DF Malan Atletiek

DF Malan Atletiek Die atletiekspan van die Hoërskool DF Malan word beskou as een van die beste, indien nie dié beste skole atletiekspan in die Wes-Kaap nie.

Baie geluk aan DF atlete wat uitstekend gevaar het in die Nasionale atletiekkampioenskappe in Durban. Marcello het goud ...
04/04/2017

Baie geluk aan DF atlete wat uitstekend gevaar het in die Nasionale atletiekkampioenskappe in Durban. Marcello het goud gewen in die 110m hekkies, Anja het silver medaljes gewen in 100m en 200m asook brons in aflos.(4x100m) Marga het brons medaljes gewen in 90m hekkies en 300m hekkies en Heinrich wen silver vir aflos (medley).

https://youtu.be/rsAwiZkGZ2Y
27/01/2017

https://youtu.be/rsAwiZkGZ2Y

The Annual MTBS event. The friendly rivalry is hotting up! Vier skole spook dit uit op 1 Februarie vir die MTBS sangbeker by die Bellville Stadium. Atletiek ...

19/01/2017
19/10/2016

Ek het tans nog 'n DF'er op skool, maar met my laaste atleet wat een van die dae matrikuleer, kom my atletiekbydraes op die blad tot 'n einde.

Dit was 'n voorreg om deel te wees van die blad sedert sy ontstaan, fotos en stories te deel, logos te ontwerp en saam te toer.

Hamba kahle

Jeff

19/10/2016

Like to vote for Wayde van Niekerk as Male World Athlete of the Year 2016
Voting closes at 5PM GMT on 1 November

19/10/2016

Like to vote for Caster Semenya as Female World Athlete of the Year 2016
Voting closes at 5PM GMT on 1 November

Dit is met jammerte dat ons kennis neem van die afsterwe van die legendariese Ewald Bonzet. Ons innige simpatie aan Rene...
08/09/2016

Dit is met jammerte dat ons kennis neem van die afsterwe van die legendariese Ewald Bonzet. Ons innige simpatie aan Rene en Ewald Jnr.

Ewald was ongetwyfeld een van die wêreld se mees veelsydige atlete in sy fleur (1972 - 1982). Op sy dag een van vyf atlete ter wêreld met 'n sub 4:00 minute myl en 'n sub 2:13 marathon. Hy het 11 nasionale baanrekords gehou, 10 nasionale titels in veld en op die pad en 7 malige Springbok (1973 - 1979).

Min mense weet dat alhoewel hy nooit homself werklik as marathon atleet beskou het nie, hy in 84 aan die Chicago-marathon deelgeneem onder die skuilnaam Peter Hunter. Hier bevind Ewald hom in uitgelese geselskap soos Robert de Castella, Martin Pitayo, Simeon Kigen, Carlos Lopes, Steve Jones, Tony Sandoval, Joseph Nzau en Geoff Smith (who’s who in marathon wêreld). In sy Bellville frokkie, sien Ewald Jones klaarmaak in ‘n WR 02:08:05, Lopes tweede en De Castella derde. Ewald se 2:17:24 (21ste) is formidable as mens omstandighede in ag neem. Aangesien hy onder skuilnaam deelgeneem het, kon sy waterbottels bv. nie op selfde tafels as elite atlete staan nie. Hy het tot op 32km bygebly, maar was erg ontwater.

Dertien jaar later in 1997 treë hy weer toe tot kompeterende atletiek toe en by die Wêreld Meesters Kampioenskappe in Durban wen hy die 5000m en 10 000m in 40-45 groep. Hy sluit ook sy loop aan af met 10 droommyle, die meeste in SA.

In 2008, was hy gelukkig om te oorleef ná sy blindederm bars. Hy moes egter uitvind hy het kanker. Dokters was stomgeslaan: soggens hardloop hy en middae kry hy chemo. Na ‘n beenmurgoorplanting volg herstel in isolasie. Na net 11 dae, normaalweg 50-60, was hy in staat om te oefen. “Die gang was 31 meter lank en ek op en af gestap vir 1,5 uur per dag (7.5km per sessie).” Ewald was oortuig sy fiksheid het bygedra tot ‘n vinnig herstel.

PB’s:
1500m 3:37,3 - 1975
1 myl 3:57,3 -1977
3000m 7:49,6 - 1976
5000m 13:30,4 - 1978
10000m 28:16,2 - 1974
3000m H 8:31,6 -1975
10km 29:15 - 1983
15km 49: 22 * ​​- 1994
21.1km 01:02:54 - 1982
42.2km 02:12:08 - 1983
*42jr oud

SA Rekords:
1972 10000m 28:51,6
1974 3000m 7:53,2
1974 5000m 13:31.2
1974 3000m H 8:37,6
1974 10000m 28:16.2
1975 3000m H 8:31,6
1975 2 myl 8:30,8
1975 3000m 7:51,8
1976 3000m 7:49,6
1977 2000m 5:02,8
1978 5000m 13:30.4

Foto: Media 24

Goud vir Caster Semenya en 'n nuwe SA rekord (1:55.28)Enough said...
21/08/2016

Goud vir Caster Semenya en 'n nuwe SA rekord (1:55.28)

Enough said...

Address

Bellville

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DF Malan Atletiek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to DF Malan Atletiek:

Shortcuts

Share

Category