Die RO Juffrou

Die RO Juffrou Educational Support Teach

- School Readiness
- Reading Support
- Support with learning difficulties Remediërende klasse vir leerders met uitdagings in lees.

Skoolgereedheidstoetse vir Gr R leerders

03/10/2026
03/10/2026

Michaela luister die oudioboek op Spotify terwyl sy na die prentjies en woorde kyk soos sy luister.

Michaela vind lees moeilik soos haar ouer sussie Ilani. Michaela ruil ook soms letter wanneer sy skryf. Sy KAN lees, maar dit put haar vreeslik uit om die letters een vir een te onthou en die woorde te bou. As sy in 'n skool was, sou ek haar moes laat toets vir disleksie, sodat sy hulp en konsessies kan kry.

Maar omdat ons tuisskool, en ek die tekens van disleksie raaksien, kan ek:
* formele toetse los en haar self konsessies gee!
*Ja! Ek lees en skryf vir haar soveel as wat sy nodig het! EK is haar Reader en Skriba.
* Ek kan vir haar tyd gee om spelling te verbeter.
* Sy kan vorder met haar sterk vakke (wiskunde en wetenskap) en minder Engels en Afrikaans taal doen. Hoekom die kind moedeloos maak? Ek bou eerder haar self-vertroue!
* Sy skryf nie eksamens nie, al is sy graad 4. Ek sit langs haar elke dag en kan sien hoe vorder sy. Ek kort dan nie 'n rapport nie! Rapporte rapporteer terug aan die ouer wat by die skool aangaan. Wanneer jy tuisskool is jy die juffrou en die ma!

Michaela sien dat haar tweeling sussie goed kan lees en die reeks The 13-Storey Treehouse baie geniet. Nivea trek al by die 5de boek in die reeks en Michaela weet sy mis uit! Sy vra my toe of ek vir haar die boeke sal lees. Dit wys my hoe graag wil sy hoor wat geniet haar sussie so baie.

Sussie Ilani het die Story Time by Aussie Dad op Spotify gevind, toe ek haar vertel dat Michaela graag ook die boekreeks wil hoor. Ilani soek gereeld self vir oudioboeke omdat sy ook eerder luister as lees.

Toe ek Michaela vanoggend vertel dat haar sussie haar geSORT het met die storie, wil sy dadelik luister! Sy geniet tot hoofstuk 10 in die boek voor sy 'n breek neem.

Deur om saam te volg in die boek terywl sy luister, vorder sy steeds met lees - net op 'n alternatiewe manier. 🤗

28/09/2026
28/09/2026

Adults have an enormous amount of power over children, and so much of it is considered completely normal.

Adults can decide what children learn, how they spend their time, what they wear, what they eat, who they see, whether they get privacy, what happens to their belongings, how they spend their money, whether they're allowed to say no, and how much control they have over their own bodies.

Of course children need care, guidance and protection. But we've confused responsibility for children with a right to control them. A lot of adult power over children goes unquestioned simply because it's common. Because it's always been this way. But common doesn't mean right.

The more power someone has over another person, the more carefully I think that power should be examined.

What power over children have you questioned and deliberately changed in your own family?

28/09/2026
28/09/2026
28/09/2026

Graad 11 begin vanmiddag met Wiskunde van 15:00 tot 18:00 en sal elke dag daardie tyd hierdie week by die aanlyn klasse kan inskakel , daar kan nog registreer word. Daar is Saterdag en Sondag spesiale Fisiese Wetenskappe eksamenvoorbereiding sessies.Graad 12 begin vanoggend 8:00 met Fisiese Wetenskappe daar is die week 15 uur puik hersieningsessies en Donderdag spesiale Fisiese Wetenskappe eksamenvoorbereiding sessies waar vraestelle ontleed sal word om te wys hoe om te interpreteer, te analiseer, tyd te bestee en vrae te beantwoord om optimale punte te kry.Graad 12 Wiskunde eksamenvoorbereiding is op 3 Okt. Daar kan registreer word al kan iemand nie inskakel nie en alles sal gegee word om self deur te werk dus kan verlede week se Fisiese Wetenskappe vir Graad 11 en Wiskunde vir Graad 12 so gekry word.
Hier is die links om te registreer:
https://www.ebeeldskool.co.za/registrasie/graad-12-vorms/oktober-vakansie/
https://www.ebeeldskool.co.za/registrasie/graad-11-vorms/oktober-vakansie/

Address

Bloemfontein

Opening Hours

Monday 15:00 - 17:00
Tuesday 15:00 - 17:00
Wednesday 15:00 - 17:00
Thursday 15:00 - 17:00
Friday 15:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 15:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die RO Juffrou posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share