Babbels Kleuterskool Weltevredenpark

Babbels Kleuterskool Weltevredenpark

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Babbels Kleuterskool Weltevredenpark, School, 66 Wonderboom Avenue, Roodepoort.

Photos from Babbels Kleuterskool Weltevredenpark's post 29/05/2026

πŸ‘£πŸ©· SLIPPERDAG 2026 πŸ©·πŸ‘£

Ons het vandag heerlik saam Slipperdag gevier! πŸ₯°

Dankie aan al ons ouers en kinders wat deelgeneem en ondersteuning gewys het. Julle het beslis ekstra warmte en glimlaggies na ons skool gebring 🌸

Van sagte pantoffels tot die oulikste slippers β€” ons dag was gevul met pret, lag en gemak 😊

20/05/2026

Liewe Ouers 🌸

Ons vertrou dat almal tot dusver 'n wonderlike week het πŸ€—

*Vadersdag*
Ons is opgewonde om Vadersdag by Babbels te vier op Vrydag die 19de Junie πŸ”₯πŸ₯©
Ons wil graag al ons wonderlike pappas op pad werk toe bederf met wegneem -koffie, tee of heerlike warm sjokolade met malvalekkers β˜•πŸ˜‹β€οΈ

Moet asseblief nie vergeet om u geskenk vir Vadersdag te kom haal nie.

Die pappas kan ook deelneem aan ons prettige Vadersdag doolhofkompetisie vir 'n kans om 'n heerlike braai geskenkpak te wen πŸ₯©πŸ”₯

*Vorderingsverslae*
πŸ“– Vorderingsverslae sal ook uitgedeel word op Woensdag die 24st Junie van 07:00 tot 09:00.
Alle klasonderwysers sal beskikbaar wees om met rapporte te help, en ouers is welkom om 'n warm koppie koffie of tee te geniet terwyl hulle dit afhaal β˜•πŸ€—

Neem asseblief tyd om deur u kind se rapport te gaan en maak 'n afspraak met die onderwyser indien u enige vrae het.

*BELANGRIKE KENNISGEWING* πŸ“’
πŸŽ“ *Let asseblief daarop:* soos per ons jaarlikse kalender. Die skool sal Maandag die 15de Junie gesluit sal wees vir Jeugdag (Openbare Vakansiedag) wat op Dinsdag die 16de Junie 2026 is.

Ons vertrou dat hierdie spesiale dae gevul sal wees met baie liefde, vreugde en gelukkige herinneringe vir al ons Babbels gesinne 🫧

Vriendelike groete
Babbels-span 🫧

14/05/2026

Liewe Hemelse Vader πŸ™πŸ»

Op hierdie spesiale Hemelvaartdag kom ons met dankbare harte voor U. Dankie dat U U Seun, Jesus Christus, gestuur het wat opgestaan het uit die dood en in heerlikheid en oorwinning na die Hemel opgevaar het.

Here, ons bid oor ons skool, ons onderwysers, ons kinders, en elke ouer en familie wat deel is van ons skool. Mag U teenwoordigheid ons klaskamers vul met vrede, vriendelikheid, wysheid en vreugde. Lei ons maatjies terwyl hulle leer, groei en die pragtige doel ontdek wat U vir elkeen van hulle se lewens het.

SeΓ«n ons ouers met krag, geduld, liefde en bemoediging terwyl hulle hul gesinne lei. Mag elke huis gevul wees met U beskerming, genade en eenheid.

Jesus, net soos U opgevaar het na die Hemel, help ons om ons harte op U gefokus te hou en daagliks te wandel in geloof, hoop en liefde. Leer ons om omgee harte te hΓͺ, respekvol te wees en medelydend teenoor mekaar te wees.
Mag U hand vandag en altyd oor ons skool rus.

In Jesus se kosbare Naam bid ons, Amen πŸ€πŸ’™πŸ©΅

11/05/2026

Hemelse Vader,

Dankie vir U groot liefde en genade.
Ons dank U vir Jesus Christus, wat gesterf het, opgestaan het uit die dood, en opgevaar het na die Hemel.

Here Jesus, dankie dat U leef en regeer aan die regterhand van die Vader.
Dankie dat U ons nie alleen los nie, maar die Heilige Gees gestuur het om ons te lei, te troos en te versterk.

Help ons om elke dag met geloof te leef, en om te onthou dat U altyd by ons is.
Gee ons harte vol hoop, liefde en vrede.

SeΓ«n elke kind, ouer en gesin, en help ons om U lig te weerspieΓ«l in alles wat ons doen.

In Jesus se Naam bid ons.
Amen. ✝️

10/05/2026
10/05/2026

🌸*Gelukkige Moedersdag*🌸

Vandag vier ons al die ongelooflike mammas, oumas en moederfigure wat elke dag met liefde, geduld en opoffering gee.

Dankie vir elke drukkie, elke gebed, elke laatnag en elke klein dingetjie wat julle doen om julle gesinne en kinders veilig, geliefd en sterk te laat voel. πŸ’•

Mag julle vandag ekstra bederf word en onthou word vir hoe kosbaar julle is.

"*Sy is met krag en waardigheid beklee, en sy lag sonder vrees vir die toekoms.*
"Spreuke 31:25

Photos from Babbels Kleuterskool Weltevredenpark's post 08/05/2026

Liewe Ouers en Maats 😊🦏

Ons is so opgewonde om te deel dat Ronnie die Renoster se operasie ’n groot sukses was! πŸŽ‰β€οΈ
Die Blou en Rooi Klas maatjies is baie bly dat Ronnie nou mooi herstel en amper gereed is om huis toe te gaan. Hulle kan nie wag om hom huis toe te vat, saam met hom te kuier en vir hom baie liefde en vriendskap te gee nie 🏑✨
Baie dankie aan almal wat gehelp het om Ronnie se storie so spesiaal te maak. Ons sien uit na al die nuwe avonture wat nog voorlΓͺ! πŸ’™β€οΈ

Photos from Babbels Kleuterskool Weltevredenpark's post 08/05/2026

🌸 Moedersdag viering by Babbels Kleuterskool 🌸

Vandag was dit vir ons so spesiaal om ons wonderlike mammas te vier en ’n bietjie ekstra liefde en waardering te wys. Dankie aan elke mamma wat elke dag met soveel liefde, opoffering en toewyding vir julle kinders sorg. Julle rol in elke kind se lewe is onskatbaar. πŸ’•
Ons hoop julle het julle spesiale bederf geniet en ’n klein herinnering ontvang van hoe waardevol julle is.

"Haar kinders staan op en noem haar geseΓ«nd."
Spreuke 31:28

πŸ’ Baie dankie dat julle deel was van ons Moedersdag viering. Ons waardeer elkeen van julle! πŸ’

05/05/2026

Liewe Ouers 😊

Ons is so opgewonde om Moedersdag πŸ’ by Babbels op Vrydag, 8 Mei 2026, te vier! Ons wil graag al ons wonderlike mammas bederf op pad werk toe kom gerus in en kry ’n wegneem koffie, tee of warm sjokolade β˜•πŸ˜‹

Moenie vergeet om ook u spesiale Moedersdag-bederf te kry nie… u verdien dit! ❀️

Terwyl u hier is, neem ’n oomblik om aan ons prettige Moedersdag
woordsoektog te deel te neem om 'n kans te staan om vanjaar se Moedersdag
geskenkpakkie te wen πŸ₯³πŸ’

Ons sien uit na ’n dag gevul met liefde, glimlagte en ’n bietjie ekstra waardering vir al ons wonderlike Babbels mammas πŸ€—πŸŒΈ

Geniet ’n pragtige Moedersdag Sondag ❀️

Hartlike groete,
Babbels-span 🫧

05/05/2026

🌈✨ Klein Handjies, Groot Drome ✨🌈

Ag, vandag was sommer ’n héérlike dag by ons skool πŸ’›
Vol laggies, drukkies, maatjies maak en nuwe dinge ontdek!

Van eerste treΓ« tot die grootste glimlagte β€” elke dag bring sy eie klein bietjie opkikker ✨

πŸ‘ΆπŸ’« By ons gaan dit oor soveel meer as net speel…
Dis oor veilig voel, geliefd wees en elke oomblik net lekker kind kan wees.

πŸ“šπŸŽ¨ Ons harte is vol dat ons deel mag wees van elke klein mensie se grootwordstorie.

πŸ’¬ Vertel vir ons wat laat jou kind se ogies ophelder by die skool?

🌸✨

Want your school to be the top-listed School/college in Roodepoort?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Address


66 Wonderboom Avenue
Roodepoort
1709