02/11/2020
23 GROOT WAARHEDE IN ELKEEN SE LEWE:
1. Die beste manier om iemand terug te kry, is om hom/haar te vergewe . . .
2. Voed jou geloof en jou twyfel, sal sterf van die honger . . .
3. Tensy jy die hele skepping kan skep in vyf dae, is dit miskien nie so ‘n goeie idee om vir God voor te skryf nie . . .
4. Suksesvolle huwelike is nié om die regte persoon te vind nie maar, om die régte persoon te wees . . .
5. As die gras groener is aan die ander kant van die draad, kan jy verseker wees die waterrekening is ook hoër . . .
6. Woede is ’n toestand waar die tong vinniger werk as die verstand . . .
7. Jy kan nie die verlede verander nie, maar jy kan die huidige ruïneer deur jou te bekommer oor die toekoms . . .
8. God gee altyd Sy beste aan hulle wat die keuse aan Hom oorlaat . . .
9. Alle mense glimlag in dieselfde taal . . .
10. ’n Drukkie is ’n groot geskenk, one-size-fits-all . . .
11. Almal verdien om bemin te word, veral hulle wat dit nie verdien nie . . .
12. Die werklike maatstaf vir ’n man se rykdom is wát hy belê het in die lewe hierná . . .
13. Elkeen hét skoonheid, maar nie almal sien dit raak nie . . .
14. Dank God vir wat jy het en VERTROU HOM vir dit wat jy nodig het . . .
15. Indien jy jou hart vul met verwyte oor gister en bekommernisse van môre, het jy geen vandag om voor dankbaar te wees nie . . .
16. Indien iemand iets slég van jou sê, leef so dat niemand dit glo nie . . .
17. Geduld, is die vermoë om jou 'engine te laat idle', terwyl jy voel jy wil jou 'gears strip' . . .
18. Harde woorde breek nie bene nie, maar wel harte . . .
19. Liefde word versterk deur sáám, deur konflik te werk . . .
20. Om úít die moeilikheid te kom, moet mens gewoonlik daardéúr . . .
21. Ons neem dit as vanselfsprekend aan, die dinge waarvoor ons moet dánkie sê . . .
22. Liefde is die enigste ding wat verdeel kan word sonder dat dit minder word . . .
23. Neem tyd om te lag, want dit is die musiek van die siel . . .
💖🌸💕