Departement Afrikaans en Nederlands - US

Departement Afrikaans en Nederlands - US LinkedIn: www.linkedin.com/company/universiteit-stellenbosch-departement-afrikaans-en-nederlands Hierdie leerstoel is deur prof. J.J. Prof. Pienaar (Sangiro), D.J.

Geskiedenis van die Departement Afrikaans en Nederlands

In wese is die totstandkoming van die Departement Afrikaans en Nederlands die gevolg van ’n mosie wat in 1918 deur studente van die Universiteit Stellenbosch ingedien is, waarin hulle “die Raad beleefdelik [vra] om ons wens tegemoet te kom en ons so spoedig moontlik aan ’n stoel in Afrikaans te help”. Hierdie mosie het aanleiding gegee tot die instelling van ’n leerstoel in Afrikaans met behulp van die Jan Marais-fonds in 1920. Smith, ’n bekende taalgeleerde en baanbreker op die gebied van die Afrikaanse taalkunde, gevul. Smith sou ook later die eerste redakteur van die Groot Afrikaanse Woordeboek (vandag Woordeboek van die Afrikaanse Taal) word. Toe die leerstoel in Afrikaans ingestel is, het die Universiteitsraad ’n spesiale komitee benoem om die verhouding tussen die leerstoele “in ’t Hollands en ’t Afrikaans” te omskryf. Die Raad het op aanbeveling van hierdie komitee besluit dat die twee leerstoele nie onafhanklik van mekaar sal staan nie, maar onderdele sal vorm van die Departement Nederlands en Afrikaans, soos dit sedert 1922 bekend gestaan het. Hierna was dit ook bekend as die Departement van Afrikaans-Nederlands en Departement Afrikaans en Nederlands, soos dit vandag steeds heet. Bekende dosente en oudstudente van die Departement Afrikaans en Nederlands sluit in Lydia van Niekerk (eerste vroulike professor aan die Universiteit Stellenbosch), A.A. Opperman, Ernst van Heerden, Uys Krige, Elize Botha (eerste vroulike kanselier van die Universiteit Stellenbosch), Peter Blum, Ina Rousseau, Ronnie Belcher, Alba Bouwer, Audrey Blignault, Etienne Leroux, Valiant Swart, F.F. Odendal, Lina Spies, P.C. Schoonees, D.B. Bosman, T.H. le Roux, J du P Scholtz, W. Kempen, ensovoorts.

05/10/2026

"Van Zyl slaag op indrukwekkende wyse daarin om tussen chronologies wyd uiteenlopende kontekste se Nederlands te navigeer en die 17de-eeuse taal so aan te bied dat dit ook in die Afrikaans ouwêrelds klink, terwyl die hedendaagse vertelteks deur die samestellers van die bronteks in ’n moderner idi...

05/10/2026

"Die gesprek met Mustafa Stitou het gewys waarom taal- en letterkundestudies uiteindelik oor veel meer as boeke en tekste gaan. Dit gaan oor mense. Oor waar ons vandaan kom, waar ons beland, watter tale ons praat, watter gelowe ons erf en verloor, watter familieverhale ons met ons saamdra en hoe ons...

Is jy gereed vir die Toyota Stellenbosch Woordfees ?Ons sien jou daar 🍂
28/09/2026

Is jy gereed vir die Toyota Stellenbosch Woordfees ?
Ons sien jou daar 🍂

22/09/2026

Baie geluk aan Willem Anker met vanjaar se ATKV-Prosaprys vir “Patmos”.

“Patmos” is oorspronklik in 2024 as ’n debuutdrama deur die KKNK aangebied, waarna dit verwerk is as prosa-publikasie, uitgegee deur Queillerie.

Die ontvangers van ATKV-Woordveertjies is op Vrydag 18 September bekendgemaak. “Patmos” word deur die beoordelaars beskryf as ’n “uitskieter-teks, werkstuk en kunswerk – ’n geslypte juweel van ’n teks” wat oor uitsonderlike, diep menslike karakters handel.

ATKV se Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met ’n veer in hul hoed weggestap.

📖 Lees meer op Netwerk24

📷 “Patmos” by KKNK 2024, geneem deur Hans van der Veen

Is jy op pad Nederland toe? Of stel jy dalk nog altyd daarin belang om Nederlands aan te leer? 🇳🇱Woon ons 10-weke-beginn...
18/09/2026

Is jy op pad Nederland toe? Of stel jy dalk nog altyd daarin belang om Nederlands aan te leer? 🇳🇱

Woon ons 10-weke-beginnerskortkursus by, spesifiek ontwerp vir Afrikaanssprekendes wat hulle Nederlands tot A2-vlak wil bevorder.

Datums: 5 Oktober - 14 Desember 2026
Formaat: Selfstudie/aanlyn
Vlak: A2

Besoek hierdie skakel of stuur vir ons 'n e-pos vir meer inligting:
https://bit.ly/NDLafr2026
[email protected]

Registrasies sluit 28 September.

18/09/2026
16/09/2026

Dit is die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap van die Universiteit van Suid-Afrika se plesier om belangstellendes na die eerste ATLV-kongres uit te nooi. Dié byeenkoms bou voort op die laaste konferensie van die Afrikaanse Letterkundevereniging, gehou in Bloemfontein in 2025. Tydens die laaste geleentheid is die ATLV in die lewe geroep met die doel om ’n verenigde Afrikaanse akademiese landskap te verken en te karteer. Kinese, die beweging of verandering van ’n organisme in reaksie op ’n bepaalde stimulus, vorm daarom ’n gepaste kongrestema.

Ons wag voorstelle in oor enige onderwerp binne Afrikaanse letterkunde, Afrikaanse taalkunde, Afrikaanse taalonderrig en enige aanverwante dissipline. Referate duur 20 minute met tien minute vraetyd. Paneelbesprekings duur 60 minute en sluit enige vraetyd in.

Die sperdatum vir die indiening van opsommings is 30 April 2027.

Klik hier om die volledige inligtingstuk in PDF af te laai:https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2026/09/ATLV-2027-oproep_W2.pdf

  vindt op 16 april 2027 plaats op de campus van de Radboud University  in Nijmegen. We zien graag je abstract voor een ...
16/09/2026

vindt op 16 april 2027 plaats op de campus van de Radboud University in Nijmegen. We zien graag je abstract voor een mondelinge presentatie of een bijdrage aan de postersessie tegemoet!

Bijdragen kunnen gaan over alle onderwerpen die met taalvariatieonderzoek te maken hebben: sociolinguïstiek, taalkundige antropologie, dialectologie, historische sociolinguïstiek, taalcontact, meertaligheid en de positie van thuistalen en minderheidstalen. Iedereen in Nederland, België of Luxemburg die onderzoek doet naar taalvariatie, of die bezig is met onderzoek naar de talen van de Lage Landen is van harte welkom.

We ontvangen je abstract graag via [email protected]. De deadline voor het indienen van abstracts is 1 december 2026.

Sociolinguistics Circle vindt op 16 april 2027 plaats op de campus van de Radboud Universiteit in Nijmegen. We zien graag je abstract voor een mondelinge presentatie of een bijdrage aan de posterse…

Address

Stellenbosch

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27218082158

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Departement Afrikaans en Nederlands - US posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Departement Afrikaans en Nederlands - US:

Shortcuts

Share