03/09/2026
WETENSKAPWEEK
Tydens 24–28 Augustus het ons skool elke dag iets interessants van wetenskap geleer!
Maandag het ons die voorreg gehad om ’n praatjie te hoor van mariene bioloog, dr. Mariette Wheeler. Sy het soveel ongelooflike goed oor die see met ons gedeel en dit was lekker om oor God se skeppingswerke te leer!
Mikrobiologie, kieme en bakterieë was Dinsdag se tema. Wie sou kon raai daar is ’n hele onsigbare wêreld onder ons neuse!
Ietermagog, Yeti-krap en soveel meer is die diere waaroor ons Woensdag geleer het.
Donderdag moes elke klas torings bou. 🗼 “The Sky is the Limit” was hierdie dag se tema.
Laastens, wie sê afval kan nie stylvol wees nie? Ons leerders kon elkeen iets uit afvalprodukte maak as ’n bykomstigheid met hul Springbokhemde.
Gister het ons wetenskapweek geëindig met die graad 7-wetenskapekspo! 😅 Sjoe, dit was ’n bedrywige tyd.
Dankie, juffrou Xanthé, vir die inspirerende werk en om wetenskap vir ons leerders só interessant en lewendig te maak!