Klankpret

Klankpret

Delen

PRET hulpbronne vir Gr. 4 - 9 Afr. HT/EAT & Eng. HL/FAL TAALKLAS en Robotika vir die Grondslagfase!

Verlig vandag nog jou ADMINLAS en verwelkom KLANKPRET in jou klas!

01/06/2026

🍄🐸WELKOM, JUNIE!

Mag die eksamen vir julle almal geseënd wees - of jy die onnie is wat die laaste lopies nou hardloop na die vakansie toe en 'n stapel merkwerk nog moet kafdraf en of jy die mamma of ouer is van 'n kind wat nou eksamentyd nader - hier by Klankpret d**k ons aan julle. 🙏😍

Baie sterkte en voorspoed met die laaste deel van die kwartaal!

Klankpretgroete
Etrecia & Kik 🐸🐾🍄

Photos from Bobbob, die robo-meerkat's post 01/06/2026

KIKKER vat hande met BOBBOB in die leesresies!

Gaan julle deelneem?
Jy kan per klas doen per kind - of jou kind kan individueel inskryf en deelneem.

Jy kry ook ‘n Goue Bout indien jy jou resensie plaas en vir Bobbob, die robo-meerkat stuur op messenger.

Op julle merke - gereed - LEES (is ‘n fees!) 🤖🚀

Photos from Klankpret's post 28/05/2026

☔️⛅️💨GRAAD 6 OMVATTENDE WERKBOEKIE WEEK 7 - 8
NOU BESKIKBAAR!

☔️TEMA: Die weer
☔️GENRE: Weerverslag / Weerkaart

Alle aspekte van KWARTAAL 2 WEEK 7 - 8 op JOP is ingesluit.

☔️LUISTER, LEES & KYK:
- Pre-lees aktiwiteite
- Weerkaart met kenmerke en begrip
- Weerkaart kenmerke invul
- Visuele teks: Weerkaart met begripstoets

☔️WOORDVLAKWERK:
1. Byvoeglike naamwoorde (attributief / predikatief)
2. Voornaamwoorde: Vraende / Betreklike
3. Selfstandige naamwoorde

☔️WOORDESKATUITBREIDING:
1. Homonieme
2. Homofone
3. Woordeboekgebruik

☔️INFORMELE ASSESSERING:
Kort taal-in-kontekstoets vir die vaardighede geleer in week 7 - 8.

☔️SKRYFWERK:
Skryfproses belyn met Thinking Tools om 'n weerverslag te skryf.

☔️MEMORANDUM (VOLG)

☔️Loer gerus op: www.klankpret.co.za (WERKBOEKIES > GRAAD 6 > KWARTAAL 2)

Klankpretgroete
Etrecia & Kik🐸🌷

Lesersindruk: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen - LitNet 26/05/2026

🐸KLANKPRET BEVEEL AAN:
LESERSINDRUK: Die seun met die swaeltjie

So deur die op en afs van die lewe leer mens om op te staan na elke val. Knieë afstof en weer aangaan ... net soos Tumelo moes leer.

Dankie vir LitNet en Izak de Vries vir die eer om my eerste indruk by julle te kan plaas en dat julle hom goedgekeur het. So simbolies dat die voëltjie en boek met die les: "Jy kan weer vlieg, al het jy geval en seergekry..." ook vir my vlerke gegee het.

Vir elke liewe persoon hetsy skrywer, hetsy boekbeinvloeder wat 'n aandeel in my "skrywersreis" het - baie dankie. 🙏Julle weet wie julle is. 🙏

Ek hoop hierdie boek gee julle ook vlerke deur menslikheid te toon aan ander ...mag ons ons kinders en jeug weer aan die lees kry!

Viljoen
https://www.litnet.co.za/lesersindruk-die-seun-met-die-swaeltjie-deur-fanie-viljoen/

LAPA Kinder- en Jeugboeke
LAPA Uitgewers

Lesersindruk: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen - LitNet "Die seun met die swaeltjie is ’n verhaal van te vroeg grootword omdat die lewe nie tyd het vir jou om te wag tot jy agtien is nie."

Photos from Klankpret's post 26/05/2026

💛❤️WERKBOEKIES KWARTAAL 2

❤️Alle werkboekies wat so ver beskikbaar is vir die kwartaal:

💛AFRIKAANS:
Graad 4 Week 1 - 8
Graad 5 Week 1 - 6 (Week 7 - 8 volg)
Graad 6 Week 1 - 8
Graad 7 Week 1 - 8

❤️ENGLISH:
Grade 4 Week 1 - 4 / 7 - 8
Grade 5 Week 1 - 6 (Week 7 - 8 will follow)
Grade 6 Week 1 - 6 (Week 7 - 8 will follow)
Grade 7 Week 1 - 6 (Week 7 - 8 will follow)

💛Die werkboekies kan ook gebruik word vir huiswerk, intervensie of ekstra hersiening van konsepte voor die komende eksamens.
❤️Elke taalreël / konsep is kortliks in kind-vriendelike taal opgesom.
💛Alle werk word vergesel met prentjies om die werk op te vrolik en prettig te maak vir alle leerders.
❤️EAT leerders en HT leerders geniet die boekies vreeslik!

💛Laat gerus kommentaar indien jy die boekies hierdie kwartaal sover gebruik het en of dit 'n verskil in die leerders se aanvaarding / aanleer van die tale gemaak het asseblief ... 🙏🥰dit help my ook om toekomstige produkte aan te pas waar nodig.

🐸Loer gerus op www.klankpret.co.za (WERKBOEKIES> GRAAD ? > KWARTAAL 2)

Klankpretgroete
Etrecia & Kik 🐸💛❤️

Photos from Klankpret's post 25/05/2026

Bevoorreg om nog PD te kan bywoon en seker te maak dat wat Klankpret doen belyn is en korrek is volgens nasionale vereistes met die komende projekte in kwartaal 3. 🥰🙏🏼
Dankje Henk dat jy dit interessant gemaak het 🙏🏼

As jy dalk nog onseker is loer gerus na projekte vanaf 2023 - ek het toe alle dokumentasie opgedateer toe die JOP aangepas is.

Dankie Henk Viljoen en SAOU Nasionaal / National dat ek dit kon bywoon. 🙏🏼👌🏼🐸💚
Jonathan Ball Publishers Local

leerder

maklik gemaak

Photos from Klankpret's post 25/05/2026

🩷💛OMVATTENDE WERKBOEKIE GRAAD 4 AFRIKAANS WEEK 7 - 8 NOU BESKIKBAAR!

💛🩷GENRE: Instruksieteks
Streng belyn met die JOP vir week 7 - 8 Kwartaal 2.

🩷LUISTER, LEES & KYK:
Instruksieteks
Pre-lees aktiwiteite
Instruksieteks met kenmerke en begrip
Luisterbegrip van instruksies
Herrangskik die instruksies
Instruksieteks kenmerke invul
Visuele teks: Benoem die items

💛WOORDVLAKWERK:
Samestellings
Afleidings
Woorde wat verwar
Voorsetsels
Bywoorde
Voegwoorde
Onpersoonlike voornaamwoorde

🩷SINVLAKWERK:
Saamgestelde sinne
Direkte en indirekte rede

💛SPELLING & PUNKTUASIE:
Spelling en spelpatrone
Dubbelpunt

🩷INFORMELE ASSESSERING:
Kort taal-in-kontekstoets vir die vaardighede geleer in week 7 - 8

💛SKRYF & AANBIED:
Die hele skryfproses met Thinking Tools
-Instruksieteks

🩷MEMORANDUM

🐸Laai hom gerus af op: www.klankpret.co.za (WERKBOEKIES > GRAAD 4 > KWARTAAL 2)

Geniet hom!
Klankpretgroete
Etrecia & Kik 🐸🐾💛🩷

Photos from Klankpret's post 25/05/2026

🩷💛OMVATTENDE WERKBOEKIE GRAAD 4 AFRIKAANS WEEK 7 - 8

Hierdie boekie sal bietjie later vanoggend beskikbaar wees. Ek is net besig met die laaste paar werkkaarte en memorandums.

Daarna volg Graad 6 Afrikaans en dan Graad 5.
Daarna volg die laaste twee weke se Engels vir Graad 5/6/7. 🙏🤩

Klankpretgroete
Etrecia & Kik 🐸🩷💛

Photos from Klankpret's post 22/05/2026

🤖Bobbob, die robo-meerkat is in NEDERLAND! 🇳🇱🇳🇱🇳🇱

Niks is lekkerder as om ‘n pakkie te ontvang nie - julle ken almal daardie gevoel! Dis amper lekkerder as ‘n 60/60 aflewering 😂😉
Maar dis NOG lekkerder as die pakkie vanuit Suid-Afrika kom!
Maar die allerlekkerste is as dit BOEKE is!

Baie dankie aan Die Woordwêreld van Zinèt Oosthuizen vir die reëlings en jou vriendin. Dan ook aan Jonathan Ball Publishers Local Marion Erskine Helene Boekeblad Bernard De Jager vir die liefde wat julle in die boekies gestort het!

Julle het julle meesterlik van julle taak gekwyt! Ek moes toe Bobbob, die robo-meerkat se woordeskat en databasis gaan opdateer, want na sy 10 avonture in Suid-Afrika ken hy dalk nog nie Nederland nie.

Ek het vir hom die wikwak (windmolen) gaan wys, ons was by ‘n telefoonhokkie en dan ook in ‘n speeltuin wat hy dalk nie meer in SA sal vind nie.

Ek, Liam en Kik sien uit na nog baie avonture saam!

NS - Lesersindruk volg later sodra ek alle data self verwerk en in my binnekant “tuis” gemaak het. 😉😂

Hierdie boekies is fantasties vir projekte in enige vak sodat jy dit ten volle met STREAM kan onderrig in die klas!

Vir navrae en bestellings kontak gerus vir Henk Viljoen by [email protected]

Photos from Klankpret's post 22/05/2026

🐸🐞WERKBOEKIES KWARTAAL 2 - WEEK 7 - 8

🐸Afrikaans Graad 7 Werkboekie 4 Week 7 - 8 is nou beskikbaar. Ek het hom solank opgelaai vir die wat dit vandag nog wil koop.
Ek gaan later vanmiddag die memorandum volledig voltooi vir julle.

🐸Ek is tans besig met Afrikaans Graad 4 Werkboekie Week 7 - 8. Ek laat weet sodra hy opgelaai is. Die res volg oor die naweek en Engels volgende week sodat die hele kwartaal se werk in julle hande is.

🐸LW: Meeste van die taalwerk is 'n herhaling van wat alreeds gedoen is, dit is basies net 'n nuwe genre vir lees en skryf:
🐞Graad 4 - Instrukiesteks
🐞Graad 5 - Inligtingsteks: Verslag (gebasseer op navorsing - so leerders kan skryf oor 'n dier / land / kultuur) - daar is so 'n dokument by Kwartaal 1 ook opgelaai.
🐞Graad 6 - Weerkaart / Weerverslag
🐞Graad 7 - Vorms / Voltooi 'n vraelys

Loer gerus op www.klankpret.co.za (Werkboekies > Graad 7 > Kwartaal 2)

Klankpretgroete
Etrecia & Kik

Wilt u dat uw scholen hét hoogst genoteerde School in Arnhem wordt?

Klik hier om uitgelicht te worden.

Plaats

Adres


Arnhem

Openingstijden

Maandag 09:00 - 18:00
Dinsdag 09:00 - 18:00
Woensdag 09:00 - 18:00
Donderdag 09:00 - 18:00
Vrijdag 09:00 - 18:00