31/12/2020
Dit kom sit op my hart soos ek besef vandag is die laaste dag van 2020. Dis asof die tyd in my hart kom stil staan het. Ek het ophou kyk na die dag of datum. Uitdagings was daar verseker, maar een ding bly. Hier is waar ek my vrede vind, dat die fondasie in Christus versoën en geseël is. Die opregte liefde wat ek vir GHL, die personeel, kinders en ouers het en die vreugde wat ek met elkeen kon deel sal altyd bly. Daadwerklik het God lewens aangeraak en wonderwerke was om my elke dag by GHL. Mag die fondasie wat gelê is in elke kindjie en gesin ewig bly. Die mooi herhinneringe vat ek saam met my, elke lag, sing, daans en speel. Ook vat ek elke traan wat saam gehuil is, spoeg en snot en tantrums... elke aand sonder slaap oor 'n kinder of ouer hart wat ek aan God opgedra het. Vandag tot in ewigheid voorspoed. Xx