Ameib Kindergarten

Ameib Kindergarten

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Ameib Kindergarten, School, Ameib Street, Windhoek.

➡️ English, German and Afrikaans
➡️ Ages 0-3, Grade RR (4-5) & Grade R (5-6)
➡️ Homework Centre for Grade 1-7
➡️ Located in Kleine Kuppe, Windhoek
➡️ Friends of BabyGym
➡️ Swimming Lessons in Summer included!

Photos from Ameib Kindergarten's post 11/03/2025

Happy Birthday Mason! 🥳

Photos from Ameib Kindergarten's post 03/03/2025

Cookie Decorating 🍪💚

22/02/2025

👩🏻‍⚕️Wat bevat my mamma-dokter medisyne tas? 👩🏻‍⚕️

My een seuntjie, nou twee, vra my 'n paar dae gelede om hom dokter toe te vat. Hy is kwansuis "siek" (skool het mos weer begin!🤦🏽‍♀️) Ek, wat die ironie in die situasie raak sien, sê ewe voldaan vir hom dat dit glad die 'n probleem is nie, want sy mamma is 'n dokter! Na 'n paar sekondes se stip, fronsende kyk, sê hy vir my:" Ag nee Mamma! 'n Regte dokter!" 👀🫠😅

Kinders kan mens aarde toe bring, siek kinders soveel te meer. Hierdie vraag word gereeld aan my gerig by 'n braai: Wat is in my medisyne kas?

🌡️Pyn en Koors 🌡️
- Parasetamol: Calpol is ‘n gunsteling in my huis, Panado se groen mamba wou net nooit maklik af gaan nie! Die setpil weergawe van Parasetamol is Empaped of Pyracet, en moet nooit in kombinasie met ‘n stroop gebruik word wat reeds Parasetamol bevat nie. Ek sal oneerlik wees om te sê ek het nog nooit Stilpayne gebruik nie, maar vermy dit verkieslik, die codeine kan verslawend wees.

- Anti-inflammatories: Ibuprofen (Nurofen, Ibugesic) en Mefenamic Acid (Ponac of Ponstan) is lekker vir pyn en koors – vermy wel in gevalle waar ‘n kind bekend is met ‘n nierprobleem of gedehidreer kan wees (braking, diarree en weier om te drink) omdat dit nierinperking kan vererger.
Die setpil weergawe van anti-inflammatoriese middels is Panamor (Diclofenac) en Ponstan (mefenamic Acid) en moet nooit in kombinasie met ‘n ander anti-inflammatoriese stroop gebruik word nie.

🤧 Boonste lugweginfeksie 🤧

👃Neussproei: Sterimar werk vir ‘n ongekompliseerde sinusitis. Iliadin baby werk soos ‘n bom vir ‘n toe neus maar mag slegs vir 5 dae en minder gebruik word, voor dit self ook ‘n toe neus veroorsaak. Flomist vir kinders wat kronies met ‘n toe neus sukkel a.g.v. seisoenale allergieë, asook kinders wat snork a.g.v vergrote adenoids.
💦 ACC200 stroop of bruistablette: ACC maak slym dun wat iets is waarna mens streef in kinders – vee eerder neusies af voor slym dik word en konsolideer in longontsteking in. As ‘n bonus is dit ook ‘n goeie anti-oksidant en ondersteun lewerfunksie. 💡 Gee dit slegs in die oggend en middag om te verhoed dat jou kind hoes snags van ‘n sinusdrup.
🥴Anti-histamiene: Dit werk wonderlik vir allergiese kondisies en virale infeksies waar slym produksie ‘n probleem is. Allergex werk goed, maar dit moet driemaal per dag gegee word en kan lomerigheid veroorsaak. Stropies soos Deselex en Clarityne is ‘n eenkeer-‘n-dag dosis. 💡Gee dit voor slaaptyd om ‘n sinusdrup op te droog en sodoende hoes te verminder.

🍭Keelseer: Andolex se groen spray of Andolex suigstokkies is ‘n gunsteling vir my kinders.

🫁 Onderste Lugweginfeksie 🫁

😷Hoes Stroop: Ek is nie ‘n groot aanhanger van hoesstroop nie – maar as mens iets moet kies, kies ‘n ekspektorant wat slym verdun, hoes aanhits en sodoende jou kind help om dit uit te hoes (ironies, né). As ek ‘n hoes stroop In my huis het, sal dit Bronchoped wees. 💡moet nooit ‘n hoes in ‘n kind onderdruk as dit gehelp kan word nie, kinders moet verkieslik slym uit hoes eerder as wat dit dik word in die lugweë.

🦠Antibiotika: Slegs op voorskrif en slegs wanneer dit ‘n infeksie van bakterieele aard is.

🫁Bronchodilators: As jou kind geneig is tot wheezing of ‘n asma lyer is, is iets soos Asthavent stroop of Venteeze goed om In die huis te hou – hou dop, want dit laat kinders se hartjies vinnig klop. Monte-Air Sprinkles is ‘n oulike leukotriene modifieerder wat lugweë oopmaak sonder om die hartjie aan te tas.

🏥Kortisoon: Aspelone of prednisolone moet nie as self-medikasie gebruik word nie – dit is nie in alle gevalle nodig nie en dosseering is baie belangrik vir gewensde resultate. Lang termyn (>5dae) gebruik kan tot ernstige newe effekte, onder andere katarak vorming, lei.

💦Nebuliseermiddels: gewone hipertoniese saline help reeds baie om lugweë klam te hou en swelling te sak, ipratropium vir ‘n wheeze in bronchiolitis en asma, en budoneb werk goed as anti-inflammatories.

🧴Rome en Salfies 🧴

• Antibiotika salf: soos germolene, Bactroban, supiroban, betadine vir klein krappies en wonde.
• Kortisoon salf soos Advantan vir allergiese en inflammatoriese vel aandoenings
• Anti-hisan vir jikkende gogga byte.
• Anti-swam room: Iets soos clotrimazole vir omlope en swam-nappy rash
• Silbecor en jelonet vir brandwonde
• Emla salf: n lokale verdower vir inentings en om oorbelle te laat inskiet
• When all-else-fails: as niks wil werk nie, Quadriderm dit. (Ek sê niks meer as dit nie!)

👀Oog sorg 👀

• Chloramphenicol of Tobradex vir ogies wat dra.
• Antihistamine oogdruppels: Ek hou van spersallerg.

👂🏼Oor sorg 👂🏼

• Waxsol vir oorwas impaksie, dit maak oorwas sag en help om natuurlik uit oorkanaal te werk
• Antibiotika oordruppels: Cilodex is die beste ding naas gesnyde wit brood. Julle kan my maar quote! In kombinasie met n anti-inflammatoriese stropie kan dit alleen soms ‘n middeloorontsteking die hoofbied.

🤢Braking 🤢

• Emetrol of Cyclizine stroop werk goed vir karsiek-naarheid.
• Clopamon kan kort termyn gebruik word vir naarheid (verkieslik minder as drie dae)
• In erge gevalle kan mens odansetron (zofer of Zofran) gebruik vir naarheid en braking. Oulik, want dit los onder di tong op.
• Valoid setpille moet nooit gebruik word onder 6jr oud nie – dit kan lei tot sjirurgiese buik komplikasies.

💩Diarree💩
• Oral Rehydration Solution (ORS): Vir rehidrasie gedurende diarree – neem dit baie ernstig op om ‘n drup te vermy.
• Tasectan Paed of Smecta: In pediatrie gee ons nie graag iets om ‘n maag te stop nie, die twee middels is diarree-binders en is veiliger vir gebruik.
• Sink – immuunversterkers wat sink bevat is wonderlik vir diarree. Vermy versterkers met yster in, in akute infeksie blaas dit infeksie aan.
• Probiotikas: Reuterina kom nou in ‘n chewable en ‘n druppel uit, en is wonderlik maar duur. Enterogermina is effens goedkoper. Onthou om nie antibiotika en probiotika gelyktydig te drink nie, omdat antibiotika al die goeie goggas ook doodmaak. Wag 2 ure voor jy die probiotika toedien.
• Buscopan of Scopex vir maagkrampe – as jy dit in kry, ek het geen raad vir die smaak nie – wens Buscopan wil in ‘n setpil weergawe uitkom!
• Hardlywigheid: Lacson of Pegicol werk wonderlik vir hardlywigheid. Maak seker jou kind neem genoeg vog in, sny verfynde suiker uit en vermeerder vesel-inname.

Dit, in ‘n neutedop, is my medisyne kas. Natuurlik is dit maar baie wisselend soos my kinders ouer word en seisoene verskil.

⬇️ Het jy ‘n wondermiddel in jou medisyne kas wat jy wil bysit? Los vir my kommentaar onder!

Groete en guns,

👩🏻‍⚕️ Dr. Elri
012 408 0711



🚨 Disclaimer: Important Notice🚨

The information provided in this post is for general informational purposes only. It should not be considered as medical advice, diagnosis, or a substitute for consultation with your designated healthcare professional. Always seek the advice of your physician with any questions you may have regarding a medical condition.

Photos from Ameib Kindergarten's post 14/02/2025

VALENTINES DAY 2025 🌹

06/02/2025

Muddy Sensory Play 💦🤗

Photos from Ameib Kindergarten's post 16/01/2025

Holiday Club December 2024 🥳

25/12/2024

Wishing all a Merry Christmas! 🎄🤶

21/11/2024

Holiday Club Alert! Sign up now! 🎄🤶

Photos from Ameib Kindergarten's post 15/11/2024
Photos from Ameib Kindergarten's post 15/11/2024

Today we went on an adventure walk at Farm Windhoek and did some obstacles!

Want your school to be the top-listed School/college in Windhoek?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address


Ameib Street
Windhoek

Opening Hours

Monday 07:00 - 17:00
Tuesday 07:00 - 17:00
Wednesday 07:00 - 17:00
Thursday 07:00 - 17:00
Friday 07:00 - 17:00