By Brandwag kook ons wiskunde Geletterdheid klasse....hou ons dop!! WISK G -EJVR·
Onderrig:
Gedurende die laaste opwindende jaar in Wiskundige Geletterdheid sal jy verby die grense van jou huidige kennis gaan, en dit wat jy reeds weet in onbekende kontekste toepas. Dit gaan vir jou moontlik wees om ‘n klomp nuwe situasies te ontleed, vergelyk en tot jou eie gevolgtrekking te kom.Jy sal veelvoudige-stap berekeninge doen, grafieke uitbrei en interpreteer en alles rondom die wêreld finasies leer. Welkom by hierdie jaar van ontdekking, van nuwe vaardighede en kennis, en om van die onbekende na die bekende te gaan. Sillabus inhoud
Daar is 5 onderwerpe wat behandel word in Graad 12 :
Finasies
Meting
Kaarte,planne en ander voorstellings van die fisiese wêreld
Datahantering
Waarskynlikheid
Eksamens bestaan uit twee verskillende vraestelle :
Vraestel 1 is ‘n vaardigheidsvraestel, wat werk met bekende kontekste en ten minste 5% vlak 4 werk.. Vraestel 2 is ‘n toepassingsvraestel, wat werk met beide bekende en onbekende kontekste. Vakaktiwiteite
Deur die jaar doen ons verskillende take; huiswerk assesering en aktiwiteite wat gebaseer is op werklilke gebeure. Die kind kry die geleentheid om werklike situasies op verskillende maniere aan te pak. Deur die jaar word vraestelle uitgewerk om die leerlinge op te skerp vir die November eindeksamen. Algemeen
Wiskundige Geletterdheid is ‘n vak wat jou help om dadelik op jou voete te d**k in die “ Grootmens Wêreld”, dus moet jy altyd luister en konstreer in die klas, waarneem hoe en waar jy die vak gebruik in die daaglikse bestaan en hoe dit van nut kan wees en die belangrikste van als om vrae te vra om seker te maak jy verstaan dit.