Windhoek Afrikaanse Privaatskool

Windhoek Afrikaanse Privaatskool Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Windhoek Afrikaanse Privaatskool, School, Drakensbergstraat 5, Eros, Windhoek.

05/10/2026
JUKSKEINUUS! Na afloop van die onlangse jukskeiproewe is ons baie trots om die WAP-leerders geluk te wens wat vir die NA...
03/10/2026

JUKSKEINUUS!

Na afloop van die onlangse jukskeiproewe is ons baie trots om die WAP-leerders geluk te wens wat vir die NAPSO-spanne gekies is én die geleentheid kry om Namibië in Desember in Suid-Afrika te verteenwoordig!

Baie geluk aan:

* Seuns o.13: Xanco la C**k en LJ van Aswegen
* Meisies o.13: Tiahna Brink en Amalia Hansen
* Ontwikkelingspan: Lisa van der Merwe, Zane la C**k, Rouxhard Tredoux en Luke Burgess
* Seuns o.19: Ge**er Coetzee en Gustav Human
* Meisies o.19: Karike Hugo, Lee-dre van Aswegen, Maunique Hansen en Lune van Taak

Wat ’n besondere prestasie! Julle harde werk, toewyding en liefde vir die sport word raakgesien, en ons is trots om te sien hoe ons WAP-leerders op hierdie vlak hul plek inneem.

Baie geluk ook aan ons afrigters en ouers wat deur julle ondersteuning en aanmoediging help om hierdie geleenthede moontlik te maak.

Sterkte met die voorbereiding – dra die WAP- én Namibiese kleure met trots!

JUKSKEINUUS! Wat ’n heerlike, besige jukskeinaweek vir ons WAP-leerders!Baie geluk aan al ons leerders wat aan die Chris...
03/10/2026

JUKSKEINUUS!

Wat ’n heerlike, besige jukskeinaweek vir ons WAP-leerders!

Baie geluk aan al ons leerders wat aan die Christie Horn-toernooi deelgeneem het. Dit is wonderlik om te sien hoe ons jukskei steeds groei en hoe ons spelers met soveel entoesiasme en WAP-trots deelneem.

WAP het die volgende uitstekende uitslae behaal:

* Laerskool: 3de, 4de en 5de plekke
* Hoërskool: 2de plek 🥈

Baie geluk aan elke speler! ’n Groot dankie ook aan ons afrigters en ouers vir julle ondersteuning, tyd en betrokkenheid.

Ons is trots op julle – hou aan speel, groei en geniet! 💙💛

Dinamies. Gefokus. Suksesvol.

KRIEKETNUUS! 🏏NASIONALE KAMPIOENE! Baie geluk aan ons o.15-krieketspan wat die Nasionale T30-krieketliga gewen het! Wat ...
03/10/2026

KRIEKETNUUS! 🏏

NASIONALE KAMPIOENE!

Baie geluk aan ons o.15-krieketspan wat die Nasionale T30-krieketliga gewen het!

Wat ’n besondere prestasie en ’n trotse oomblik vir Windhoek Affies! Julle harde werk, toewyding, spanwerk en deursettingsvermoë deur die seisoen het vrugte afgewerp.

Baie geluk aan elke speler en ons afrigter met hierdie puik prestasie. Ons is ongelooflik trots op julle! 💙💛

Dinamies. Gefokus. Suksesvol

LAERSKOOLLEIERSNUUS! Diensbare leierskap – want om te gee, is beter as om te ontvang.Ons Laerskoolleiergroep het die Fam...
03/10/2026

LAERSKOOLLEIERSNUUS!

Diensbare leierskap – want om te gee, is beter as om te ontvang.

Ons Laerskoolleiergroep het die Family of Hope-skooltjie in Katutura besoek as deel van hul uitreikaksies vir die jaar.

Family of Hope doen besondere werk in hul gemeenskap en verskaf onder andere daagliks 350 etes aan die kinders wat daar skoolgaan. Vir ons leiers was hierdie besoek veel meer as net ’n uitreikaksie – dit was ’n geleentheid om eerstehands te ervaar wat dit beteken om met ’n oop hart te dien, om raak te sien en om ’n verskil in ander se lewens te maak.

Ons tema van diensbare leierskap herinner ons daaraan dat ware leierskap nie gaan oor wat jy ontvang nie, maar oor wat jy bereid is om van jouself te gee.

Dit was ’n besondere dag vol warmte, dankbaarheid en nuwe vriendskappe. Nuwe bande is gebou en ons sien uit daarna om in die toekoms verder saam te werk aan projekte wat ’n betekenisvolle verskil kan maak.

Ons is trots op ons jong leiers wat leer dat leierskap begin by ’n hart wat bereid is om te gee.

Dinamies. Gefokus. Suksesvol.

Matriekafskeid 2026
03/10/2026

Matriekafskeid 2026

STOEINUUS! 🤼‍♂️Baie geluk aan Henrico Durand wat gekies is om Namibië in stoei by die Mauritius Friendship Tournament te...
02/10/2026

STOEINUUS! 🤼‍♂️

Baie geluk aan Henrico Durand wat gekies is om Namibië in stoei by die Mauritius Friendship Tournament te verteenwoordig!

Die toernooi vind van 14 tot 20 Oktober in Mauritius plaas.

Henrico, wat ’n besondere voorreg om jou land se kleure te dra! Ons wens jou alle sterkte toe en vertrou dat jy elke oomblik van hierdie internasionale ervaring sal geniet.

WAP is ongelooflik trots op jou! 💙💛

Dinamies. Gefokus. Suksesvol.

Address

Drakensbergstraat 5, Eros
Windhoek
9000

Opening Hours

Monday 07:15 - 15:30
Tuesday 07:15 - 15:30
Wednesday 07:15 - 15:30
Thursday 07:15 - 15:30
Friday 07:15 - 15:30

Telephone

+26461244219

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Windhoek Afrikaanse Privaatskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category