Laerskool Upington

Laerskool Upington

Share

Ons strewe na Opvoeding par excellence

Welkom by Laerskool Upington – die skool met hart! ’n Dubbelmedium-skool in die hart van Upington waar leerders veilig, geliefd en gemotiveerd groei met sterk akademie, sport, kultuur en toegewyde personeel vir elke kind se sukses en toekoms. By Voorpos bied ons ‘n uitdagende lewensruimte waarbinne ons kinders in staat gestel word:

* om te glo in hulself

* om te glo in die menswaardigheid van an

14/01/2026

BELANGRIKE KENNISGEWING 📢
Hierdie blad is nou gesluit.
Alle toekomstige kommunikasie, nuus en inligting van Laerskool Upington sal voortaan slegs op ons amptelike blad gedeel word:
Laerskool Upington Amptelik
Na verskeie pogings om die twee Facebook-bladsye te merge, het Facebook dit ongelukkig nie toegelaat nie.
Om op hoogte te bly van alle nuwe inligting, skoolnuus en aankondigings, volg asseblief ons nuwe amptelike blad deur die skakel hieronder te gebruik:
https://www.facebook.com/profile.php?id=61586196792745
IMPORTANT NOTICE
This page is now closed.
All future communication, news, and information from Laerskool Upington will be shared only on our official page:
Laerskool Upington Official
After several attempts to merge the two pages, Facebook unfortunately did not allow it.
To stay up to date with all new information, school news, and announcements, please follow our new official page by using the link below:
https://www.facebook.com/profile.php?id=61586196792745

14/01/2026

Baie geluk met u verjaarsdag, Juffrou Michelle!

Een van ons Graad 3-juffrouens verjaar vandag.
Mag dit ’n wonderlike dag wees, vol bederf, lag en geluk.

Photos from Laerskool Upington's post 13/01/2026

Ons wil graag ń spesiale Laerskool Upington dankie uitspreek teenoor die ouers van ons leerderraad vir 2026.

Hulle het uit hulle pad gegaan en vir die personeel op die eerste dag van skool ń heerlike ontbyt voorgesit. Dít het gesorg vir ń gesellige atmosfeer en was verseker die perfekte manier om die nuwe skooljaar af te skop!

Dankie! Wees verseker dat ons dit baie waardeer!

Upington Primary School would like to sincerely thank the parents of our student council for 2026.

They went out of their way and prepared a delicious breakfast for the staff on the first day of school. It certainly was the perfect way to kick off the new school year!

Thank you! We really appreciate it!

13/01/2026

Leerders van Laerskool Upington het onlangs hul skoolskoene vir liefdadigheid geskenk. Die skoene is oorhandig aan die personeel van Olyfenhoutsdrift. Op die foto verskyn Mnr. Oor, Mnr. van der Westhuizen en Mev. Willemse.

Die Leerlingraad het ’n besondere rol gespeel deur die skoene sorgvuldig skoon te maak voordat dit oorhandig is. Ons is baie trots op ons leerders se bereidwilligheid om te help en ’n verskil in ander se lewens te maak!

Learners from Upington Primary School recently donated their school shoes to charity. The shoes were handed over to the staff of Olyfenhoutsdrift. Pictured are Mr Oor, Mr van der Westhuizen and Ms Willemse.

The Prefects played an important role by carefully cleaning the shoes before handing them over. We are extremely proud of our learners for their willingness to help and make a positive difference in the lives of others.

12/01/2026

Ons bedank graag vir Rushen, Ismeal en Celeste van FAMSA wie vanoggend ń prettige spanbousessie vir ons leerderraad aangebied het.

Hulle het so speel-speel baie oor leierskap geleer en sien uit na die verantwoordelikhede wat vanjaar op hulle wag!

Baie sterkte aan elkeen van julle! Gaan groot en maak seker jy los jou merk hier in Laerskool Upington!

We would like to thank Rushen, Ismeal and Celeste from FAMSA who led a playful leadership session for our student council this morning.

Through playing they learned a few key elements about leadership that they will use to fulfill their various leadership roles this year.

Good luck to all of you! Go big and make sure that you leave your mark in Upington Primary School!

12/01/2026

Baie geluk met jou verjaarsdag, Jamie-Lee!
Een van ons sekretaresses verjaar vandag, en ons wil net dankie sê vir al jou harde werk en toewyding. Ons hoop jy het ’n heerlike dag vol bederf en glimlagte!

08/01/2026

Gelukkige verjaarsdag, mnr. Fabian Humphreys!
Dankie vir jou toegewyde leierskap as ons SBL-voorsitter. Mag die nuwe lewensjaar vir jou seën, gesondheid en sukses bring. Ons waardeer jou opreg!

07/01/2026

Oor net 7 slapies vul Laerskool Upington weer met laggies, energie en leergierige kinderstemme – en ons kan nie wag om ons kinders weer te sien nie!

2026 lê voor met baie uitdagings, groei en mooi oomblikke. Ons sien opreg uit na alles wat hierdie jaar saam met ons leerders en ouers gaan bring.

Tot dan… tel ons saam die slapies af!

In just 7 short days, Upington Primary School will once again be filled with laughter, energy, and eager young voices. We can’t wait to see our children again!

2026 lies ahead with many challenges, growth, and special moments, and we truly look forward to everything this year will bring together with our learners and parents.

Until then… the countdown continues!

01/01/2026

Gelukkige Nuwejaar aan Laerskool Upington se leerders, ouers, personeel en gemeenskap.
Mag hierdie nuwe jaar en nuwe begin vir ons skool gevul wees met hoop, nuwe geleenthede en sukses.
Mag elke leerder groei, elke ouer met vertroue ondersteun en elke personeellid met toewyding bou aan ’n skool waarop ons almal trots kan wees.
Sterkte en seën vir 2026!
Ronel Janse van Rensburg
Skoolhoof

Happy New Year to the learners, parents, staff and community of Upington Primary School.
May this new year and new beginning for our school be filled with hope, new opportunities and success.
May every learner grow, every parent support with confidence, and every staff member build with dedication towards a school we can all be proud of.
Wishing you strength and blessings for 2026!
Ronel Janse van Rensburg
Principal

24/12/2025

Voories kers- en 2026 wense vir ons skoolgemeenskap. 🎄

Mag die wind slegs jou hare deurmekaar woel, maar nie jou gees omkrap nie

Mag die son jou nie skroei nie, maar slegs warmte skenk, ook in jou hart

As die reën op jou val, voel geseënd

As jy guns en gawes ontvang, neem dit met dankbaarheid en nederigheid

As jy vriendskap ervaar, koester dit

As jy liefde ervaar, troetel dit

Mag jou bekers van geloof, hoop en liefde altyd gevul bly

Mag die geskenke en lesse wat jy van die lewe ontvang, groter wees as dié wat met geld gekoop kan word

Mag jy altyd bewus wees van die kosbaarheid en kortstondigheid van tyd

Mag jy veilig loop en ry op die paaie waar jy gaan

Mag jou opdraendes nie te steil wees nie, en mag jou 'bagasie' nie te swaar word nie

Mag die lewe jou met n sagte hand aanraak

Mag jy altyd 'n bewustheid, empatie en begrip hê vir en van die omstandighede van ander

Mag jy vroegdag opstaan en saans gaan slaap met 'n hart vol dankbaarheid

Mag jy die ware Christus-vrede ervaar.




❤️🎄🎄🎄❤️

Want your school to be the top-listed School/college in Upington?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Website

Address

Upington

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:30