DF Alumni

DF Alumni Kontakblad vir alle oud-leerders van die Hoërskool DF Malan, Bellville

Goeie nuus oor Niël Zeeman, Klas van 2025, ons Man van Staal (Titanium)Niël se toetse na afloop van die groot chirurgie ...
23/09/2026

Goeie nuus oor Niël Zeeman, Klas van 2025, ons Man van Staal (Titanium)

Niël se toetse na afloop van die groot chirurgie het gekom en sy onkoloog glimlag van oor tot oor! Die uitslae wys dat die dokters kon al die kanker uitsny en dat daar geen kankerselle te bespeur is in ‘n groot radius rondom die uitgesnyde been. Die bestaande voorkomende chemo behandeling word voortgesit maar dit behoort teen einde November klaar te maak. Hierdie is natuurlik nie die gewone chemo behandeling wat kankerpasiënte kry nie, want dié behandeling is gefokus op nie sagte weefsel nie, maar harde weefsel.
Ons is so dankbaar, dankbaar,dankbaar! Niël, jy is ‘n ware,dapper kryger!

Op 5 September het die Klas van 1976 hulle vyftigjaar-reünie gevier!  Op die foto verskyn v.l.n.r.Van links na regsVoor:...
14/09/2026

Op 5 September het die Klas van 1976 hulle vyftigjaar-reünie gevier! Op die foto verskyn v.l.n.r.
Van links na regs
Voor: Hassner Pepler, Louis Nel, Lawton Roberts, Koena Loubser, Belinda Smit, Pietie le Roux, Tereza Nel, Azille Bekker, Elmarie Rosser
Tweede ry: LeRoy Steenkamp, Andre Albertyn, Derek Loubser, Marina Lambrechts, Bertha Bus, Belia Coetzee, Elane Kotzé, Pierre Calitz, Christo Reichardt, Ilse Kotzé, Jacques du Toit, Lynette du Toit, Karen Ge**er
Derde ry: James Genis, Marius Lategan, Lorette Bredenkamp, Jacques Laubscher, Hennie Wiid, Sanet Boonzaaier, Naas Carstens, Norman Tredoux, Nicolaas Ras, Agnes van Coller, John Mitchell,
Vierde ry: Dorette Retief, Dirk Kok, Henk Aggenbach, Christo Nieuwoudt, Petro van Rensburg, ons eregas Ryno Snyman, Denise Burger, Tertius Watney, Servaas Crouwther, Ilse Bam, Maretha Lazarus
Boonste ry: Jan Rabie, Johan van Niekerk, Francois du Toit, Fred Wille, Llewellyn Kapp, Reinhard Hettasch, Marianne Rosseau, Jacques Oosthuizen, Lenora Johnson, Mark Human

Veels geluk aan Michelle le Roux, Klas van 2011.By die onlangse kykNET Silwerskermfees 2026  het Michelle se debuutfilm,...
14/09/2026

Veels geluk aan Michelle le Roux, Klas van 2011.

By die onlangse kykNET Silwerskermfees 2026 het Michelle se debuutfilm, ‘n kort, komediese film, “Twee Persent” 4 toekennings verower!
Die toekennings was vir:
Beste draaiboek: Michelle le Roux
Beste regisseur: Michelle le Roux en Heinrich Laubscher
Beste kortfilm deur 'n opkomende filmmaker: Michelle le Roux
Beste redigering: Heinrich Laubscher

“Twee Persent” is ‘n eiesoortige en stylvolle romantiese komedie oor verlief raak op die melkman terwyl jy laktose-intolerant is. Dit speel af in die fiktiewe voorstad, Suville.

Dinsdagaand, 1 September het Blouspoor (DF se ondersteunersliggaam van oudleerders, ouers en ondersteuners) hulle tweede...
03/09/2026

Dinsdagaand, 1 September het Blouspoor (DF se ondersteunersliggaam van oudleerders, ouers en ondersteuners) hulle tweede hoogs suksesvolle wynveiling aangebied. Hierdie inisiatief is gedryf deurt die Blouspoor-komitee, spesifiek die dinamiese Jako Lee. Maar hy sal die eerste een wees wat sê dit was ‘n spanpoging. Graag wil ek ook net Mel, Blouspoor se administratiewe guru, bedank vir al die ure van werk wat sy ingesit het! Aan Ferdi Booysen, voorsitter van die beheerliggaam en eerste voorsitter van Blouspoor asook Jasper Coetzee, huidige voorsitter van Blouspoor, julle visie inspireer ons!

Reeds vroeg in die jaar het Jako voelers uitgesteek vir tafelleiers, en hulle het beslis nie teleurgestel nie! Die Trein het op sy beste vertoon, die wynlotte was interessant en uniek en die kopers was entoesiasties! Dit, tesame met die alombekende Beyers Truter as afslaer, met sy interessante staaltjies oor wynmaak, het die sukses van die aand verseker. (‘n Wenk aan aspirant wynmakers, vir ‘n topbekroonde wyn moet daar ‘n paar ou waterstewels, wat reeds baie gedra is, in die kuipe beland!)

Nielen Marais se briljante idee om lego-blokkies te verkoop om te sien watter tafel die hoogste toring kon bou het ‘n intense kompetisie ontketen EN ‘n stewige hupstoot verskaf aan die fondsinsameling.
Diegene wat dink dit is net mans wat wyn koop by wynveilings, Dinsdagaand was die dames entoesiastiese bieërs! Wat ook by my sal bly is Stiaan Dippenaar se punt dat deel van die doel van ‘n skool is om gemeenskappe te bou. En Dinsdagaand het die gemeenskap ons vrygewig ondersteun!
Ons sê BAIE DANKIE aan al ons oudleerders (waarvan baie ook ouers van die skool is) en ouers. Ook van skoolkant af, baie, baie dankie aan Blouspoor wat met passie, entoesiasme en visie help bou aan die skool waaroor ons droom. Julle doen gestand aan ons leuse, DUX FIDELIS!

Goeie  nuus ontvang oor Niël Zeeman, Klas van 2025!Niël is aan die begin van die jaar gediagnoseer met osteosarkoom in s...
27/08/2026

Goeie nuus ontvang oor Niël Zeeman, Klas van 2025!
Niël is aan die begin van die jaar gediagnoseer met osteosarkoom in sy arm en die DF-gemeenskap (wat julle is!) het hom ondersteun in hierdie stryd. Lorinda Smit (bekend as die DF tuintannie) en DF se tuinklub het wonderlike werk gedoen en op 20 Mei ‘n pretloop, Lig Loop, in samewerking met CancerCare en CancerCrayon aangebied om fondse in te samel vir Niel se stryd teen kanker. Ons is verheug om te berig dat ons verneem het van sy suster, Linné Zeeman, Klas van 2022 dat Niël ‘n baie suksesvolle nege-uurlange operasie ondergaan het waar hulle die been met die kanker verwyder het en vervang het met titanium. Verdere wonderlike nuus is dat daar geen beskadiging was van die senuwees nie. Niël moet nou ‘n paar weke herstel voor die volgende rondtes chemo begin. Ons wens jou ‘n spoedige en volledige herstel toe, Niël!

Dis heerlike lente… amper! En die DF-tuinklub wil dit spesiaal vir jou maak.Bestel vir jouself, vir jou liefie, vir jou ...
20/08/2026

Dis heerlike lente… amper! En die DF-tuinklub wil dit spesiaal vir jou maak.
Bestel vir jouself, vir jou liefie, vir jou bestie, vir jou ma! Wat is wonderliker as ‘n bos blomme op Lentedag? Twee bosse blomme waarvan jy een kan weggee. ‘n Gedeelte van die opbrengs gaan vir Eduard Greyling, Klas van 1965, se immuniteitsbehandeling. Stuur asseblief bewys van betaling aan [email protected] alombekend as die tuintannie. Gee asb as verwysing jou naam en die woord “blom”. Bankbesonderhede is soos volg vir EFT.
ABSA TJEKREKENING (Rekeninghouer DF Akademie)
REKENING NR.: 340390156
TAKKODE: 632005
VERWYSING: Naam + blom

Luister gerus na ons rugbykaptein van die o.19A-rugbyspan, Meyer Brits, Klas van 2026.
14/08/2026

Luister gerus na ons rugbykaptein van die o.19A-rugbyspan, Meyer Brits, Klas van 2026.

Ons meisiesrugby kook! 🩵💙💛
14/08/2026

Ons meisiesrugby kook! 🩵💙💛

🏉 INTERSKOLE RUGBY | DF AKADEMIE MEISIES 🏉

Dis Interskole-dag! 💙💛

Vir die 5de agtereenvolgende jaar is DF Akademie Meisiesrugby trots deel van die skool se jaarlikse Interskole!

Aangesien Bellville HS tans nie ’n meisiesrugbyspan het nie, pak ons O19-meisies Up and Under Rugby Club vandag in ’n opwindende kragmeting.

📍 DF Akademie
📅 Vandag | Vrydag, 14 Augustus
⏰ Afskop: 16:00

Kom staan langs die veld, bring die gees en ondersteun ons meisies! 🔥🏉 Maak geraas en help ons om hul vyfde Interskole-verskyning een te maak om te onthou!

Sien julle langs die veld! 💙💛

Fondsinsameling ten bate van Eduard Greyling, Klas van 1965, bekende SA balletdanserAgtien maande na sy kanker diagnose ...
14/08/2026

Fondsinsameling ten bate van Eduard Greyling, Klas van 1965, bekende SA balletdanser
Agtien maande na sy kanker diagnose is Eduard se prognose uitstekend. Ondersteun deur vele vriende, die Kaap se balletgemeenskap en sy alma mater, DF Akademie, is hy op pad na volkome herstel. Kom geniet ‘n genotvolle oggend saam met Prins Siegfried van ‘Swan Lake” en gassprekers dr. Heinz Modler en Erns Grundlingh op 5 September by DF se trein om Eduard te ondersteun en sy finale 10 immunoterapie behandelings moontlik te maak. Vir navrae en kaartjies kontak Joh Dorfling 082 564 9106 of [email protected]

Address

Frans Conradie-rylaan
Bellville
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when DF Alumni posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to DF Alumni:

Shortcuts

Share

Category