Primêre Skool Universitas - Tjokkies

Primêre Skool Universitas - Tjokkies Tjokkies rus leerders op ‘n kaalvoetmanier toe om die skoene van die toekoms gemaklik vol te staan.⚜️

Universitas is ‘n unieke skool waar verdraagsaamheid, begrip en respek vir mekaar ‘n integrale deel van ons opvoedingsproses is. Deeglik bewus van ons tekortkominge strewe ons na die ideale omgewing waar elke kind aanvaar word en sy talente ontdek en maksimaal ontwikkel word. Gegrond op Christelike beginsels skep ons geleenthede en tradisies waar die kinders hulself gelukkig kan uitleef en trots vir hulle skool ontwikkel. Saam met ons ouers vorm ons die brugbouers van ‘n wonderlike toekoms vir ons kinders.

Dankie Cheetahs, 🙏🏻 elke Tjokkie se hart bars van trots 💙❤️💛
21/03/2026

Dankie Cheetahs, 🙏🏻 elke Tjokkie se hart bars van trots 💙❤️💛

20/03/2026

Tjokkies het die voorreg gehad om die Toyota Cheetahs op die veld te verwelkom 🙌🏻 Tjokkie-TROTS gee ons Net My Beste! Dankie vir die geleentheid Cheetahs Rugby 🏉 💙❤️💛

20/03/2026

En ons GEKUKKIGE 10x Flexbrand Knights Musiekfees KINDER KAARTJIE Ouer WENNERS is………

Maryke van der Merwe
Lorinda Viviers
Amore Du Preez
Mari Lourens
Mari Sus Bantjes
Tania van der Merwe
Anzél Arp
Lydia Prinsloo
Anel Devilliers

Baie baie geluk aan al die wenners. 🙌🏻🤩 Sal julle asb vir Estèe (084 36 86 190 )skakel om jou kaartjies te kry! Elkeen van julle WENNERS is wel direk ñ boodskap op Facebook Messenger gestuur.

Dankie aan ALMAL wat deel geneem het 💙❤️💛 ons waardeer elke Comment , Like en Share!
FBSA GROUP

| Cheetah-gees het vandag oorgeneem by Tjokkies!🔥|Losskakel, Ethan Wentzel & Senter, Munier Hartzenberg het Tjokkies kom...
19/03/2026

| Cheetah-gees het vandag oorgeneem by Tjokkies!🔥|

Losskakel, Ethan Wentzel & Senter, Munier Hartzenberg het Tjokkies kom verras en hulle Rugbykennis kom toets.

Ons leerders het vandag behoorlik hul staal gewys 💪 en hul breine laat werk 🧠 om rugby kaartjies te wen!

Ons Gr. 1–7 seuns moes hul krag en uithouvermoë wys om kaartjies te wen deur binne een minuut soveel moontlik push-ups te doen en en die Tjokkie-leerders het met GEES die WENNERS geskree 💪

By die Gr. 1–7 dogters moes die breine weer lekker werk, want hulle het aan ’n Cheetah-vasvrakompetisie deelgeneem om hul kaartjies te wen. 🧠🎟️

Dit was ’n dag vol energie, opwinding en breë glimlagte 😄

Sterkte Cheetahs, Tjokkies STAAN TROTS agter julle. 🧡💙


| TJOKKIES TWEEKAMP TROTS 🏃‍♂️🏊‍♂️ |3 van ons Tjokkie-leerders is gekies om die Suid-Vrystaatspan te verteenwoordig by d...
18/03/2026

| TJOKKIES TWEEKAMP TROTS 🏃‍♂️🏊‍♂️ |

3 van ons Tjokkie-leerders is gekies om die Suid-Vrystaatspan te verteenwoordig by die 49ste SA Tweekampkampioenskappe

📍 Oudtshoorn
📅 20–21 Maart 2026

Atlete wat gaan deelneem:
🎽 Janré Slabbert (Gr. 6)
🎽 Ludwig Nieman (Gr. 4)
🎽 EJ van Niekerk (Gr. 2)

Hierdie prestasie wys wéér dat ons Tjokkies nie net talent het nie, maar ook deursettingsvermoë 💪, fokus en ’n ware Tjokkie-hart! 💙❤💛

Sterkte vir die kampioenskappe – ons staan TROTS agter julle! 👏
Hou bene, hou! 🔥

Kom ons los vir hulle ñ 🤞🏻 in die comment boks om sterkte te sê

😁Baby Tjoklits Inter-Skooltjie Sportdag – Saterdag, 21 Maart 🏃‍♂️ 9:00 -11:00 amPlekkies raak vol, boek nou om jou plekk...
18/03/2026

😁Baby Tjoklits Inter-Skooltjie Sportdag – Saterdag, 21 Maart 🏃‍♂️ 9:00 -11:00 am
Plekkies raak vol, boek nou om jou plekkie te behou. Hieronder is die link vir die Google inskrywingsvorm.

https://forms.gle/TJJMmNKJASqefk2u6

Ons Baby Tjoklits Inter-Skooltjie Sportdag is ’n pretdag waar kleuters sport kan ontdek, leer en ervaar. Die dag is ontwerp om kinders op ’n speelse manier bloot te stel aan verskillende sportsoorte en beweging.

🏅 Sportstasies
Kleuters beweeg deur 10 sportstasies waar hulle verskillende sportaktiwiteite kan ervaar, alles op klein kindertjies se vlak:
•Naellope
•Hekkies
•Hokkie
•Rugby
•Netbal
•Krieket
•Gewigte
•Vêrgooi
•Rondtebaan
•Langasem/Borrels blaas

Benewens die sportstasies sal daar ook infomele speel areas wees om die dag nog lekkerder te maak

Alle kleuters ontvang 'n medalje en 'n bederfie. 🥇

Verversingsstalletjies beskikbaar. 🎪

| TJOKKIES ATLETIEK 🏃‍♀️ |Tjokkie-ToppersBaie geluk aan Germari Janse van Rensburg (o.12 – 75m hekkies) en Leah Steyn (o...
18/03/2026

| TJOKKIES ATLETIEK 🏃‍♀️ |
Tjokkie-Toppers

Baie geluk aan Germari Janse van Rensburg (o.12 – 75m hekkies) en Leah Steyn (o.11 – 70m hekkies) wat die Vrystaat gaan verteenwoordig by die SASA Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad 🇿🇦

💙 Ons wens julle alle sterkte toe – gaan wys wat dit beteken om Net My Beste te gee!

🎁 Ons twee atlete is ook bederf met bederfpakkies vol lekker verrassings – want harde werk verdien beloning 💥

👇 Los vir hulle ’n gelukwensing in die comments!
👏👏👏

Wat ’n spesiale en inspirerende oomblik! 🌟Baie dankie aan Hoërskool Fichardtpark vir julle kuier en mooi boodskap aan on...
17/03/2026

Wat ’n spesiale en inspirerende oomblik! 🌟
Baie dankie aan Hoërskool Fichardtpark vir julle kuier en mooi boodskap aan ons O/13 netbalspan 💙❤️💛

Julle woorde het harte geraak, selfvertroue gebou en ons Tjokkies geïnspireer om met trots op die baan te staan.

Ons is gereed vir die toer en netbalseisoen – met spanwerk, karakter en Net My Beste! 🏐🔥


Fichardtpark Primêre Skool

WEN MUSIEKFEES KAARTJIES! 🎶Tjokkies gee 10 GRATIS KINDER kaartjies weg vir die Flexbrand Knights Musiekfees! 🤩Saterdag 2...
16/03/2026

WEN MUSIEKFEES KAARTJIES! 🎶

Tjokkies gee 10 GRATIS KINDER kaartjies weg vir die Flexbrand Knights Musiekfees! 🤩
Saterdag 21 Maart 2026
❗️Kompetisie sluit Vrydag 8:30Am ❗️

👉 Om te wen:
1️⃣ 👍🏻 Like ons page & Follow ✅
2️⃣ Share hierdie post
3️⃣ Comment die antwoord:

❓ Wie is die AI sanger wat by die Musiekfees gaan optree?

🎤 As jou antwoord REG is - Word die Wenner gekies met die Tjokkie Wenwiel!

📅 Wenners word aangekondig op: 20 Maart 15:00 PM op Tjokkies se Facebook Blad.

| Tjokkies Koor – Toonmeesters 🎶 |Ons Tjokkie Grondslagfase koor is hard aan die oefen en laat die note pragtig saamklin...
16/03/2026

| Tjokkies Koor – Toonmeesters 🎶 |

Ons Tjokkie Grondslagfase koor is hard aan die oefen en laat die note pragtig saamklink.
Met passie, dissipline en span gees wys ons leerders wat dit beteken om Net My Beste te gee.



| LEKKER VERJAAR! |Baie geluk met Meneer Elrico Greyvenstein se verjaarsdag vandag. Mag dit ’n wonderlike, Tjok-Tastiese...
16/03/2026

| LEKKER VERJAAR! |
Baie geluk met Meneer Elrico Greyvenstein se verjaarsdag vandag. Mag dit ’n wonderlike, Tjok-Tastiese dag vol vreugde en mooi oomblikke wees. 🍿⚜️
Dankie vir jou harde werk, omgee en toewyding… Tjokkies waardeer en bewonder jou baie! 💙

Address

H/V Ross En Paul Krugerstraat
Bloemfontein
9321

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 15:00

Telephone

+27515221371

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Primêre Skool Universitas - Tjokkies posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category