04/06/2026
𝘽𝘼𝙄𝙀 𝙂𝙀𝙇𝙐𝙆!
Mag die jaar gevul wees met vreugde, avontuur en liefde!
Hoërskool Fichardtpark is `n Top skool met `n Christelike karakter. JÓÚ tuiste, JÓÚ storie, JÓÚ toekoms
JÓÚ Voorkeurskool
04/06/2026
𝘽𝘼𝙄𝙀 𝙂𝙀𝙇𝙐𝙆!
Mag die jaar gevul wees met vreugde, avontuur en liefde!
03/06/2026
𝗙𝗛𝗣 𝗜𝗣𝗟 𝗧𝟮𝟬 𝗙𝗔𝗡𝗧𝗔𝗦𝗜𝗘 𝗟𝗜𝗚𝗔 𝟮𝟬𝟮𝟲 🏏
Baie geluk aan Pieter de Bruyn, die wenner van Hoërskool Fichardtpark se IPL T20 Fantasie Liga 2026!
Pieter stap weg met 'n SS-krieketkolf ter waarde van R5 000.
Deelnemers moes 'n 12-tal saamstel deur 'n maksimum van drie spelers per IPL-span te kies. Punte is soos volg toegeken:
10 punte vir elke 10 lopies wat deur 'n kolwer aangeteken is
20 punte vir elke paaltjie wat deur 'n bouler geneem is
5 punte vir elke vangskoot
10 punte vir elke uithardloop of stumping
Baie geluk aan al die deelnemers wat deelgeneem het en die kompetisie so opwindend gemaak het!
03/06/2026
𝗩𝗢𝗢𝗥𝗧𝗥𝗘𝗞𝗞𝗘𝗥𝗦: 𝗕𝗥𝗔𝗡𝗗𝗞𝗢𝗣 𝗞𝗢𝗠𝗠𝗔𝗡𝗗𝗢
Ons Voortrekkers het die kwartaal op 'n heerlike en kreatiewe wyse afgesluit met 'n Kokkedoor-aand! Elke graad moes 'n land verteenwoordig deur gepaste kleredrag aan te trek en tradisionele disse voor te berei.
Die aand was gevul met lekker kuier, spanwerk, kreatiwiteit en natuurlik heerlike kos. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en die geleentheid so besonders gemaak het.
Die Voortrekkers Brandkop
03/06/2026
𝗩𝗘𝗥𝗝𝗔𝗔𝗥𝗦𝗗𝗔𝗚𝗩𝗜𝗘𝗥𝗜𝗡𝗚𝗘 𝗩𝗜𝗥 𝗠𝗡𝗥 𝗞𝗥𝗜𝗘𝗟
Baie geluk aan mnr Marius Kriel, Fichardtpark Primêre Skool se skoolhoof, wat vandag sy verjaarsdag vier.
Mnr Herman van der Merwe, skoolhoof van Fichardtpark Hoërskool het mnr Kriel besoek om hom geluk te wens.
Ons is trots om hande te vat met ons laerskole in Bloemfontein en in vreugdes te deel.
02/06/2026
𝗙𝗜𝗖𝗛𝗔𝗥𝗗𝗧𝗣𝗔𝗥𝗞 𝗡𝗘𝗧𝗕𝗔𝗟 🏐
Baie geluk aan ons netbalspelers met hul verkiesing tot die onderskeie Vrystaatspanne.
Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie!
📸 Dirkie Groenewald foto's 2020
02/06/2026
𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗛𝗢𝗞𝗞𝗜𝗘 🏑
Baie geluk aan ons hokkiespelers wat gekies is vir die Suid-Vrystaat Hokkiespan.
Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie en wens julle alle sukses toe vir die seisoen wat voorlê.
📸 Dirkie Groenewald foto's 2020
01/06/2026
𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗥𝗨𝗚𝗕𝗬: 𝗩𝗥𝗬𝗦𝗧𝗔𝗔𝗧 𝗕𝗢𝗡𝗗𝗘𝗗𝗔𝗚 🏉
Baie sterkte aan ons rugbymanne wat hul onderskeie Vrystaatspanne eerskomende Saterdag tydens die Bondedag verteenwoordig. Ons o.14 A-rugbyspan meet ook kragte met die o.14 Griffons Platteland-span.
Ons wens julle alle voorspoed toe!
VRYSTAAT HOËRSKOLE BONDEDAG 2026
Die Vrystaat Hoërskole Rugbyvereniging sien daarna uit om spelers, afrigters, spanbesture, ondersteuners en rugbyliefhebbers te verwelkom by die Vrystaat Hoërskole Bondedag op Saterdag, 6 Junie 2026 by Grey Kollege in Bloemfontein.
Kom ondersteun die beste hoërskole-rugbytalent van die Vrystaat, Griffons en Griekwas terwyl spanne mekaar die stryd aansê op die rugbyveld. Met wedstryde wat reeds vanaf 08:00 afskop, beloof dit om ’n dag vol opwindende rugby en goeie gees te wees.
Toegang: R30 per persoon by die hek. Kaart- en kontantbetalings welkom.
Verskeie kosstalletjies en verversings sal gedurende die dag beskikbaar wees vir ouers, ondersteuners en toeskouers.
Vir diegene wat nie die dag in Bloemfontein kan bywoon nie, sal alle wedstryde op die Grey Kollege Hoofveld regstreeks uitgesaai word op SuperSport Schools.
Ons sien daarna uit om julle in Bloemfontein te verwelkom vir ’n dag van uitstekende skole-rugby.
⸻
FREE STATE HIGH SCHOOLS RUGBY DAY 2026
The Free State High Schools Rugby Association looks forward to welcoming players, coaches, team management, supporters, and rugby enthusiasts to the Free State High Schools Rugby Day on Saturday, 6 June 2026, at Grey College in Bloemfontein.
Come and support some of the finest school rugby talent from the Free State, Griffons, and Griquas as teams compete in a full day of exciting rugby action. With matches kicking off from 08:00, spectators can expect a fantastic day of competitive rugby and a great atmosphere.
Entrance: R30 per person at the gate. Card and cash payments welcome.
A variety of food stalls and refreshments will be available throughout the day for parents, supporters, and spectators.
For those unable to attend in Bloemfontein, all matches on the Grey College Main Field will be streamed live on SuperSport Schools.
We look forward to welcoming you to Bloemfontein for a memorable day of top-quality school rugby.
01/06/2026
𝗙𝗜𝗖𝗛𝗜𝗘 𝗟𝗔𝗡𝗗𝗟𝗢𝗢𝗣 🦁
Baie geluk aan ons landloopatlete wat puik presteer het tydens die vierde landloopliga. Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle!
01/06/2026
𝗩𝗢𝗢𝗥𝗧𝗥𝗘𝗞𝗞𝗘𝗥𝗦: 𝗕𝗥𝗔𝗡𝗗𝗞𝗢𝗣 𝗞𝗢𝗠𝗠𝗔𝗡𝗗𝗢
Baie geluk aan die volgende Graad 8-leerders wat amptelik by die Brandkop Kommando ingelyf is:
Annienke Johnson
Amory van der Walt
Hano Nicholson
Stefan van Aswegen
Christiaan Mynhardt
Jeandré Joubert
Eran Hattingh
Baie geluk ook aan me. Thea du Toit en mnr. Ewan Steyl wat as offisiere ingelyf is.
Mag hierdie mylpaal die begin wees van baie geleenthede om te groei, te dien en leiding te neem. Ons is trots op julle prestasie en wens julle alle voorspoed toe vir die pad vorentoe.
Die Voortrekkers Brandkop
| Monday | 07:30 - 14:00 |
| Tuesday | 07:30 - 14:00 |
| Wednesday | 07:30 - 14:00 |
| Thursday | 07:30 - 14:00 |
| Friday | 07:30 - 14:00 |