07/09/2026
🏉🏐 Mini-Sportdag 2026 🏐🏉
Saterdag, 5 September, het ons ’n heerlike Mini-Sportdag aangebied! 🎉 Baie dankie aan al die skole wat die dag saam met ons deurgebring het, asook aan al die ouers en ondersteuners wat uitgekom het om ons leerders aan te moedig.
’n Spesiale dankie aan ons onderwysers en personeel wat hul tyd en harde werk ingesit het om van die dag ’n groot sukses te maak. 👏❤️
Ons waardeer elkeen se deelname en ondersteuning. Saam het ons ’n dag vol sport, pret en goeie skoolgees geskep! 🌟
Ons werk ons vorm 💙🤍