Laerskool Kruinpark Amptelik

Laerskool Kruinpark Amptelik Laerskool Kruinpark: waar potensiaal met passie ontwikkel word! As gevolg hiervan streef Laerskool Kruinpark na TOTALITEITSOPVOEDING.

Alhoewel Laerskool Kruinpark ‘n akademiese instansie is, glo ons dat ‘n laerskoolkind nog op soveel terreine ontwikkel en groei dat ons dit nie kan ignoreer nie. Totaliteitsopvoeding staan vir ons op vier bene:

Verstand: Gehalte onderrig is ons hoofdoel by die skool. Deur ‘n hoë akademiese standaard te behou, maak ons seker dat ons leerlinge voorberei word vir ‘n suksesvolle beroepslewe. Leerlinge van Laerskool Kruinpark word geleer om te streef na uitnemendheid deur altyd hul beste te gee en getrou hul werk te doen. Liggaam: ‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees, vandaar ons beleid om soveel moontlik leerlinge van ons skool te betrek by ‘n verskeidenheid sportsoorte. Ons skool bied die volgende sportsoorte aan: Atletiek, rugby, netbal, krieket, hokkie, landloop, tennis, golf en skaak. Gees: Vir die leerlinge van Laerskool Kruinpark word daar geleentheid gebied om hulleself uit te druk in die vorm van die kunste, asook die bewaring van die natuur. Die skool neem deel aan die tweejaarlikse Sasol Hoëveldrif Eisteddfod. Ons het ‘n juniorkoor en revuegroep, asook ‘n unieke kitaargroep. Die landsdiensklub voorsien aan die behoeftes van ons natuurliefhebbers. Siel: ‘n Mens se siel is dit wat jou norme, waardes en identiteit bepaal. Kruinpark sien die Anker raak wat hul leerlinge uit hulle godsdiens put, daarom ons Christenklub en Bybelonderrig. Laerskool Kruinpark is trots op ‘n hoë akademiese standaard. Ons oud leerlinge het geen probleem met die oorskakeling van laerskool na hoërskool nie. Hier word die grondslag gelê vir skitterende matriekuitslae! By Laerskool Kruinpark glo ons dat soveel moontlik kinders die geleentheid moet kry om hulleself in een of ander sport te ontwikkel. Vir ons is nie soseer prestasie nie, as ‘n gesonde liggaam die fokuspunt. Tog, met toegewyde afrigting en oefening, behaal ons prestasies waarop ons baie trots is.

Ons is trots om te kan sê dat DIGI MAG een van ons lojale borge vir 2026 is. 💙
14/09/2026

Ons is trots om te kan sê dat DIGI MAG een van ons lojale borge vir 2026 is. 💙

❤️💙 OM OM TE GEE, IS OM OM TE GEE VIR ’N ANDER. 💙❤️“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Markus 12:31 ✨Soms is dit d...
13/09/2026

❤️💙 OM OM TE GEE, IS OM OM TE GEE VIR ’N ANDER. 💙❤️

“Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”
Markus 12:31 ✨

Soms is dit die kleinste dade van vriendelikheid wat die grootste verskil maak. ’n Glimlag, ’n helpende hand, ’n bietjie tyd of net om vir iemand te wys: “Ek sien jou. Jy maak saak.” ❤️

Mag ons elke dag ’n bietjie meer omgee, ’n bietjie meer gee en ’n bietjie meer lig in iemand anders se wêreld bring. 🌟

Deel 2 🌸💃 KRUINPARK HOP DIE LENTE IN! 🕺🌸By Kruinpark is daar altyd tyd vir ’n bietjie PRET tussen Akademie, Sport en Kul...
12/09/2026

Deel 2 🌸💃 KRUINPARK HOP DIE LENTE IN! 🕺🌸

By Kruinpark is daar altyd tyd vir ’n bietjie PRET tussen Akademie, Sport en Kultuur! Ons Graad 5–7’s het beslis gewys hoe om dit reg te doen tydens ons heerlike Lente-“HOP”-aand!

Wat ’n aand vol kleur, musiek, lag, dans en onvergeetlike herinneringe! 🌸✨

Want by Kruinpark… leer ons hard, speel ons hard en maak ons herinneringe saam!

BAIE STERKTE, JUKSKEI KAMPIOENE!Baie sterkte aan ons Eerste Span seuns wat vandag aan die Noordvaal-Jukskei kampioenskap...
12/09/2026

BAIE STERKTE, JUKSKEI KAMPIOENE!

Baie sterkte aan ons Eerste Span seuns wat vandag aan die Noordvaal-Jukskei kampioenskappe deelneem!

Elke gooi. Elke punt. Elke oomblik.
Speel met hart, fokus en trots.

Ons glo in julle.
Ons staan agter julle.
Ons is trots op julle!

Gee julle alles en geniet elke oomblik!
Gaan wys hulle wat Kruinpark kan doen!

📊 Is Laerskool Kruinpark die regte keuse?Volgens wetenskaplike navorsing... BESLIS JA! 🔴🔵 Want by Laerskool Kruinpark gl...
11/09/2026

📊 Is Laerskool Kruinpark die regte keuse?

Volgens wetenskaplike navorsing... BESLIS JA! 🔴🔵

Want by Laerskool Kruinpark glo ons dat ’n kind se toekoms nie net gebou word op prestasie nie, maar ook op karakter, waardes en omgee.

Ons waardes vorm die boustene van ons skool:

* Deursettingsvermoë – om aan te hou, selfs wanneer dit moeilik raak.
* Respek – om ander raak te sien en met waardigheid te behandel.
* Integriteit – om die regte ding te doen, selfs wanneer niemand kyk nie.
* Vertroue – om veilig te voel, te behoort en in jouself te glo.
* Trots – om trots te wees op wie jy is en waar jy hoort.

Ons bou nie net leerders nie.
Ons bou jong mense met sterk waardes, sagte harte en die moed om ’n verskil te maak.

Want Kruinpark gee om.
Ons lei. Ons gee om. Ons los spore. Ons maak ’n verskil. 🌱

Laerskool Kruinpark – waar kinders nie net leer om te presteer nie, maar leer om te groei, te glo en ’n verskil te maak. 💙❤️

11/09/2026

👭💙 Vriendskappe wat ’n leeftyd hou… 💙👬

Die vriendskappe wat ons as kinders vorm, is van die mooiste geskenke wat ons uit ons skooljare saamneem. Van speelgrondpret en saam lag tot herinneringe wat jare later steeds ’n glimlag bring – hierdie is die mense wat ons kinderjare spesiaal maak.

By Kruinpark leer ons nie net nie; ons groei, lag en maak herinneringe saam. 💙

Mag elke Kruinparker ’n vriendskap vind wat lank ná die laaste skoolklok bly voortleef.

Want die beste herinneringe begin dikwels met: “Kom ons speel!” 🥰💙

🌸💃 KRUINPARK HOP DIE LENTE IN! 🕺🌸By Kruinpark is daar altyd tyd vir ’n bietjie PRET tussen Akademie, Sport en Kultuur! O...
11/09/2026

🌸💃 KRUINPARK HOP DIE LENTE IN! 🕺🌸

By Kruinpark is daar altyd tyd vir ’n bietjie PRET tussen Akademie, Sport en Kultuur! Ons Graad 5–7’s het beslis gewys hoe om dit reg te doen tydens ons heerlike Lente-“HOP”-aand!

Die eksamenstres is behoorlik weggedans op die dansvloer, met ons leerders in hul kleurvolle, vrolike uitrustings wat natuurlik ook ’n vinnige draai by die fotohoekie gemaak het om die herinneringe vir altyd vas te vang. 📸

Die Graad 7’s is gekroon as die wenners van die “Michael Jackson”-dansuitdaging, met die danspassies en gees wat hulle na die dansvloer gebring het! 🕺🏆

BAIE DANKIE aan ons Graad 7-ouers wat die saal so mooi opgehelder het en ’n fantastiese atmosfeer geskep het.

Dankie ook aan Graeme van Grimmies Music & Photography vir sy keurige musiekkeuses wat die dansvloer behoorlik aan die brand gehou het!

En natuurlik ’n spesiale dankie aan ons OOV-stalletjie vir die heerlike verversings wat die dansers se energie aan die gang gehou het. 🍿🥤

Wat ’n aand vol kleur, musiek, lag, dans en onvergeetlike herinneringe! 🌸✨

Want by Kruinpark… leer ons hard, speel ons hard en maak ons herinneringe saam!

❤️💙 SAAM BOU ONS AAN ’N WÊRELD WAAR ELKEEN ’N VERSKIL KAN MAAK 💙❤️Ons Kruinpark-leerderraadvoorsitters het hierdie week ...
11/09/2026

❤️💙 SAAM BOU ONS AAN ’N WÊRELD WAAR ELKEEN ’N VERSKIL KAN MAAK 💙❤️

Ons Kruinpark-leerderraadvoorsitters het hierdie week die besondere voorreg gehad om saam met Secunda Toyota & Hino die nie-bederfbare produkte wat tydens die Jail-a-Bail-projek ingesamel is, by verskeie kinderhuise af te lewer. ❤️

Wat ’n mooi herinnering dat ’n klein daad van omgee ’n groot verskil kan maak. ✨

By Kruinpark leer ons kinders dat ware leierskap beteken om ander raak te sien, ’n helpende hand uit te steek en jou lig met ander te deel.

Wanneer ons saamstaan, saamgee en saam omgee, kan ons ’n lig wees vir iemand wat dit nodig het. 🌟

🌿 KRUINPARK LANDSDIENS 🌿By Kruinpark Landsdiens leer ons kinders om met liefde te leef en met gewillige hande te dien.🙏 ...
11/09/2026

🌿 KRUINPARK LANDSDIENS 🌿

By Kruinpark Landsdiens leer ons kinders om met liefde te leef en met gewillige hande te dien.

🙏 Liefde vir God.
❤️ Omgee vir ander.
🌱 Respek vir God se skepping.
🤲 Liefde vir arbeid.
💪 Verantwoordelikheid en selfversorging.

Ons Kruinparkers leer om nie net te sien wat gedoen moet word nie, maar om te vra:
“Hoe kan ek help?”

📖 “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here.” – Kolossense 3:23.

Klein handjies + groot harte = ’n groot verskil! 🌿💙

Ons is trots om te kan sê dat Eastvaal Secunda Ford een van ons lojale borge vir 2026 is. 💙
11/09/2026

Ons is trots om te kan sê dat Eastvaal Secunda Ford een van ons lojale borge vir 2026 is. 💙

Address

Secunda

Opening Hours

Monday 07:30 - 13:30
Tuesday 07:30 - 13:30
Wednesday 07:30 - 13:30
Thursday 07:30 - 13:30
Friday 07:30 - 13:30

Telephone

+27176348242

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Kruinpark Amptelik posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Kruinpark Amptelik:

Shortcuts

Share