Bellville-Noord is amptelik geopen in Januarie 1950 met 68 leerlinge en drie onderwysers. Lochner was die heel eerste skoolhoof. Die skoollied is in 1966 geskryf deur mev. De Vos en deur Rosa Nepgen getoonset. Sedert daardie klein begin het die skool oor die jare gegroei tot 'n waardegedrewe, klein tot medium grootte, Afrikaanse skool met ongeveer 540 leerlinge. Wanneer ons in sport en ander aktiwiteite teen veel groter skole meeding, deins ons egter geensins terug nie. Ons poog om ons getal per klas (graad 1 tot 3) so klein as moontlik te hou indien dit finansieel haalbaar is. Ons het twee goed toegeruste graad R-klasse met gekwalifiseerde onderwysers en ‘n assistent asook 'n gr. RR-klas vanaf 2024 met een onderwyseres en 'n assistent. Ons het dan ook sedert 2017 ons eie naskoolsentrum wat ook 'n voorskooldiens bied. Hul bied ook tydens vakansie 'n vakansieprogram vir leerlinge wie se ouers moet werk. Ons leerlinge, en hul ouers, kan op vele terreine inskakel en hul betrokkenheid laat geld. Ons OOV (ouer-onderwysersvereniging) is altyd opsoek na nog helpende hande en het vele projekte waarby ons skoolgemeenskap kan inskakel. Johann Mostert vanaf middel 2018 die skoolhoof. Marius Smit is die beheerliggaam se voorsitter en mev. Melanie Redelinghuys is die voorsitter van die OOV. Danina Blaauw is die hoof by die naskoolsentrum. Ons is voordurend besig met die opgradering van die skooleiendom en poog om binnekort interaktiewe witborde in alle klaskamers te hê. Daar is vele geleentheid vir besighede om op die skoolgronde te adverteer en ons so te ondersteun in die opgradering van die skoolgronde, -gebou en klaskamers. Ons kan verder gevolg word soos volg:
-Instagram:
-Tuisblad/webblad: http.//bnprim.co.za
-Youtube:
-D6 Connect (volg die stappe op D6 om ons hier te volg) - Dit word egter meer as kommunikasiemiddel tussen die skool en ons ouers gebruik is die hoofmiddel van boodskappe deurgee aan ons ouers. Ons het egter ook in elke klas/graad/sport whatsapp-groepe vir kommunikasie met ons ouers. Ons het ook 'n verdere Facebook-blad genaamd "Vriende van Bellville-Noord" waar ons ook soms inligting en boodskappe plaas en waar die algemene publiek goedgekeurde advertensies mag plaas.