10/08/2026
“Children are not things to be molded, but are people to be unfolded.”
— Jess Lair
Children are not unfinished versions of us.
They arrive with their own temperament, preferences, opinions, strengths, and struggles. Our job is not to erase those qualities until the child becomes more convenient for us.
We can shape behavior without trying to control identity.
We can provide guidance without writing a child’s entire story.
We can set firm limits while still leaving room for personality, curiosity, and independent thought.
When children feel accepted for who they are, they do not have to fight quite so hard to prove that they are separate from us.
What part of your child’s personality are you learning to understand rather than change?
03/08/2026
This is why phonics matters!
Memorize 10 words → read 10 words.
Learn 10 letters → read THOUSANDS. 🔥
04/07/2026
Dit is rond, Here . . .
Sommige kindertjies is rond, Here . . . en ander is vierkantig. Vierkantige kinders het dikwels handsvatsels, mens kan hulle stewig vashou en optel en hulle pas orals in. My seuntjie is nie vierkantig nie, Here. Hy is rond. En hy het nie handsvatsels nie. Daar is baie dae wat hy sommer net so deur my vingers glip. Dae wat ek moedeloos langs hom sit, terwyl hy so bitter ver voel. Dae wat hy by my huil en sê dat hy anders voel as die res. En ek in my binneste wens ek kon hom optel en orals inpas waar hy voel hy wil graag hoort. Maar ek kan nie, Here.
Ek het vir hom verduidelik dat sommige kinders se breine soos twee-punt proppies werk en ander kinders soos driepunt-proppies. Dat hy nog presies dieselfde waarde en krag en potensiaal het, al is hy anders bedraad en aanmekaar gesit. Dis net, Here . . . die lewe bestaan omtrent net uit driepunt-muurproppe, Almal probeer so hard om die tweepunt-proppies daar in te prop, dat hulle menswees en hulle gawes en identiteit sommer net verlore gaan. En dikwels kom hulle die mas op, Here . . . dikwels kom daar tog lig en energie in hulle huiswerkboeke. Maar in die middae na skool maak dit kortsluitings as hulle by die huis kom. Dan huil en baklei hy, en gaan sit soms bo in ‘n kas, maak homself toe omdat die angs so ontsettend groot is. En ons wat hom lief het, sien hoe moeilik dit vir hom raak om sy liggie te laat skyn. Want hoe skyn ‘n liggie as dit ‘n tweepunt proppie is wat by ‘n driepunt-muurprop moet inpas. Dit is moeilik, Here . . .
My ronde seuntjie se mond en gedagtes het geen brieke nie. Ai, Here, en net sodra ek d**k dis onder beheer, ek het dit vasgevat, rol sy woorde weer verkeerde kante toe en maak hy iets of iemand kwaad. Kindertjies soos hy sukkel om maats te hou, want hulle weet nie altyd wat om met maatjies te maak nie. Hy raak so meegevoer dat hy dikwels verby sy maats speel. Ronde kindertjies is slim en intelligent. Hulle het so baie maal net een ding wat hulle interesseer en waaroor hulle opgewonde kan praat. Heeldag. My kind ken al die wêreldoorloë en sy oë blink as hy vertel. En hy ken vliegtuie, maar sy eie teorieë en uitvindsels. Oorlog en vliegtuie. Wanneer hy in geselsskap is, rol hy die gesprek elke keer terug na oorlog en die lug. En naderhand raak mense geirriteerd en sy maatjies soek ander kuierplek. In die winkels sing hy Jesus loves me uit volle bars. Want hy wil.
Mense sukkel partykeer om ronde kindertjies te verstaan. Daar is so baie raad en wysheid, maar dis wanneer jy self probeer om ‘n ronde seuntjie vas te vat en ‘n houvas te kry, wat jy besef hoe moeilik dit regtig is. Wat jy stil kyk hoe mammas daar buite hulle kinders se sport en prestasies vier. En jy raak opgewonde bly, want jou seuntjie het vir die eerste keer in elf jaar gaan slaap, sonder om bang te wees. Vir die eerste keer deurgeslaap sonder om iemand wakker te maak. Mens raak bly as jou seuntjie die moed bymekaarskraap om rugby te oefen. Niemand sal ooit weet met hoeveel angs en bang dit gaan nie. Mens sê stil dankie as daar ‘n middag verby gaan sonder ‘n emosionele uitbarsting of trane. Wanneer daar maatjies is wat bly.
U sien ons mammas raak, né Here? Gister het ek sy medikasie gekry en die vroutjie agter die apteek se toonbank het gesien dat dit swaar gaan. My belangstellend uitgevra na my ronde kindjie. En ek het begin huil, terwyl ek haar vertel hoe elke dag se roetine dieselfde moet wees, anders rol hy nog erger. Van die angs wat soms ons hele huis deurmekaar gooi. Sy het saam gehuil, terwyl die ry mense agter ons geduldig wag en stil saam met ons voel. U was agter daardie toonbank, né Here? U stuur mense om mammas te help vashou as hulle kinders begin wegrol. Sy juffrou met haar Jesus Beertjie. Die vrou wat ‘n bid-beertjie deur die pos stuur. Die man met die sagte oë wat hom elke saterdag vat en leer om krieket te speel. Want die man verstaan ronde kindertjies.
Ek maak ‘n ronde seuntjie groot, Here. Die dokters noem dit ‘Spektrum’ en soveel ander name. Ek noem dit sommer net rond. Want elkeen van hierdie kindertjies is anders en uniek. Elkeen het ‘n mamma en pappa wat sukkel om ‘n greep op hulle te kry. Elkeen sukkel om in die lewe se vierkant in te pas.
U verstaan ronde kinders, né Here? Wanneer ek moedeloos in ‘n hopie wil sit en gaan huil, hou U u hande bakkie-rond voor my en nooi my sag uit om my kind in U hande te sit. Daar, in die ronding van U hand, pas hy perfek. En terwyl u hom stil, versigtig toevou en met deernis teen U vasdruk, hoor ek hoe hy opgewonde sing: “Jesus loves me, this I know . . .” En ek sien hoe U luister en sag in sy oor fluister: “Ek doen . . . o, Ek doen! Ek is lief vir jou met ‘n liefde wat nooit gaan ophou nie. . .”
Dankie dat U hande nie vierkantig is nie. Maar dat dit sag vou om dit wat vir ons soms te rond is om te verstaan. Dit wat deur ons vingers glip en soms so ver weg raak. Dankie dat hy by U mag hoort. Dankie dat U hom by my kom vat, wanneer my hart moeg word en ek sukkel om verder te sien. Dankie dat U ons albei teen u vashou en ons herinner dat u ook die God van anderster ronde kindertjies is. Altyd. En dis genoeg.
Amen.
(Katrienkie@2026)