Willem Postma Primêre Skool

Willem Postma Primêre Skool Die kaalvoetskool waar Christenskap geleef word. Ons is 'n puik gemengde primêre skool met bykans 'n 1000 leerders - graad 1 tot graad 7.

Ons is geleë in Dan Pienaar (noordelike voorstad) van Bloemfontein. Ons leerders presteer in akademie, sport en in kultuur. WEET WAAR Lê ONS KRAG:

God as Hoof
Gemotiveerde professionele personeel
Betrokke ouers
Gebalanseerde en gelukkige leerders

'N PLEK WAAR ELKE OUER EN KIND TROTS KAN WEES:

Willem Postma Redenaarskompetisie - welgedaan en dankie aan almal betrokke!
02/10/2026

Willem Postma Redenaarskompetisie - welgedaan en dankie aan almal betrokke!

👏 WILLEM POSTMA SE HOKKIE PRESTEER!  🏑Die seisoen was propvol hoogtepunte: 🏆 LIGA-PRESTASIESOns o.12- en o.13 A-spanne h...
01/10/2026

👏 WILLEM POSTMA SE HOKKIE PRESTEER! 🏑

Die seisoen was propvol hoogtepunte:

🏆 LIGA-PRESTASIES

Ons o.12- en o.13 A-spanne het uitstekend in die liga gevaar:

🥇 o.12 A-Dogters
Die dogters het die liga gewen, **goud ontvang én die trofee huis toe gebring!** 🏆

Nog ’n ongelooflike prestasie: Willem Postma se o.12 A-Dogters het die liga vir drie agtereenvolgende jare gewen!

🥉 o.12 A-Seuns
Die seuns eindig 3de en ontvang bronsmedaljes.

🥉 o.13 A-Dogters
Die dogters eindig ook 3de en ontvang bronsmedaljes.

💙 MEER AS NET HOKKIE

Een van die mooiste tradisies by Willem Postma is hoe ons mekaar ondersteun. Ons Graad 1’s ondersteun die eerste spanne, en die verskillende spanne staan ook deur die seisoen langs mekaar.

Dit is meer as net hokkie, dit is Possies wat Possies ondersteun.

🏆 WITTEBERG-TOERNOOI

Willem Postma se o.13 A-seuns het die Witteberg-toernooi gewen! Dit is ’n besondere prestasie en ’n bewys van die talent en harde werk binne ons hokkieprogram.

🏑 NIKA COERTZEN- EN PIETIE COETZEE-TOERNOOIE

Willem Postma word ook jaarliks na die Nika Coertzen-toernooi genooi, ’n besondere erkenning vir ons hokkieprogram.

Die skool is vanjaar ook vir die derde agtereenvolgende jaar** na die Pietie Coetzee-toernooi genooi.

Tydens die toernooi het Willem Postma die volgende uitslae behaal:

• Menlo – 0–0
• Chelsea Prep – 0–1 verloor
• Helderkruin – 2–0 wen
• Vaalpark – 0–1 verloor
• Oranje – 0–0
• Eunice – 0–0
• Paarl Gim – 0–0

Uitspeel:
• Menlo – 1–2 verloor
• Helderkruin – 5–1 wen

Willem Postma het 7de geëindig.

’n Spesiale gelukwensing aan Marlé Jansen, wat as die Doelskieter van die Toernooi aangewys is met 6 doele agter haar naam! 👏🏑

🏆 **WESGROW**

Ons seuns- én dogterspanne het uitstekend gevaar en **albei het gewen!**

⛺ **CAMP DISCOVERY**

Ons spelers het tydens Camp Discovery waardevolle vaardighede opgedoen en is behoorlik voorberei vir die seisoen wat voorlê.

Willem Postma het ook reeds 13 Suid-Vrystaat-spelers opgelewer, ’n besondere prestasie waarop ons baie trots is!

23/09/2026

Carols with the Stars bied 'n geleentheid om saam met geliefdes die gees van Kersfees te beleef - én die kans om 'n motor te wen.

TREE produksie: Liefde in Aksie ❤️🎭Deur humor, musiek, drama en ’n hartroerende verhaal is ons herinner aan die krag van...
20/09/2026

TREE produksie: Liefde in Aksie ❤️🎭

Deur humor, musiek, drama en ’n hartroerende verhaal is ons herinner aan die krag van vriendelikheid, vergifnis, eiewaarde en geloof. 💛

Dankbaar vir die TREE en aan almal wat deel was van hierdie spesiale dag. Ons hoop die boodskap van God se liefde bly nog lank in elke hart leef. 🙏❤️

17/09/2026

Willem Postma Primary School has achieved notable results in the Central Primary Schools WesGrow Sports Series, finishing second overall following strong performances across its sporting disciplines.

The school performed particularly well in rugby, where Willem Postma and Universitas Primary shared first place. Willem Postma also secured second place in netball.

Head of Sport Nico Venter, Principal Sakkie Matthee, Head of Rugby Hanno Joubert and Head of Netball Irene Pretorius represented the school at the official prize-giving ceremony held at Hoërskool Sentraal on Monday, 7 September.

Venter described participation in the series as a privilege and expressed the school’s appreciation for the commitment shown by its learners and coaches, as well as the continued involvement and support of parents.

Matthee highlighted the developmental value of the competition, noting that it provides learners with valuable match experience while creating opportunities to strengthen their skills and further develop their passion for sport.

Willem Postma Primary congratulated the learners, coaches and parents whose collective efforts contributed to the school’s achievements.

16/09/2026

🐑?

Hou hierdie spasie dop.... 😅

Address

13 Poulteney Street, Dan Pienaar
Bloemfontein
9301

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:30
Tuesday 07:30 - 13:30
Wednesday 07:30 - 13:30
Thursday 07:30 - 13:30
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27514362730

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Willem Postma Primêre Skool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Willem Postma Primêre Skool:

Shortcuts

Share