07/12/2025
Produksie 2025.
Kom ons Praat Dramaskool is 5 jaar oud en die beste manier om n jaar te eindig is met n Musical produksie en prysuitdeling.
Die was een vir die boeke en almal van die studente tot die gehoor het die aand geniet.
Baie dankie vir almal se ondersteuning.
Lekker rus
Drama Groete
Tot volgende jaar.
28/11/2025
Baie geluk Chenique. Ek is so trots op jou.
26/11/2025
Kimoré Olckers is n student wat ek baie op trots is. Sy staan vir geen kompetsie eenkant toe nie.
2025 het sy haar drama merk gemaak en ek is so trots op haar.
Met al haar toekennings wat sy die jaar gekry het.
* Con Spirito het spesiale toekenning gekry vir Beste Drama Aanlyn Hoërskool student met oor die 32 items wat sy gedoen het.
* Stars of the Universe kompetisie het sy prys gekry vir - Overall senior eisteddfod wenner.
* Talent Africa kompetisie het sy 1 Diamond, 5 Platinum en 2 Gold gekry.
* ATKV Digivoordrag - het sy A++ gekry
* ADK Virtuele kunsfees het sy vir 6 items tussen 82% en 92% gekry.
* Germiston Kunswedstryd - het sy 18 items gewen.
Sy was afdelings wenner in Lees, Reading, Skryf, Drama in Engels en Afrikaans. Senior wenner in al die afdelings en Algehele wenner in Junior & Senior afdeling.
22/11/2025
Kom geniet die aand.
Bespreek nou jou kaartjie
Erna
0823343442
05/10/2025
Shoo die derde kwartaal is nou een vir die boeke.
Ek is so trots op al my studente.
Ons eindig die kwartaal op ʼn hoë drama noot met 44 Nasionale itemwenners in Con Spirito 2025. Ek is trots op al my studente.
Maar dit is nie al nie. Die volgende studente het by Con Spirito die volgende spesiale toekennings gekry:
Christelle du Toit het spesiale toekenning gekry vir Beste Drama student gr10 tot gr12 en ook die prys gekry vir Nasionale Kategoriewenner.
Kimoré Olckers het spesiale toekenning gekry vir Beste Drama Aanlyn Hoërskool student.
Chenique Bokhorst het spesiale toekenning gekry vir Mees Veelsydige Aanlyn Nasionaal Hoërskool.
# # # # # #
In die Alberton Eisteddfod het Christelle du Toit 13 drama Items gewen uit die 15 wat sy gedoen het. Sy het die trofees gekry vir Afdelings wenner in Afrikaans, Engels en Drama.
# #
In die Germiston Eisteddfod het Kimoré Olckers het by die Germiston Eisteddfod 19 items gewen. Sy het ook die prys gekry vir Afdelings wenner is Afrikaans Hoërskool, Engels Hoërskool, Lees en Skryf.
# #
In die ADK Aanlyn kunswedstryd het van my studente hulle stemme dik gemaak en die volgende punte gekry.
A = 2
A+ = 6
A++ = 7
# #
Baie geluk aan elke student. Julle het hard gewerk en die uitslae is net bewyse.
29/08/2025
Ek wens ek kan vir almal sê hoe trots ek is op my Jnr Dramanties groep. Hulle het 96% gekry EN is Item wenners van die Con Spirito Kunsvereniging se landsfinaal kompetisie.
16/08/2025
Baie geluk jullel. Ek is super drama trots op julle. 1st Dramantiese groep.
Con Spirito Kunsvereniging finale rondte verby. Baie goed gedoen met 94%.
07/08/2025
Wat n besige week.
Ek is so trots op al my studente. My hart vloei oor van drama trots aan almal wat aan die Con Spirito deelgeneem het. Met 26 drama items en 20 lees items deur na die Live Forte rondte toe. Dan ook 20 items deur na die aanlyn Forte rondte toe.
DIT KAN GEDOEN WORD!!!
Con Spirito Kunsvereniging
18/06/2025
Kom ondersteun ADK en hulle drama studente. 5 produksies vir die aand word beoordeel.
09/06/2025
Kom geniet die aand van drama.
5 Produksies vir die aand.
Bespreek nou: www.adk-drama.co.za