volledige preek, “Die God van gister, vandag en vir ewig”, hier:
Volledige preek op YouTube
04/08/2026
Jy kan nog inskryf vir ons Gholfdag!
**Gratis koffie by registrasie.
**Lekker pryse om te wen!!
01/08/2026
Dit is Augustus! Hartlik welkom by die eerste erediens van hierdie maand! Kom luister saam wat dit beteken dat God **die God van gister, vandag en vir ewig** is.
Die God van gister, vandag en vir ewig. Prediker: Ds. Thania BothaPsalm: 90 (2020 Vertaling)
01/08/2026
Ons is hierdie week by Matteus 14! Onthou om op ons YouTube kanaal te gaan indien jy van die vorige hoofstukke gemis het.
https://youtu.be/gYC593v1N6s?si=JQnYwyFNC53lwprK
Geloofsentrum-groete
Geloofswoord Matteus 14 Ons is by Matteus 14 in ons reis deur die Evangelies! Onthou om na ...
Terugflits | Die Here is my Banier | 26 Julie 2026
In die verlede het ’n banier gewys aan wie ’n leër behoort, waarvoor hulle staan en waar hulle hulself bevind. Dit was ’n sigbare teken van identiteit, hoop, motivering en oorwinning.
Ons lees in Eksodus 17 hoe Moses sy hande omhoog gehou het terwyl Israel teen die Amalekiete geveg het. Solank sy hande omhoog was, het Israel die oorhand gehad. Ná die oorwinning het Moses ’n altaar gebou en dit genoem: “Die Here is my banier.”
Hierdie boodskap geld vandag steeds vir ons. Wanneer ons in God glo en Jesus as ons Verlosser erken, dra ons die kenteken “Christen”. Ons identiteit en oorwinning is nie in ons eie krag gegrond nie, maar in Hom.
God is ons Banier wat hoog bo elke stryd staan. Hy rus ons toe en stuur ons uit om Sy vaandeldraers te wees – sigbare getuies van wie Hy is en van die hoop wat ons in Hom het.
25/07/2026
Dis die eerste Sondag van die nuwe kwartaal en JY WORD HARTLIK UITGENOOI!
Kom aanbid die Here met lofprysing, Woordbediening, gebed en wees ‘n getuie van jongmense wat hulle geloof bely! Die Jeugbediening begin ook weer met kategese vir die 2jariges tot Gr.7s en volgende week met Jeugdienste en kategese vir Gr.8s tot matrieks.
Ons proe na die tyd die wors wat gemaak is met die vleis van die Jagnaweek en kuier lekker as geloofsfamilie saam! SIEN JOU DAAR!
Ons is ook dankbaar vir diegene wat aanlyn inskakel en deel vorm van ons geloofsfamilie! Hier is die skakel na hierdie week se erediens:
Die Here is my banier (Belydenisaflegging) Prediker: Ds. Thania BothaEksodus 17:8-15 (2020 Vertaling)
Click here to claim your Sponsored Listing.
Location
Contact the school
Website
Address
Strauss Straat 12
Bloemfontein
9301
Opening Hours
| Monday | 08:30 - 12:30 |
| Tuesday | 09:30 - 12:30 |
| Wednesday | 09:30 - 12:30 |
| Thursday | 09:30 - 12:30 |
| Friday | 09:30 - 12:30 |