Hoër Meisieskool Bloemhof

Hoër Meisieskool Bloemhof Semper Fidelis - Altyd getrou! Hoër Meisieskool Bloemhof is geleë in Kochstraat, Stellenbosch en is die oudste Afrikaansmedium meisies hoërskool in die land.

Die skool is hierdie jaar 142 jaar oud, en het 'n ryk tradisie en verlede.

𝗦𝗔𝗡𝗘𝗦𝗔 𝗡𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝗞𝗮𝗺𝗽𝗶𝗼𝗲𝗻Baie geluk aan Ella Loubser, wat Bloemhof by die SANESA Nasionale Kompetisie by KEP in Johannes...
02/10/2026

𝗦𝗔𝗡𝗘𝗦𝗔 𝗡𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝗞𝗮𝗺𝗽𝗶𝗼𝗲𝗻

Baie geluk aan Ella Loubser, wat Bloemhof by die SANESA Nasionale Kompetisie by KEP in Johannesburg verteenwoordig het.

Ella is gekroon as die SANESA Nasionale Kampioen in die 90 cm-skouspring vir hoërskole, nadat sy in albei rondtes die eerste plek behaal het.

Ons is ongelooflik trots op Ella se besonderse prestasie en die harde werk wat sy deur die jaar ingesit het. Bloemhof het nou ’n nasionale perdrykampioen!

𝗖𝗼𝗻 𝗦𝗽𝗶𝗿𝗶𝘁𝗼 𝗗𝗲𝗯𝗮𝘁𝘀𝗳𝗶𝗻𝗮𝗮𝗹Baie geluk aan Dania Horn en Sadie Faure wat nasionaal vierde geëindig het in die Con Spirito De...
26/09/2026

𝗖𝗼𝗻 𝗦𝗽𝗶𝗿𝗶𝘁𝗼 𝗗𝗲𝗯𝗮𝘁𝘀𝗳𝗶𝗻𝗮𝗮𝗹

Baie geluk aan Dania Horn en Sadie Faure wat nasionaal vierde geëindig het in die Con Spirito Debatsfinaal, wat Woensdag en Donderdag by Montpellier in Tulbagh plaasgevind het.

’n Besonderse prestasie op nasionale vlak – ons is trots op julle!

Foto: me. Joubert

𝗟𝗢𝗞 𝗡𝗿. 𝟮By die tweede LOK – Bloemhof se Leierskapsontwikkelingskonferensie van 2026 – het sowat 165 leerders saamgekom ...
26/09/2026

𝗟𝗢𝗞 𝗡𝗿. 𝟮
By die tweede LOK – Bloemhof se Leierskapsontwikkelingskonferensie van 2026 – het sowat 165 leerders saamgekom om leierskap onder die loep te neem.

Gassprekers me. Coetzee en Alize van Vuuren (Matriek 2016) het nie net leiding gegee nie, maar ook geïnspireer. Een ding is duidelik: leierskap gaan nie altyd oor ’n balkie nie, maar oor die invloed wat jy op ander het en die rigting en energie wat jy bring.

Baie dankie aan ons VRL wat hierdie besonderse aand aangebied het!

Foto’s: Emma Benden (Klub Momentum)

𝗔𝘁𝗹𝗲𝘁𝗶𝗲𝗸Ons atlete het op 18 en 19 September aan die Fairmont Top 15-byeenkoms deelgeneem en sterk teen van die land se ...
25/09/2026

𝗔𝘁𝗹𝗲𝘁𝗶𝗲𝗸
Ons atlete het op 18 en 19 September aan die Fairmont Top 15-byeenkoms deelgeneem en sterk teen van die land se beste skole meegeding.

𝗘𝗿𝗳𝗲𝗻𝗶𝘀𝗱𝗮𝗴 𝟮𝟬𝟮𝟲Vandag vier ons dit wat mense en gemeenskappe uniek maak, maar ook dit wat ons as Suid-Afrikaners met mek...
24/09/2026

𝗘𝗿𝗳𝗲𝗻𝗶𝘀𝗱𝗮𝗴 𝟮𝟬𝟮𝟲

Vandag vier ons dit wat mense en gemeenskappe uniek maak, maar ook dit wat ons as Suid-Afrikaners met mekaar deel.

Erfenis leef nie net in monumente, museums of geskiedenisboeke nie. Dit leef in die taal wat ons praat, die kos wat ons eet, die stories wat ons vertel, die musiek waarna ons luister en die familietradisies wat van geslag tot geslag oorgedra word.

Mag ons vandag ’n bietjie stilstaan by die erfenis wat deel is van elkeen van ons.

Gelukkige Erfenisdag aan al ons Bloemhoffers en hul families.

Sien julle die 6de Oktober, Bloemhof!
23/09/2026

Sien julle die 6de Oktober, Bloemhof!

𝗕𝗮𝗶𝗲 𝗱𝗮𝗻𝗸𝗶𝗲’n Spesiale dankie aan al die rolspelers wat gehelp het om Matriekafskeid 2026 ’n onvergeetlike aand te maak....
21/09/2026

𝗕𝗮𝗶𝗲 𝗱𝗮𝗻𝗸𝗶𝗲
’n Spesiale dankie aan al die rolspelers wat gehelp het om Matriekafskeid 2026 ’n onvergeetlike aand te maak.

Aan ons Graad 11-ouers en -leerders, baie dankie vir julle harde werk, tyd en kreatiwiteit. Julle bydrae het ’n besondere verskil gemaak.

Ook ’n opregte dankie aan Oasis Stellenbosch, Paul Roos Spar, Red Pepper Catering, Wolf Security en Frontier Events vir julle ondersteuning en professionele bydraes.

Ons waardeer elkeen wat agter die skerms gewerk het om hierdie spesiale aand vir die matriekklas van 2026 moontlik te maak.

𝗼.𝟭𝟱-𝗧𝗲𝗻𝗻𝗶𝘀𝗽𝗮𝗻 𝗶𝗻 𝗣𝗿𝗲𝘁𝗼𝗿𝗶𝗮Ons o.15A-tennisspan het aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se o.15 Prestige Toernoo...
21/09/2026

𝗼.𝟭𝟱-𝗧𝗲𝗻𝗻𝗶𝘀𝗽𝗮𝗻 𝗶𝗻 𝗣𝗿𝗲𝘁𝗼𝗿𝗶𝗮
Ons o.15A-tennisspan het aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria se o.15 Prestige Toernooi deelgeneem en die toernooi in die 8ste plek afgesluit.

𝗘𝗹𝗸𝗮𝗻𝗮𝗵 𝗛𝗼𝘂𝘀𝗲-𝘄𝗮𝘁𝗲𝗿𝗽𝗼𝗹𝗼𝗳𝗲𝗲𝘀Ons o.16A-waterpolospan het Vrydag aan die 5-’n-kant Elkanah House-waterpolofees deelgeneem. ...
21/09/2026

𝗘𝗹𝗸𝗮𝗻𝗮𝗵 𝗛𝗼𝘂𝘀𝗲-𝘄𝗮𝘁𝗲𝗿𝗽𝗼𝗹𝗼𝗳𝗲𝗲𝘀

Ons o.16A-waterpolospan het Vrydag aan die 5-’n-kant Elkanah House-waterpolofees deelgeneem.

’n Lekker dag van waterpolo, spanwerk en goeie kompetisie!

𝗼.𝟭𝟱 𝗠𝗮𝗿𝗲𝘁𝗵𝗮 𝗕𝘂𝗿𝗴𝗲𝗿 𝗚𝗲𝗺𝗲𝗻𝗴𝗱𝗲 𝗧𝗼𝗲𝗿𝗻𝗼𝗼𝗶Ons o.15B-span eindig 2de by die o.15 Maretha Burger Gemengde Toernooi!Die span het...
21/09/2026

𝗼.𝟭𝟱 𝗠𝗮𝗿𝗲𝘁𝗵𝗮 𝗕𝘂𝗿𝗴𝗲𝗿 𝗚𝗲𝗺𝗲𝗻𝗴𝗱𝗲 𝗧𝗼𝗲𝗿𝗻𝗼𝗼𝗶
Ons o.15B-span eindig 2de by die o.15 Maretha Burger Gemengde Toernooi!

Die span het saam met PRG o.15B meegeding en deurgedring tot die finaal, waar hulle teen PRG/Rhenish o.15A verloor het.

’n Sterk vertoning en ’n welverdiende tweede plek!

Address

Koch Street
Stellenbosch
7599

Opening Hours

Monday 07:40 - 16:30
Tuesday 07:40 - 16:30
Wednesday 07:40 - 16:30
Thursday 07:40 - 16:30
Friday 07:40 - 14:30

Telephone

+27218873044

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hoër Meisieskool Bloemhof posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Hoër Meisieskool Bloemhof:

Shortcuts

Share

Category