26/09/2026
🎣 Hengel 🎣
Van stil waters tot groot nasionale oomblikke, bewys ons Ranties keer op keer dat talent geen grense ken nie!
Baie geluk aan Wiehan Badenhorst en Aiden van Niekerk, wat in die SA Skole o. 13-span, en Jeanru Pretorius, wat in die SA Skole o. 10-span, opgeneem is. Hulle neem van 26 – 30 September in Bloemhof aan die SAVOF Nasionale SA Visvangtoernooi deel en sal ons skool met trots in hul onderskeie SA-spanne verteenwoordig.
Ons vier met besondere trots die prestasie van ons oud-Rantie, Benji van Niekerk! Benji is opgetrek na die SA Skole o. 13B-span om ook aan die toernooi deel te neem. Hy het daarmee ook sy SA-kleure in hengel verwerf!
Aan Wiehan, Aiden, Jeanru en Benji: Mag julle elke oomblik geniet, met selfvertroue deelneem en herinneringe maak wat nog lank sal bly. Julle is tops!