17/08/2026
Dankie aan Jeandrè van die BR Dienste Groep dat julle vir ons ’n trekker kom wys het hier by Truidjieland 🚜🌾 Die kinders het dit vreeslik geniet en dit het ons tema van die week, Vervoer, sommer ekstra interessant en lekker gemaak.
16/08/2026
Happy Birthday Jabu! Thank you for everything that you do for Truidjieland ! 🐯
15/08/2026
Baie geluk met jou verjaarsdag Juffrou Annelien! Dankie vir alles wat jy vir Truidjieland doen ✨🐯
14/08/2026
🌱 DIE GEHEIM VAN SKOOLGEREEDHEID | THE SECRET TO SCHOOL READINESS 🌱
Van 0–6 jaar het ons as ouers, die groot voorreg om ons kinders se fondasie te help bou en hulle vir skoolgereedheid voor te berei.
Op 4 Augustus het ons die besondere voorreg gehad om Barbara Zietsman by Truidjieland te verwelkom. Sy het met ons kom gesels oor die belangrikheid van die vroeë kinderjare en die groot impak wat hierdie jare op ons kinders se ontwikkeling en uiteindelik hul skoolgereedheid het.
Baie dankie, Barbara, vir jou insiggewende aanbieding en vir die passie waarmee jy jou kennis en jou hart met ons gedeel het. Baie dankie ook aan Inge wat haar vergesel het.
Our parents also had the opportunity to meet Mia and Zanelle from Mia Engelbrecht Occupational Therapy. Thank you for taking the time to be there and connect with our parents.
If you have any questions regarding your child’s development, learning, sensory processing, school readiness or daily functioning, please feel free to contact:
📞 Barbara Zietsman – Occupational Therapist: 082 957 5822
📞 Mia Engelbrecht Occupational Therapy: 082 838 6605
Unlocking potential. Embracing differences.
🌱 Ons is só bevoorreg om soveel kundiges in ons gemeenskap te hê wat bereid is om hul kennis en harte met ons te deel. Saam bou ons ’n sterker fondasie vir ons kinders se toekoms.
09/08/2026
Gelukkige Vrouedag aan al ons Truidjieland-mammas!
Vandag vier ons jou — die mamma wat elke dag met liefde, geduld en ’n groot hart vir haar gesin gee.
Dankie vir die liefde wat jy saai, die handjies wat jy vashou, die drukkies wat jy gee en die veilige plekkie wat jy vir jou kleinding skep.
Mag jy vandag onthou hoe kosbaar, sterk en spesiaal jy is🐯
28/07/2026
Truidjieland se leerders het die naweek aan die Free State School Cycling MTB Series 2026 in Bethlehem deelgeneem.
Baie geluk aan Kayla van Niekerk (1 ste plek), Arthur du Plessis en Luan Swanepoel met julle deelname en harde werk. Julle het Truidjieland met trots verteenwoordig!