Heatherdale Sekondêre Skool

Heatherdale Sekondêre Skool

Share

KENNIS BRING SUKSES

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 09/08/2026

VRYSTAAT HET ’N NUWE JUNIOR PROVINSIALE KOMMISSARIS!

Ons is ongelooflik trots op Me. Orefile Matlala van Heatherdale Sekondêre Skool , Mangaung Metro, wat as die nuwe Vrystaat Junior Provinsiale Kommissaris aangestel is. 👏🏽🏆

Orefile is tydens ’n provinsiale redenaarskompetisie, met deelnemers uit al vyf distrikte van die Vrystaat, gekies. Die deelnemers het onder meer onderwerpe soos geweld en afknouery by skole, bendegeweld, tienerswangerskap, dwelmmisbruik en misdaad aangespreek.

Sy volg in die voetspore van Unathi Tshumaelo, haar voorganger, en is op Saterdag 8 Augustus 2026 in Bloemfontein tydens ’n amptelike inhuldiging aangestel.

Baie geluk, Orefile! 🌟 Jou prestasie is ’n bewys van jou leierskap, selfvertroue en toewyding om ’n verskil in ons gemeenskap te maak. Ons is trots op jou!👏🏽 Orefile sal dan die Vrystaat verteenwoordig by Nationals

Dankie aan Mnr Darryl Andries wie die jong dame vergesel het.

Heatherdale High School – waar jong leiers ontwikkel word!

South African Police Service

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 08/08/2026

MD 2026

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 08/08/2026

MD 26

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 04/08/2026

Voorspoed aan ons talentvolle leerders! 🌟📚🎤
Ons is ongelooflik trots op ons leerders wat op 25 Julie 2026 aan die Distrik se Language and Heritage Festival deelgeneem het en uitstekende prestasies behaal het.
🏅 Giovanni Zovetsky – 2de plek
📖 Graad 8–9 Boekresensie
🏅 Quinnhegan Gathree – 2de plek
🎤 Graad 10–11 Openbare Redevoering
🥇 Palesa Putsoeki – 1ste plek
📖 Graad 8–9 Boekresensie
Al drie leerders het gekwalifiseer vir die Provinsiale Rondte, wat op 1 en 2 September 2026 plaasvind.
Baie geluk aan elke leerder met hierdie besonderse prestasie! Ons wens julle alle sterkte toe vir die provinsiale kompetisie. Julle maak Heatherdale Sekondêre Skool ongelooflik trots! 👏

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 04/08/2026
Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 03/08/2026

Oreratile Mosamo in gr 11 was hierdie naweek wat verby is by die EXPO. Sy wen ñ 2de plek asook die MSI SUSTAINABLE TECHNOLOGIES AWARD" 🥳🥳. Heatherdale Sekondêre Skool is baie trots op jou.

Eskom Expo Bloemfontein

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 28/07/2026

🏅 Nuwe Sportdrag🏅
Ons is opgewonde om ons nuwe sportdrag bekend te stel!
✅ Die sportdrag word op Woensdae gedra.
✅ Dit word ook gedra wanneer leerders die skool in enige sportsoort, binne of buite die skool, verteenwoordig.
✅ Slegs wit of swart tekkies mag saam met die sportdrag gedra word. Geen ander kleure sal toegelaat word nie.
📅 Die sportdrag mag eers vanaf 2 September 2026 gedra word.
💳 Goeie nuus! Die sportdrag is afbetaalbaar by die skoolkantoor.
Ons sien uit daarna om ons leerders in hul nuwe sportdrag te sien!

Photos from Heatherdale Sekondêre Skool's post 26/07/2026

🎉 Toppresteerders – in Toerisme in Junie-eksamen 🎉
Baie geluk aan ons toppresteerders wat 57% en hoër in die Junie-eksamen in Toerisme behaal het! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding is iets om op trots te wees.
'n Spesiale woord van waardering aan Mev. Langford en Mev. Beck, wat ontelbare ekstra ure en baie energie agter die skerms insit om ons leerders te ondersteun en tot sukses te lei. Julle toewyding maak 'n groot verskil.
Ons spreek ook ons opregte dank uit aan Bon Hotel, wat gehelp het om hierdie leerders teen 'n baie billike prys te bederf. Julle ondersteuning word opreg waardeer.
Baie geluk aan elke leerder – hou aan om na uitnemendheid te streef! 🌟📚

Want your school to be the top-listed School/college in Bloemfontein?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Website

Address


Heatherdale Road
Bloemfontein

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00