Perseverance Landbou Akademie

Perseverance Landbou Akademie 'n AgriSeta-geakkrediteerde, privaat, landbou kollege, wat van NQF Vlak 4 - Vlak 6 aanbied, geleë in die Bloemfontein distrik.

Wêreldklas teoretiese en praktiese landbouopleiding waar studente kan groei met kennis, en oes met waarde. Die Vrystaat Landboukollege, is ‘n opwindende nuwe inisiatief vanuit die Vrystaat landbougemeenskap om ‘n volwaardige, volle residensiële Landboukollege daar te stel vir Afrikaanssprekende studente, wat graag ‘n industrie-gedrewe Landbou Diploma wil verwerf, met die volle studente ervaring van kampuslewe, sport en jonkwees.

Ons wortels lê diep in die grond van ons mooi land. 🌱Vandag vier ons nie net ons ryk geskiedenis en uiteenlopende kultur...
24/09/2026

Ons wortels lê diep in die grond van ons mooi land. 🌱

Vandag vier ons nie net ons ryk geskiedenis en uiteenlopende kulture nie, maar ook die gedeelde passie wat ons saambind: ’n toewyding aan die aarde, volhoubare groei en ’n toekoms wat ons saam bou.

Mag jou Erfenisdag gevul wees met goeie geselskap, warm vure en trots op waar ons vandaan kom.

Groei met kennis, oes met waarde.

Dis amptelik vakansie! 🎉Aan al ons studente: geniet die welverdiende blaaskans saam met julle mense. Ry asseblief veilig...
23/09/2026

Dis amptelik vakansie! 🎉

Aan al ons studente: geniet die welverdiende blaaskans saam met julle mense. Ry asseblief veilig en kom uitgerus terug vir die volgende kwartaal!

Groei met kennis, oes met waarde.

By PLA glo ons daarin dat ’n suksesvolle toekoms op die landerye eers in die klaskamer en met praktiese wysheid begin. O...
21/09/2026

By PLA glo ons daarin dat ’n suksesvolle toekoms op die landerye eers in die klaskamer en met praktiese wysheid begin. Ons slagspreuk is nie verniet: "Groei met kennis, Oes met waarde" nie - dit is ons belofte aan die volgende geslag landbouleiers.

Wil jy jou passie vir grond en dier omskep in ’n loopbaan wat werklik ’n verskil maak? Doen nou aansoek en word deel van ’n tradisie van uitnemendheid, harde werk en volhoubare toekomsbou.

🔗 Doen aansoek: https://pla.org.za/
Let wel: Plekke is beperk, so moenie uitstel nie!

18/09/2026

Vonke spat en vaardighede word geslyp by Perseverance Landbou Akademie! 👨‍🏭🔥

Ons studente het onlangs ’n praktiese sweiskursus saam met SA Truck Bodies voltooi om waardevolle, praktiese tegniese kennis op te doen wat elke toekomstige boer en landbouer in die veld nodig het.

Tydens die opleiding het hulle hul tande ingebyt in:

Basiese Oxy-Asetileen Sny: Praktiese vaardighede en kennis om veilige en akkurate snywerk te doen.

Basiese Arc-Sweiswerk (SMAW): Bemeestering van eenvoudige sweiswerk met elektrodes.

Basiese MIG-Sweiswerk: Waardevolle tegnieke in gas-metaal sweiswerk vir stewige, netjiese lasse.

’n Groot dankie aan vir die professionele opleiding en die belegging in ons studente se toekoms. Ons manne en dames is reg vir enige herstelwerk wat die plaaslewe na hulle kant toe gooi! 🛠️🌾

Groei met kennis, oes met waarde.

Die fyn kuns van plantvoortplanting en snoei in die praktyk! 🌹✂️Ons studente het ’n besonderse en leersame besoek aan Fr...
15/09/2026

Die fyn kuns van plantvoortplanting en snoei in die praktyk! 🌹✂️

Ons studente het ’n besonderse en leersame besoek aan Free State Rose gebring, waar teler Chris Aggenbacht sy passie en kundigheid met hulle gedeel het. Wat begin het as ’n stokperdjie, bied vandag ongelooflike praktiese insigte vir ons jong landbouers.

Tydens die sessie het die studente eerstehands geleer van:

Onderstokke: Die kweek van geharde onderstokke met behulp van verskillende metodes.

Enttegnieke: Hoe om bostamme volgens markbehoeftes en spesifieke eienskappe suksesvol op die onderstok te ent.

Snoeimetodes: Praktiese demonstrasies oor die korrekte snoei van tafeldruiwe sowel as granaatbome vir optimale groei en drag.

’n Opregte dank aan Chris Aggenbacht vir sy tyd, waardevolle kennis en die demonstrasie van presisie en vakmanskap in die tuinboubedryf!

Groei met kennis, oes met waarde. 🌱

https://pla.org.za/

11/09/2026
Kennisverryking in die klaskamer! 🐂Ons studente het onlangs waardevolle insigte opgedoen tydens ’n besoek van Boetie Hat...
07/09/2026

Kennisverryking in die klaskamer! 🐂

Ons studente het onlangs waardevolle insigte opgedoen tydens ’n besoek van Boetie Hattingh, wat ’n boeiende praatjie oor die Senepol-beesras aangebied het.

Hy het die studente geneem op die interessante reis van die eerste 27 Senepols wat in 2000 vanaf Zimbabwe na Suid-Afrika ingevoer is, die ras se ontwikkeling en doelwitte bespreek, en verduidelik presies waar dié geharde ras vandag in ons land staan.

’n Groot dankie aan Boetie en Senepol Cattle Breeders's Society of South Africa vir die waardevolle insette!

Groei met kennis, oes met waarde.

04/09/2026

Kennis in aksie!🐑

Ons studente by Perseverance Landbou Akademie het onlangs die gesogte Springbokkop-kursus, aangebied deur die NWGA suksesvol voltooi.

Tydens die geleentheid het ons produksiespan gaan inloer en waardevolle insigte gekry by twee bedryfskenners:

Eben van Wyk, produksieadviseur vir die NWGA in die Vrystaat.

Dr. Andries Strauss, produksiewetenskaplike by die Vrystaatse Departement van Landbou, Landelike Ontwikkeling en Omgewingsake.

Kyk gerus saam na die video om te sien hoe die toekoms van landbou gevorm word.

Groei met kennis, oes met waarde 🐑

02/09/2026

Christo Doman, Streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou/Free State Agriculture, het onlangs by Perseverance Landbou Akademie gekuier om ons studente toe te spreek oor georganiseerde landbou en hoe landboustrukture werk.

Ons aanbieder, Leadri Van Tonder, het agter die skerms met Christo gesels oor:

🌾 Die belangrikheid van samewerking en ’n verenigde stem vir boere.

💉 Hoe georganiseerde landbou boere help met praktiese uitdagings soos entstowwe (bek-en-klouseer) en naspeurbaarheidstelsels.

🤝 Waarom toekomstige boere reeds van vroeg af betrokke moet raak by landboustrukture.

Kyk die volledige video hieronder om meer te hoor oor hoe strukture die toekoms van boerdery ondersteun! 👇🎥

Groei met kennis, oes met waarde.

Address

Plaas Perseverance, Bainsvlei
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Perseverance Landbou Akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Perseverance Landbou Akademie:

Shortcuts

Share