Vorm, Speel & Leer - Kleuterskool

Vorm, Speel & Leer - Kleuterskool Ons is 'n Christelike, Afrikaans medium kleuterskool/dagsorg en ons is hier om 'n verskil in kleuter

04/09/2026

🧑 ’n Baie spesiale Loslit Dag by VSL 🧑
Vandag was vir ons ’n besonder spesiale dag, want ons het die geleentheid gehad om ons pragtige Luca en sy unieke plekkie in ons VSL-familie te vier. 🧑
Ons wil baie dankie sΓͺ aan elke mamma en pappa wat gehelp het dat ons maaitjies vandag oranje kon aantrek. 🧑 Julle ondersteuning het hierdie dag vir ons ekstra spesiaal gemaak.
Vandag het ons weer geleer dat elke maatjie uniek is, elkeen sy eie ritme het en dat elke kind behoort. Ons wil hΓͺ Luca moet altyd weet dat hy geliefd is, dat hy aanvaar word en dat hy ’n baie spesiale deel van ons klas en ons harte is. πŸ₯ΉπŸ§‘
β€œOns handjies is dalk verskillend, ons ritmes dalk nie dieselfde nie, maar ons behoort almal saam.” πŸ§‘πŸ–οΈ
Baie dankie aan ons wonderlike ouers dat julle saam met ons hierdie belangrike boodskap van liefde, aanvaarding en insluiting uitleef.
Hier is ’n paar spesiale oomblikke van vandag wat ons vir altyd sal koester. 🧑πŸ₯Ή
Luca, jy is een van ons. Vandag, môre en elke dag. 🧑

Vorm, Speel en Leer het die lente op die mooiste en kleurvolste manier verwelkom! 🌸🌼 Ons dag was gevul met vrolike kleur...
04/09/2026

Vorm, Speel en Leer het die lente op die mooiste en kleurvolste manier verwelkom! 🌸🌼 Ons dag was gevul met vrolike kleure, laggies, pret en baie spesiale lente-herinneringe.
Dankie aan al ons ouers en leerders wat saam hierdie dag so besonders gemaak het.
Welkom, Lente! 🌷

21/06/2026

🌟 Gelukkige Vadersdag aan al ons wonderlike Pappas, Ooms en Oupas! 🌟

Dankie vir elke drukkie, elke woord van aanmoediging, elke grappie en al die liefde wat julle met ons kleingoed deel. Julle is hul helde, rolmodelle en veilige plek.

Mag julle vandag ekstra bederf word en weet hoe kosbaar julle is. πŸ’™

Gelukkige Vadersdag van almal by VSL! πŸ‘¨β€πŸ‘§β€πŸ‘¦βœ¨

20/06/2026

VSL hou 'n Springbok en Braai dag om ons heerlike Tradisies tema af te sluit.

πŸŒπŸ‡ΏπŸ‡¦ Tradisiesweek by VSL! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸŒGedurende die week van 8 tot 12 Junie het ons VSL-maatjies op 'n opwindende reis gegaan om ...
19/06/2026

πŸŒπŸ‡ΏπŸ‡¦ Tradisiesweek by VSL! πŸ‡ΏπŸ‡¦πŸŒ
Gedurende die week van 8 tot 12 Junie het ons VSL-maatjies op 'n opwindende reis gegaan om meer te leer oor tradisies – die spesiale gebruike, gewoontes en vieringe wat families en gemeenskappe uniek maak.

Ons kinders het ontdek hoe tradisies mense bymekaar bring, herinneringe skep en trots laat groei op wie ons is en waar ons vandaan kom. ❀️

Om hierdie besondere week af te sluit, het ons 'n ware Suid-Afrikaanse feesdag gehou! πŸ‡ΏπŸ‡¦ Ons maatjies het met groot trots hul Springbok-hempies aangetrek en saam 'n heerlike tradisionele braaidag geniet. Die laggies, geselsies en gees van saamwees het die dag ekstra spesiaal gemaak.

Dankie aan al ons ouers wat gehelp het om hierdie week so betekenisvol te maak. Ons is trots om ons kinders te leer om ons land se ryk kultuur en tradisies te waardeer. πŸ’šπŸ’›

πŸ‡ΏπŸ‡¦βœ¨

πŸŽπŸ” Tema van die Week: Kos en Hoe Ons Kos Maak 🍞🧁Wat 'n heerlike en leersame week het ons saam gehad!
10/06/2026

πŸŽπŸ” Tema van die Week: Kos en Hoe Ons Kos Maak 🍞🧁

Wat 'n heerlike en leersame week het ons saam gehad!

10/06/2026

πŸŽπŸ” Tema van die Week: Kos en Kook 🍞🧁

Wat 'n heerlike en leersame week het ons saam gehad!

Ons tema hierdie week was "Kos en Hoe Ons Kos Maak". Die maats het geleer waar kos vandaan kom, hoe dit voorberei word en waarom gesonde kos belangrik is vir ons liggame.

Ons het baie pret gehad met ons restaurant-rolspel. Sommige maats het as sjefs opgetree en "kos gemaak", terwyl ander die kelners was wat bestellings geneem en kliΓ«nte bedien het. Deur hierdie spel het die kinders geleer om saam te werk, te kommunikeer, beurte af te wag en hulle verbeelding te gebruik.

31/05/2026

Ons Tema vir die week was: Verskillende klere.
πŸ‘—πŸ‘”πŸ‘–πŸ‘•πŸ‘ πŸ‘‘

Ons maatjies het geleer van verskillende soorte klere wat mense vir verskillende geleenthede dra – van gemaklike klere tot mooi aanddrag. πŸ’ƒπŸ•Ί

Die hoogtepunt van ons week was beslis ons klein modeparade! 🀩

Die kinders het mooi aangetrek en met groot trots vir ons gemodelleer. Elke maatjie het soos β€˜n regte sterretjie geskyn op die β€œloopplank”! βœ¨πŸ‘ πŸ‘”

By VSL (Vorm, Speel & Leer) leer ons speel-speel, groei saam en bou selfvertroue op elke dag! 🌟

10/05/2026

Aan al ons spesiale VSL-mammas 🌸
Baie dankie vir elke drukkie, gebed, aanmoediging en liefde wat julle daagliks gee. Julle harte maak ons maats se wΓͺreld mooier en vol liefde. πŸ’–
Ons wens elke mamma ’n baie geseΓ«nde en gelukkige Moedersdag toe! 🌷

🌟✨ Ster van die Maand – Maart 2026 ✨🌟By VSL Kleuterskool is ons sΓ³ trots op ons Ster van die Maand! πŸ†Hierdie spesiale to...
08/04/2026

🌟✨ Ster van die Maand – Maart 2026 ✨🌟

By VSL Kleuterskool is ons sΓ³ trots op ons Ster van die Maand! πŸ†

Hierdie spesiale toekenning word gegee aan die maatjie wat die beste gevorder en presteer het gedurende Maart. πŸŒˆπŸ“š

Hou aan skitter, ons is baie trots op jou! β­πŸ’›

Address

Vanderbijlpark

Opening Hours

Monday 06:30 - 17:30
Tuesday 06:30 - 17:30
Wednesday 06:30 - 17:30
Thursday 06:30 - 17:30
Friday 06:30 - 17:30

Telephone

+27827995055

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vorm, Speel & Leer - Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Vorm, Speel & Leer - Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category