Witteberg Bond

Witteberg Bond Welkom alle Oud Wittebergers! Maak seker ons weet van jou! E-pos vir ons jou;
Naam+Van
Jaargroep
Sel nr
na [email protected] of stuur 'n FB boodskap

BESTE OUD-WITTEBERGER

Witteberg is in die proses om die Witteberg Alumni op die been te bring. Ons wil baie graag hê dat u as oud-Witteberger hierdie inisiatief moet ondersteun en dan ook lid word van die skool se alumni. Die rede vir die stigting van die alumni is om alle oud-Wittebergers, ouers, ondersteuners en onderwysers te verenig. Die fondse sal ook aangewend word vir instandhouding en uitbouing van die skool. Dit is u keuse watter maandelikse bydrae u wil gee. Merk slegs u gekose bydrae met `n kruisie op die debietordervorm. Voltooi die vorms aangeheg en e-pos dit asseblief terug na [email protected] of faks na 058 303 5271. Witteberg Alumni sal ook graag ‘n Alumni-komitee wil stig uit lede sodat die organisasie van krag tot krag kan gaan. Witteberg sal gereeld met u korrespondeer en u op hoogte hou van alles aangaande die skool. Hou gerus ons skool se webwerf (www.witteberghs.co.za) dop vir enige inligting aangaande die skool. Kyk gerus ook na ons skool se Facebookblad (Wittebergskool) en ook natuurlik die Alumni Facebookblad (wittesalumni). Like en share gerus alle posts waarvan u hou. Witteberg is ook op Instagram en Twitter. Gaan loer gerus. Ons help ook graag met die organisering van reünies by die skool indien u so verlang. Ons inisieer ook om jaarliks ‘n bymekaarkom te reël vir alle alumnilede om lekker saam te kuier en weer ou vriendskappe op te bou. Ons hoop om spoedig van u te hoor. Witteberggroete.

22/09/2026
17/09/2026

WITTEBERG KULTUUR ONTVANG ’N WAARDEVOLLE SKENKING

Witteberg Kultuur spreek hiermee ons opregte dank en waardering uit teenoor die Witteberg Bond vir hulle ruim skenking aan ons Kultuurafdeling.

Hierdie ondersteuning is veel meer as net ’n finansiële bydrae. Dit is ’n belegging in jongmense, in geleenthede en in die toekomstige leiers van môre.

Dit is besonder verblydend om te weet dat die Witteberg Bond alle fasette van Hoërskool Witteberg ondersteun. Akademie, Sport én Kultuur word deur die Bond se betrokkenheid versterk, sodat ons leerders die geleentheid kry om nie net akademies te groei nie, maar ook hulle talente te ontwikkel, selfvertroue te bou en as holisties ontwikkelde jongmense die wêreld te betree.

Ons glo dat ’n skool se krag lê in die geleenthede wat dit aan sy leerders bied, en met vennote soos die Witteberg Bond kan ons aanhou om daardie geleenthede uit te brei.

Aan die Witteberg-gemeenskap: Ons moedig elke oud-Witteberger, ouer, vriend en ondersteuner aan om betrokke te raak by die Witteberg Bond. Deur jou ondersteuning help jy om ’n nalatenskap te bou wat veel verder strek as vandag.

Hoërskool Witteberg – waar geleenthede vandag leiers vir môre vorm.

26/08/2026

Ons is opgewonde oor ’n splinternuwe toevoeging tot ons skoolterrein: spreiligte op die tennisbane. Baie dankie aan Grow Dynamics, wat die spreiligte geïnstalleer het, en aan Witteberg Bond vir die borgskap. Ons waardeer julle ondersteuning!

07/08/2026

Ons skop die VKB-sporttoerrnooi af met ‘n reusemakietie.

Die Witteberg Bond bied 'n spitbraai en dans aan, met musiek deur Die Rowers Band.

Alle besoekende ouers welkom!

PLEK: Witteberg-Indoor

DATUM EN TYD: 28 Augustus, 18:00

KAARTJIES: Koop by skoolkantoor of bespreek by [email protected] (besoekende ouers)
R150 per volwassene
R75 per hoërskoolleerder (geen toernooispelers)
R50 per laerskoolleerder

31/07/2026

Ons oud-hoofseun van 2025, Pieter Nel, speel vandag sy debuutwedstryd vir die Toyota Cheetahs O/20 wanneer hulle teen die Lions in die O/20 Curriebeker uitdraf.

Pieter, baie geluk met hierdie besonderse mylpaal. Ons wens jou alle sterkte toe met jou debuutwedstryd en sien uit om jou rugbyloopbaan te volg.

Witteberg staan trots agter jou💙

Ouers, ondersteuners en oudskoliere! Kom kuier oudergewoonte op Saterdag 1 Augustus ná afloop van die hoofwedstryd by di...
28/07/2026

Ouers, ondersteuners en oudskoliere! Kom kuier oudergewoonte op Saterdag 1 Augustus ná afloop van die hoofwedstryd by die klubhuis.

Ons rig ook 'n spesiale uitnodiging aan alle matriekouers om saam te kom kuier ter afsluiting van die matrieks se laaste tuiswedstryd.

Die Witteberg Bond nooi alle ondersteuners, ouers en oudskoliere hartlik uit om eerskomende Saterdag ná die hoofwedstryd...
12/05/2026

Die Witteberg Bond nooi alle ondersteuners, ouers en oudskoliere hartlik uit om eerskomende Saterdag ná die hoofwedstryd saam te kom kuier.
Ons sien uit om julle daar te hê!

ONDERSTEUNERSDRAG TE KOOP:SATERDAG, 25 APRIL 2026Kyk uit vir die bondstalletjie!HOËRSKOOL WITTEBERG
24/04/2026

ONDERSTEUNERSDRAG TE KOOP:
SATERDAG, 25 APRIL 2026

Kyk uit vir die bondstalletjie!

HOËRSKOOL WITTEBERG

16/04/2026

Die Witteberg Bond nooi alle ondersteuners, ouers en oudskoliere hartlik uit om eerskomende Saterdag ná die hoofwedstryd saam te kom kuier.

Ons sien uit om julle daar te hê!

Jou donasie, maandeliks, maak `n verskil in die lewe van ons skool se leerders! Sluit vandag nog aan by Bond aan. Help o...
23/03/2026

Jou donasie, maandeliks, maak `n verskil in die lewe van ons skool se leerders!
Sluit vandag nog aan by Bond aan. Help ons om `n verskil te maak.

Klanie Marais: +27 82 448 7763
Liezel Wessels: +27 82 474 8216

Address

Bethlehem
9700

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Witteberg Bond posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category