Hoërskool Sentraal

Hoërskool Sentraal Op 26 Augustus 1905 word die Vrije Christelike School onder die afdak van die Gereformeerde Kerk in Zastronstraat in Bloemfontein gestig.

Dit was ‘n nederige begin, toe 50 leerders deur D.F. du Toit (Oom Lokomotief), in hul moedertaal onderrig is. Om vir die leerders ‘n goeie verdienste te verseker, is veral klem gele op vakke soos hout-, naald-, mandjies-, karton- en kleiwerk. Ook die handelsonderwys is bevorder. Die skool het geleidelik in die rigting van ‘n voorbereidende tegniese skool ontwikkel. Die leerdertal het so gegroei dat die kerkgebou en konsistorie van die Gereformeerde Kerk te klein was om almal te huisves. Tog het ‘n gebrek aan fondse uitbreiding gestrem en juis die probleem het talle skole laat verkrummel. Die stigters het egter vasgebyt en in 1908, na ‘n onderwyswet verseker het dat die Hollandse taal naas Engels gelyke regte sou geniet, is toegegee dat die Vrije Christelike School in ‘n staatskool omskep kan word. Vanaf 1 Julie 1908 sou die naam verander word na die Voorbereidende Praktiese Skool. ‘n Sinkgebou is ook opgerig waarin die st.4- en 5-leerders gehuisves is. In 1912 het die leerdertal reeds tot 163 gegroei. Ten spyte van verandering en groei, het die skoolbestuur onder voorsitterskap van ds. Willem Postma toegesien dat die Christelike en Afrikaanse karakter behoue gebly het. Na gereelde inspeksie het die Departement hul ingenomenheid met die skool uitgespreek en veral gemeld hoe gelukkig die kinders in die skool was.

SentraalGholfdag2026
25/06/2026

Sentraal
Gholfdag
2026

25/06/2026

HOKKIE 🏑 Die volgende Tralie-afrigters is afrigters en spanbestuurders by die onderskeie SVS-spanne:
23/06/2026

HOKKIE 🏑

Die volgende Tralie-afrigters is afrigters en spanbestuurders by die onderskeie SVS-spanne:

REDENAARS
23/06/2026

REDENAARS

Sentraal VERJAARSDAGNAWEEK
22/06/2026

Sentraal
VERJAARSDAGNAWEEK

18/06/2026

Baie dankie aan Human Auto Ford Bloemfontein.

Vandag is nie net 'n besondere dag omdat ons skoolhoof verjaar nie, maar ook 'n dag van groot seën en dankbaarheid vir ons skool.

Ons wil ons opregte waardering uitspreek teenoor Human Auto vir die ruim skenking van 'n voertuig wat deur ons skoolhoof gebruik gaan word. Hierdie borgskap getuig van julle betrokkenheid by die onderwys en die gemeenskap, en dit maak 'n daadwerklike verskil.

Namens die Hoërskool Sentraal sê ons baie dankie vir hierdie onbaatsugtige skenking.

Ons sien uit na 'n lang en voorspoedige verbintenis met Human Auto.

Die Hoërskool Sentraal – trots op ons vennote, trots op ons toekoms.

Baie dankie aan al die ouers wat bygedra het vir mnr. Liversage se verjaardaggeskenk. Julle ruimhartigheid en ondersteun...
18/06/2026

Baie dankie aan al die ouers wat bygedra het vir mnr. Liversage se verjaardaggeskenk. Julle ruimhartigheid en ondersteuning word opreg waardeer.

'n Spesiale woord van dank aan Carina van Cakes'Ala vir die pragtige en heerlike koek wat sy gebak het. Dit het die geleentheid ekstra spesiaal gemaak.

Ons is seker dat mnr. Liversage baie spesiaal gevoel het en dat hierdie geskenk vir hom kosbaar is.

Julle maak werklik 'n verskil.

Mnr.Pieter Muller, voorsitter van die  Hoërskool Sentraal Alumni, wens mnr. Charles Liversage geluk met sy verjaardag. H...
18/06/2026

Mnr.Pieter Muller, voorsitter van die Hoërskool Sentraal Alumni, wens mnr. Charles Liversage geluk met sy verjaardag. Hy gee ook erkenning aan die hoof, namens die Alumni, vir uitnemende diens gelewer die afgelope vyf jaar.

Address

Genl Cronje Street, Dan Pienaar
Bloemfontein
9310

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoërskool Sentraal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category