04/10/2026
Baie geluk, Rozleigh!
Rozleigh het ‘n ongelooflike 8ste plek in Graad 9 by die nasionale WOW-spelfees behaal.
Ons is so trots op haar harde werk, toewyding en deursettingsvermoë. Sy het ons skool goed verteenwoordig.
-WOW spelfees
Rozleigh De Klerk is in Kaapstad om aan die nasionale WOW-spelkompetisie deel te neem. Sy word vergesel deur me. Malgas, wat saam met haar vir hierdie spesiale oomblik voorberei het. Sterkte en geniet dit, Rozleigh!