28/09/2026
π30 JAAR VAN GETROUE DIENS! π
Juffrou Ina Swart en juffrou Breggie Viviers is Vrydagaand tydens βn WKOD-funksie vereer vir hul 30 jaar se getroue diens in die onderwys.
Wat hierdie verhaal nΓ³g meer besonders maak, is dat hulle albei hul onderwysloopbane by Totius begin het!
Hulle is ook net een week uit mekaar getroud, hul kinders is in dieselfde jare gebore, en nΓ‘ 30 jaar is hulle steeds saam by Totius! ππ
Wat βn ongelooflike reis van vriendskap, toewyding en Totius-trots! Ons is baie dankbaar vir alles wat juffrou Ina en juffrou Breggie oor die afgelope 30 jaar vir ons skool en ons leerders beteken het.
Baie geluk met hierdie besonderse mylpaal!