Sout & Lig Tuisskool

Sout & Lig Tuisskool N omgewing waar God die middelpunt is en liefde alles oorskry.

*(Ons werk met die Think Digital Academy program)

Ons tree ons laaste kwartaal aan met ons skoene mooi skoon, ons potlode mooi skerp en ons bladsye, om geblaai, gereed vi...
06/10/2026

Ons tree ons laaste kwartaal aan met ons skoene mooi skoon, ons potlode mooi skerp en ons bladsye, om geblaai, gereed vir n laaste, nuwe begin van die 4de kwartaal.

Wees geseënd, wees goedhartig, werk hard en gee elke dag jou beste.

Ek weet julle kan.

Sterkte mammas en maats 🩵

💐🦋🦎🐞 Want dis Lente 💐🦋🦎🐞Gelukkig Lente dag van ons almal hier by Sout & Lig Tuisskool
01/09/2026

💐🦋🦎🐞 Want dis Lente 💐🦋🦎🐞

Gelukkig Lente dag van ons almal hier by Sout & Lig Tuisskool

My kop is reg, my pen is reg,Al die sorge is nou weg!Ek gaan dink en mooi onthou,Want ek glo vandag in jou!Mag God julle...
01/09/2026

My kop is reg, my pen is reg,
Al die sorge is nou weg!
Ek gaan dink en mooi onthou,
Want ek glo vandag in jou!

Mag God julle penne vashou en julle breintjies help onthou 📝

01/06/2026
26/05/2026

Die ADHD kind is nie stout nie
deur Albie Jordaan
(Christian Life and Parenting Coach)

Baie kinders met ADHD word elke dag verkeerd verstaan. Hulle word beskryf as “ongedissiplineerd”, “lui”, “moedswillig”, “onbeskof” of eenvoudig net “stout”. Maar baie keer is dit glad nie die volle waarheid nie.

ADHD gaan nie net oor aandag nie. Dit gaan grootliks oor selfregulering en uitvoerende funksies van die brein. Met ander woorde: die kind sukkel nie noodwendig om te weet wat reg is nie… die kind sukkel om dit konsekwent uit te voer. Dit is ’n baie groot verskil.

Baie ADHD kinders hoor heeltyd dinge soos: “Jy luister nie.” “Jy probeer nie hard genoeg nie.” “Jy vergeet alles.” “Hoekom doen jy dit alweer?” Maar wat ouers en onderwysers baie keer nie sien nie, is die innerlike stryd wat daardie kind elke dag beleef.

Die ADHD brein sukkel dikwels met impulsbeheer, emosionele regulering, fokus, organisering, tydsbestuur, werksgeheue en die vermoë om reaksies te beheer voordat hulle gebeur. Dit beteken die kind reageer baie keer voordat hy dink. Nie omdat hy noodwendig stout wil wees nie… maar omdat die brein se “remstelsel” swakker werk.

Dit is hoekom baie ADHD kinders later spyt is oor wat hulle gedoen het. Hulle sê dikwels: “Ek weet nie hoekom ek dit gedoen het nie,” of: “Ek wou dit nie doen nie.”

Baie van hierdie kinders leef ook onder geweldige emosionele druk. Hulle hoor heeldag negatiewe kommentaar. Hulle word baie reggehelp. Hulle voel anders as ander kinders. Hulle beleef mislukking meer gereeld. En baie begin later glo: “Ek is die probleem.” Dit raak ’n pynlike identiteit.

Daarom is dit gevaarlik wanneer ons ADHD kinders net as “stout” etiketteer. Want ’n kind wat konstant voel hy is verkeerd, begin maklik moed verloor.

Dit beteken natuurlik nie dat kinders met ADHD geen grense nodig het nie. Inteendeel. Hulle het dikwels nóg meer struktuur, duidelike roetines, kalm leiding, konsekwente grense en emosionele ondersteuning nodig.

Maar daar is ’n groot verskil tussen: “Hierdie kind is stout” en: “Hierdie kind sukkel met vaardighede wat nog ondersteuning nodig het.” Daardie verskil verander hoe ons na die kind kyk.

Wanneer ons verstaan dat ADHD baie keer ’n selfreguleringsuitdaging is, begin ons anders reageer. Ons beweeg weg van om 'n kind sleg te laat voel oor hulleself, aggressie en konstante straf… na begrip, leiding, emosionele 'connection', vaardigheidsontwikkeling en ondersteuning.

Baie ADHD kinders is ongelooflik kreatief, sensitief, energiek, nuuskierig, humoristies en vol potensiaal. Maar hulle benodig volwassenes wat verder kyk as net die gedrag.

Kinders doen beter wanneer hulle ondersteuning kry vir die vaardighede waarmee hulle sukkel.

Die ADHD kind is nie noodwendig stout nie. Baie keer is dit ’n kind wat harder probeer as wat mense besef… maar wie se brein hulp nodig het om dinge te bestuur wat vir ander mense vanself kom.

👉🏻14-dae Whatsapp Kursus: VERSTAAN ADHD EN BEGELEI JOU KIND -Albie Jordaan
https://www.facebook.com/share/p/1Em4QB2Xzm/

👉🏻Vir persoonlike aanlyn sessies om ouers te help:
https://www.elcty.co.za/book-sessions/

https://forms.gle/ZjK9c9DX1QApVTXt5
25/05/2026

https://forms.gle/ZjK9c9DX1QApVTXt5

Hallo ouer/voog: My naam is Nicolette Roux, en ek het die voorreg om in 2026 na u kind te kyk, tydens normale skool-ure. Hierdie vorm is deel van ons vernuwe registrasie proses vir tuisskool in 2026. Belangrik: 'n Registrasiefooi van R200 is betaalbaar om u kind se plek in my tuisskool te verseker.....

Vandag het ons graad R maat bietjie sy knip vernoeë getoets 🤩📝 N paar intressante feite oor die belangrikheid van knip ✂...
15/05/2026

Vandag het ons graad R maat bietjie sy knip vernoeë getoets 🤩

📝 N paar intressante feite oor die belangrikheid van knip

✂️Knip help kinders om hul fyn motoriese vaardighede te ontwikkel. Dit maak die klein spiere in hul hande sterker vir skryf later.

✂️Wanneer kinders knip, oefen hulle ook hand-oog-koördinasie — hul oë en hande leer saamwerk.

✂️Knip verbeter konsentrasie en fokus, omdat kinders mooi moet kyk waar hulle sny.

✂️Dit help met selfvertroue. Kinders voel trots wanneer hulle self iets mooi kan uitknip en plak.

✂️Deur langs lyne te knip, leer kinders oor vorms en patrone soos sirkels, vierkante en zigzags.

✂️Knip-aktiwiteite help kinders om te leer van veiligheid en verantwoordelikheid wanneer hulle ‘n skêr gebruik.

✨ Kwartaal 2 is hier! ✨Sterkte, liewe maats!Mag julle harte vol moed wees en julle gedagtes vol fokus. 📚Onthou: Die Here...
08/04/2026

✨ Kwartaal 2 is hier! ✨

Sterkte, liewe maats!

Mag julle harte vol moed wees en julle gedagtes vol fokus. 📚

Onthou: Die Here stap elke tree saam met jou. ✝️
“Vertrou op die Here met jou hele hart.” – Spreuke 3:5

Gee jou beste, hou aan probeer en moenie moed opgee nie.

Mooi dinge lê voor! 🌿

Juffrou is trots op elkeen van julle 🤍

Ons graag R maatjie het geleer van daardie nare kieme 🦠 wat ons so siek maak en hoe om goeie higiene te handaaf. 🧖Dit wa...
16/03/2026

Ons graag R maatjie het geleer van daardie nare kieme 🦠 wat ons so siek maak en hoe om goeie higiene te handaaf. 🧖

Dit was nou n heerlike aktiwiteit.

Address

Upington

Telephone

+27847440598

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sout & Lig Tuisskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Sout & Lig Tuisskool:

Shortcuts

Share

Category