BVHS 1902

BVHS 1902 BVHS is 'n topskool wat voorloop tov akademie,sport en kultuur. Ons gee ook om vir ons gemeenskap. Ons skool – gestig in 1902 – is vanjaar 120 jaar oud.

Akademie is ons topprioriteit. Sukses op dié gebied kan toegeskryf word aan beroepsgerigte vakkeuses, klaskamers met die nuutste tegnologie, en bekwame onderwysers. Ons kweek wetenskaplikes en ekonome, kunstenaars en tegnici. Voortrekker is ‘n komprehensiewe skool met ‘n volledige tegniese rigting, asook ‘n fokusskool vir Gasvryheid en Toerisme. Op kultuurgebied staan ons sterk met: debat, redenaars, serenadesang, Voortrekkers, musiek, tienertoneel/drama, Blitsbrein. Voortrekker se puik sportfasiliteite maak deelname aan atletiek, swem, tennis, krieket, hokkie, netbal, rugby en ‘n verskeidenheid ander sportsoorte moontlik. Voortrekkergees is legendaries: Ons leef NON SIBI SED PATRIAE. At Voortrekker nobody is just a number – everyone is a person; someone who will have every opportunity to develop into a well-balanced, productive individual.

Die Voortrekker-familie betuig ons meegevoel aan Doné van der Westhuizen met die afsterwe van haar man, Peter. Doné trap...
07/10/2026

Die Voortrekker-familie betuig ons meegevoel aan Doné van der Westhuizen met die afsterwe van haar man, Peter. Doné trap al jarelange spore in BVHS se Rekeningkunde leerders se harte: as aflosjuffrou en ekstra klas juffrou.
Baie sterkte ook aan jul as familie - julle lê ons na aan die hart.

Alumni-nuus:Klas van 1974 - BVHS betuig ons innige meegevoel aan Bok van Zyl met die afsterwe van sy vrou, Marie.
07/10/2026

Alumni-nuus:
Klas van 1974 -
BVHS betuig ons innige meegevoel aan Bok van Zyl met die afsterwe van sy vrou, Marie.

Alumni-nuus:Baie geluk Susan!
06/10/2026

Alumni-nuus:
Baie geluk Susan!

Susan Bender, 'n finalis van die Matrikulant van die jaar-kompetisie in 2024, is pas aangewys as die primaria van Huis Amelia vir volgende jaar. Sy is 'n mediese student in haar tweede jaar. Susan het aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem gematrikululeer.

Baie geluk, Susan!

WÊRELDONDERWYSERSDAGAan elke onderwyser van Bethlehem Voortrekker Hoërskool: Dankie vir die spore wat julle in jong lewe...
05/10/2026

WÊRELDONDERWYSERSDAG
Aan elke onderwyser van Bethlehem Voortrekker Hoërskool:
Dankie vir die spore wat julle in jong lewens trap. Julle werk word dalk nie altyd raakgesien nie, maar die invloed daarvan leef lank nadat die skoolklok gelui het.
Vandag is óns trots op julle.
Gelukkige Wêreldonderwysersdag!
NON SIBI SED PATRIAE

REDENAARS Ons is ongelooflik trots op Christiné Bester wat ’n 3de plek by Interskole Nasionaal behaal het in die Onvoorb...
03/10/2026

REDENAARS

Ons is ongelooflik trots op Christiné Bester wat ’n 3de plek by Interskole Nasionaal behaal het in die Onvoorbereide Redenaars!

Met 7 000 leerders wat vir hierdie kompetisie ingeskryf het, is hierdie prestasie werklik besonders.

Christiné, ons is baie, baie trots op jou!

Baie geluk met hierdie ongelooflike prestasie!

🅝🅞🅜🅜🅔🅡 🅔🅔🅝 🅘🅝 🅢🅤🅘🅓-🅐🅕🅡🅘🅚🅐!🇿🇦⁣𝐀𝐊𝐀𝐃𝐄𝐌𝐈𝐄 - 𝐓𝐄𝐆𝐍𝐈𝐄𝐒𝐄 𝐊𝐎𝐌𝐏𝐄𝐓𝐈𝐒𝐈𝐄⁣⁣Mnr. Braam Alberts (Motorkunde) en Hannes Fourie (Houtbewer...
03/10/2026

🅝🅞🅜🅜🅔🅡 🅔🅔🅝 🅘🅝 🅢🅤🅘🅓-🅐🅕🅡🅘🅚🅐!🇿🇦⁣
𝐀𝐊𝐀𝐃𝐄𝐌𝐈𝐄 - 𝐓𝐄𝐆𝐍𝐈𝐄𝐒𝐄 𝐊𝐎𝐌𝐏𝐄𝐓𝐈𝐒𝐈𝐄⁣
⁣
Mnr. Braam Alberts (Motorkunde) en Hannes Fourie (Houtbewerking) het die Vrystaat verteenwoordig by die Nasionale Tegniese Kompetisie wat 30 September tot 2 Oktober plaasgevind het in Johannesburg.⁣
⁣
𝐁𝐄𝐈𝐃𝐄 𝐇𝐈𝐄𝐑𝐃𝐈𝐄 𝐌𝐀𝐍𝐍𝐄 𝐈𝐒 𝐀𝐒 𝐍𝐀𝐒𝐈𝐎𝐍𝐀𝐋𝐄 𝐖𝐄𝐍𝐍𝐄𝐑𝐒 𝐀𝐀𝐍𝐆𝐄𝐖𝐘𝐒!⁣
⁣
Wat hierdie gebeurtenis nóg meer merkwaardig maak is dat dit die tweede agtereenvolgende jaar is wat Hannes Fourie die Nasionale Kompetisie wen!!⁣
⁣
UITSLAE:⁣
🥇 Hannes Fourie – 1ste plek in Houtbewerking, vir die tweede agtereenvolgende jaar!⁣
🥇 Mnr. Braam Alberts – 1ste plek in Motorkunde.⁣
⁣
Ons is ongelooflik trots op julle!!⁣

🚴‍♂️STERKTE AAN ONS RYERS!Vandag en môre neem ons manne deel aan die SA Fietsrykampioenskap in Stellenbosch!Ons wens Mar...
02/10/2026

🚴‍♂️STERKTE AAN ONS RYERS!

Vandag en môre neem ons manne deel aan die SA Fietsrykampioenskap in Stellenbosch!

Ons wens Marthinus de Wet, Hanno van den Heever, Deon van Zyl, Adriano Cruywagen en Janco Fourie alle sterkte toe!

Ons staan agter julle en ondersteun julle elke trap van die pad!

TENNIS 𝐃𝐢𝐞 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫-𝐦𝐞𝐢𝐬𝐢𝐞𝐬𝐩𝐚𝐧 𝐡𝐞𝐭 𝐮𝐢𝐭𝐬𝐭𝐞𝐤𝐞𝐧𝐝 𝐠𝐞𝐯𝐚𝐚𝐫 𝐞𝐧 ’𝐧 𝐟𝐚𝐧𝐭𝐚𝐬𝐭𝐢𝐞𝐬𝐞 𝟐𝐝𝐞 𝐩𝐥𝐞𝐤 𝐛𝐞𝐡𝐚𝐚𝐥!⁣Voortrekker se tennisspelers ...
30/09/2026

TENNIS

𝐃𝐢𝐞 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐭𝐫𝐞𝐤𝐤𝐞𝐫-𝐦𝐞𝐢𝐬𝐢𝐞𝐬𝐩𝐚𝐧 𝐡𝐞𝐭 𝐮𝐢𝐭𝐬𝐭𝐞𝐤𝐞𝐧𝐝 𝐠𝐞𝐯𝐚𝐚𝐫 𝐞𝐧 ’𝐧 𝐟𝐚𝐧𝐭𝐚𝐬𝐭𝐢𝐞𝐬𝐞 𝟐𝐝𝐞 𝐩𝐥𝐞𝐤 𝐛𝐞𝐡𝐚𝐚𝐥!⁣

Voortrekker se tennisspelers het van 26–29 September aan die NWU Eagles Multi-surface Tennistoernooi in Potchefstroom deelgeneem.

Die toernooi bied aan leerders ’n unieke geleentheid om op gras, klei en harde bane mee te ding. Dit stel spelers se aanpasbaarheid en vaardighede behoorlik op die proef.

Die seunsspan het ’n uitstekende 5de plek behaal. Hulle het Helpmekaar B geklop en gelykop gespeel teen Helpmekaar A en Noordheuwel, wat onderskeidelik 2de en 3de geëindig het.
Die seuns het deur die hele toernooi ongelooflike veggees en vasberadenheid getoon.

Baie geluk aan al ons spelers met julle harde werk, goeie sportmanskap en puik prestasies. Ons is ongelooflik trots op julle!

Baie geluk, Voortrekker!

VEELS GELUK Veels geluk aan Mev Charlene Muller  wat haar verjaarsdag vandag vier! Mag die jaar wat voorlê gevul wees me...
28/09/2026

VEELS GELUK

Veels geluk aan Mev Charlene Muller wat haar verjaarsdag vandag vier! Mag die jaar wat voorlê gevul wees met vreugde, genade en liefde.

Address

West Avenue
Bethlehem
9700

Opening Hours

Monday 07:00 - 14:00
Tuesday 07:00 - 14:00
Wednesday 07:00 - 14:00
Thursday 07:00 - 14:00
Friday 07:00 - 13:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when BVHS 1902 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to BVHS 1902:

Shortcuts

Share

Category