Laerskool Ashton Primary

Laerskool Ashton Primary Klein Skooltjie met die GROOT hart

NETBAL🏐🏐Geskiedkundige Netbalbepaling Smee Nuwe Vriendskappe Laerskool Ashton se netbalspanne het op Dinsdag, 1 Septembe...
08/09/2026

NETBAL🏐🏐

Geskiedkundige Netbalbepaling Smee Nuwe Vriendskappe
Laerskool Ashton se netbalspanne het op Dinsdag, 1 September 2026, geskiedenis gemaak toe hulle na die Paarl gereis het vir ’n opwindende kragmeting teen La Rochelle Girls' Primary School. Dit was die heel eerste keer dat dié twee skole op die netbalbaan sake uitspook.
Die dag het nie net gekenmerk deur hoogs kompeterende netbal van topgehalte nie, maar ook deur die wedersydse gees van samesyn waarin nuwe vriendskappe tussen die spelers gesmee is.
Daar het regdeur die middag ’n opwindende en positiewe atmosfeer op die bane geheers, en albei skole het hierdie nuwe ervaring terdeë geniet.
Baie dankie aan die "Larries" vir julle ongelooflike gasvryheid—dit was ’n onvergeetlike dag! Laerskool Ashton sien reeds baie daarna uit om hierdie nuwe tradisie in 2027 voort te sit.

Uithou tot UITBLINK⭐️⭐️

TENNIS🎾🎾Laerskool Ashton se tennisspelers het die afgelope naweek hul staal gewys tydens die gesogte Kaapstad Wilson Mee...
07/09/2026

TENNIS🎾🎾

Laerskool Ashton se tennisspelers het die afgelope naweek hul staal gewys tydens die gesogte Kaapstad Wilson Meesters-toernooi.

Ons leerders het op gelyke voet meegeding teen top spelers van Kaapstad en uitstekende uitslae behaal:

Wilmi Burger* - Wenner 0/12 Dogters
John-Henry Conradie* - 3de plek 0/13 Seuns
Dawnay Kühn* - 4de plek 0/9 Dogters
Dawson Kühn* - 6de plek 0/13 Seuns

Ons is ongelooflik trots op julle harde werk, toewyding en sportmanskap. Julle wys dat die klein dorp groot talent het!

Baie geluk aan elke speler en dankie aan ons afrigters en ouers vir die ondersteuning.

Uithou tot UITBLINK⭐️⭐️

TENNIS🎾🎾Laerskool Ashton het die afgelope naweek met trots deelgeneem aan Laerskool Courtrai se tennistoernooi in Paarl,...
07/09/2026

TENNIS🎾🎾

Laerskool Ashton het die afgelope naweek met trots deelgeneem aan Laerskool Courtrai se tennistoernooi in Paarl, waar kompeterende tennis van hoogstaande gehalte gespeel is.

Ons leerders het uitstekende spel gelewer en kon mooi oorwinnings behaal teen sterk teenstand, onder andere teen:

- Laerskool Jan van Riebeeck van Kaapstad
- Laerskool Wesbank van Oudtshoorn
- Laerskool Beaumont van Somerset-Wes

Ons is baie trots op elke speler se deursettingsvermoë, sportmanskap en spanpoging. Baie dankie aan Laerskool Courtrai vir die puik organisasie en aan ons afrigters en ouers vir hulle ondersteuning.

Uithou tot UITBLINK⭐️⭐️

05/09/2026
RUGBY🏈🏈Die 0/11 7s-span neem deel aan LS Robertson se 7s Toernooi en word gekroon as die algehele wenners van die dag. B...
03/09/2026

RUGBY🏈🏈

Die 0/11 7s-span neem deel aan LS Robertson se 7s Toernooi en word gekroon as die algehele wenners van die dag. Baie geluk!

Uithou tot UITBLINK⭐️🥇

BURGER "DRIVE THRU"🍔🍔Die eerste OOV Burger Drive Thru was 'n reuse sukses met die verkoop van 500 burgers. Dankie aan di...
03/09/2026

BURGER "DRIVE THRU"🍔🍔

Die eerste OOV Burger Drive Thru was 'n reuse sukses met die verkoop van 500 burgers. Dankie aan die dinamiese span van die OOV en elkeen se ondersteuning. Volgende jaar maak ons weer so!

Uithou tot UITBLINK⭐️⭐️

DANKIE🩵
02/09/2026

DANKIE🩵

Early childhood development level 4🎓Baie geluk aan Juffrou Tamsyn Carolus met die verwerwing van haar diploma in Early C...
01/09/2026

Early childhood development level 4🎓

Baie geluk aan Juffrou Tamsyn Carolus met die verwerwing van haar diploma in Early Childhood Development Level 4
Ons is trots op jou!

Uithou tot UITBLINK⭐️⭐️

*Mnr. Burger by SAOU Hoofde-simposium in Gqeberha*Mnr. Burger woon tans die jaarlikse SAOU Hoofde-simposium by die Board...
01/09/2026

*Mnr. Burger by SAOU Hoofde-simposium in Gqeberha*

Mnr. Burger woon tans die jaarlikse SAOU Hoofde-simposium by die Boardwalk Konferensiesentrum in Gqeberha by.

Die simposium, wat vanjaar fokus op leierskap in 'n veranderende onderwyslandskap, welstand van skoolhoofde en die toepassing van nuwe tegnologie en KI in skole, bied waardevolle sessies deur kundiges, paneelbesprekings en netwerkgeleenthede vir skoolleiers van regoor die land.

'n Besondere hoogtepunt vir Mnr. Burger was om vir oud-hoofdogter van 2006, Mia Theunissen (nooiensvan Schreuder), raak te loop wat ook as afgevaardigde die simposium bywoon. Dit is altyd lekker om te sien waar ons oud-leerders hulle merk maak.

Laerskool Ashton wil graag spesiale dank uitspreek teenoor *Robertson Toyota* vir die borgskap van die Toyota Starlet Cross tydens die simposium. Die ondersteuning maak dit moontlik dat Mnr. Burger die simposium met trots kan bywoon.

Ons sien uit na die terugvoer en nuwe idees wat hy met die personeel en leerders sal deel.

Uithou tot UITBLINK

28/08/2026

KOOR🎼🎼

Baie geluk aan die senior koor!Hulle het 1ste plek behaal in die RATEM EISTEDDFOD met 'n pragtige dubbelgoud van 92%. Ons bars van die trots!!!

Uithou tot UITBLINK⭐️⭐️🥇

Address

4 George Street
Ashton
6715

Opening Hours

Monday 07:30 - 15:30
Tuesday 09:00 - 15:30
Wednesday 07:30 - 15:30
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Ashton Primary posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Ashton Primary:

Shortcuts

Share