29/11/2025
By Boekwurmstasie doen ons meer as net om kinders met lees te ondersteun. Hier werk ons aan elke kind se menswees, selfbeeld en selfvertroue sodat hulle onafhanklik kan d**k en ingeligte besluite kan maak. Sertifikate is gister oorhandig om hulle aan te moedig om beter te presteer en nooit moed te verloor nie. Baie dankie aan elke fasiliteerder, ouer, ouma en oupa wat die kinders so goed ondersteun. Saam kan ons meer doen. 🙏🏻 📚
16/12/2024
Baie dankie aan al ons leerders wat getrou hulle klasse bygewoon het in 2024. Dankie ouers vir julle opofferings, julle kinders sal die vrugte pluk. Ons sien uit na ‘n geseënde 2025.
Om te kan lees, is om nuwe wêrelde te ontdek. 📚 ❤️
19/08/2024
Kontak ons gerus vir meer besonderhede oor pryse. Baie dankie.
17/08/2024
Ontmoet ons voltydse tutor Richelle Pietersen! Richelle is passievol oor haar moedertaal en lees graag vir kinders stories voor. Sy wil kinders aanmoedig om lief te word vir boeke en lees sodat hulle kan leer.
Kontak ons gerus vir enige navrae by [email protected] of kontak Richelle by 066 048 5182
09/08/2024
Ontmoet ons leessentrum se Deeltydse Tutor, Chareldine van der Merwe. Chareldine het 'n passie vir stories, lees en kinders en is ook die bestuurder en eienaar van die leessentrum. Chareldine is voltyds in diens van die ATKV en werk as projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans.
By Boekwurmstasie wil ons kinders aanmoedig om lief te word vir lees en hopenlik sal hulle boekwurms word. Chareldine glo, dat baie kinders gehelp kan word en dat die leessentrum ook sal help om werk te skep vir mense in gemeenskappe.
Vir enige navrae stuur 'n e-pos na [email protected]
Gelukkige Vrouedag!