Babbelbekkies Speelgroepie

Babbelbekkies Speelgroepie Ek is 'n gekwalifiseerde Grondslagfase Onderwyseres met 26 jaar fisiese ondervinding. My passie is kinders en dis vir my 'n roeping om met kinders te werk.

09/09/2026
Hier is 'n paar van ons maatjies besig om hulle Jellievisse te maak.  (Omdat ons nie almal op dieselfde dae kom nie, en ...
07/09/2026

Hier is 'n paar van ons maatjies besig om hulle Jellievisse te maak. (Omdat ons nie almal op dieselfde dae kom nie, en omdat ons somtyds liewer wil besig wees met iets anders, is almal nie op die foto nie. Almal se jellievisse is πŸ˜€)

Deur verskillende aktiwiteite elke dag leer ons nuwe vaardighede, uithouvermoe, saam speel, sosiaal wees, konsentreer en...
31/08/2026

Deur verskillende aktiwiteite elke dag leer ons nuwe vaardighede, uithouvermoe, saam speel, sosiaal wees, konsentreer en nog baie meer. Die Babbelbekkies werk soooo mooi saam

Wanneer die "manne" (volg blou pyltjie) saam teedrink 😁
24/08/2026

Wanneer die "manne" (volg blou pyltjie) saam teedrink 😁

Kyk net watter vordering ... in Januarie kon ons nie eers rye met een in kry nie ... nou sit almal terselfdertyd plat πŸ˜ƒ....
21/08/2026

Kyk net watter vordering ... in Januarie kon ons nie eers rye met een in kry nie ... nou sit almal terselfdertyd plat πŸ˜ƒ. Ons Babbelbekkies word groot! Dankie aan ons juffrouens wat hul met soveel liefde en geduld "leer"

Ons leer oor Lugvervoer en maak lugballonne.  Hier is van ons maatjies besig daarmee.  Ons word sommer baie slim!
20/08/2026

Ons leer oor Lugvervoer en maak lugballonne. Hier is van ons maatjies besig daarmee. Ons word sommer baie slim!

Hoede is op, krale is aan, foon en beursie in die hand ... ons gaan nou uit vir die dag ... lekker verbeelding speel πŸ˜ƒ
19/08/2026

Hoede is op, krale is aan, foon en beursie in die hand ... ons gaan nou uit vir die dag ... lekker verbeelding speel πŸ˜ƒ

VRAAG:  Julle ken jul kinders πŸ˜„ ... wie kruip hier weg?  Antwoord vanaand ... kom ons kyk of julle reg raai.ANTWOORD:  D...
17/08/2026

VRAAG: Julle ken jul kinders πŸ˜„ ... wie kruip hier weg? Antwoord vanaand ... kom ons kyk of julle reg raai.
ANTWOORD: Daar was 'n half dosyn van hulle wat weggekruip het πŸ˜‚

Ons kan baie met ons klein vingertjies doen, en ons vat die klein stukkies papier mooi en plak so mooi in die lyntjies ....
16/08/2026

Ons kan baie met ons klein vingertjies doen, en ons vat die klein stukkies papier mooi en plak so mooi in die lyntjies ... net partykeer as daar meer gom op die vingers as prentjie is, wil die vingertjies nie sommer die papiertjies los nie. Dit is ook vingeroefeninge 😁

Die groepie het reeds na die skoolvakansie begin en ek is bietjie laat met foto's (sal opvang oor die naweek).  Maar die...
14/08/2026

Die groepie het reeds na die skoolvakansie begin en ek is bietjie laat met foto's (sal opvang oor die naweek). Maar die een ding is verseker, ons hou daarvan om te speel ... ballonne is 'n bonus!

Address

Riviersonderend
7250

Opening Hours

Monday 09:00 - 12:00
Tuesday 09:00 - 12:00
Wednesday 09:00 - 12:00
Thursday 09:00 - 12:00
Friday 09:00 - 12:00

Telephone

+27723174794

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Babbelbekkies Speelgroepie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Babbelbekkies Speelgroepie:

Shortcuts

Share

Category