Voetspoortjies Speelskool

Voetspoortjies Speelskool Dagsorg en Speelskool in Riebeek-Wes waar kleuters vanaf 1jr en 5 maande tot 5 jariges ( Pre-Graad R) speel-speel leer.

Tye: 7h00 tot 17h00

Halfdag en Voldag opsies beskikbaar.

01/09/2026

๐Ÿฅฐ๐Ÿฅฐ๐Ÿฅฐ

๐ŸŒธ๐ŸŒท โ€™N LENTEDAG VOL LIEFDE, HERINNERINGE EN SOET OOMBLIKKE ๐ŸŒท๐ŸŒธVandag het Voetspoortjies Speelskool โ€™n baie spesiale tradis...
01/09/2026

๐ŸŒธ๐ŸŒท โ€™N LENTEDAG VOL LIEFDE, HERINNERINGE EN SOET OOMBLIKKE ๐ŸŒท๐ŸŒธ

Vandag het Voetspoortjies Speelskool โ€™n baie spesiale tradisie laat herleef. โค๏ธ

Soos in die ou dae, toe ons as Kinderbond op Lentedag die oumense besoek het, blomme geneem het en โ€™n bietjie liefde en vreugde gaan deel het, het Voetspoortjies vandag diรฉ pragtige tradisie hervat. ๐ŸŒธ๐Ÿ’

Ons maatjies het vandag die voorreg gehad om die inwoners van ACVV Bergsig te besoek. Ons het blomme oorhandig, gesing, gelag en sommer net kosbare tyd saam met ons ouer generasie spandeer. ๐Ÿฅนโค๏ธ

Dit was sรณ mooi om te sien hoe die klein handjies van ons maatjies groot glimlagte op die gesigte van die ouer mense kon bring. Want soms is dit die kleinste gebaar wat die grootste verskil maak. ๐ŸŒท

En natuurlik kon ons nie die perfekte Lentedag afsluit sonder โ€™n heerlike bederf nie! ๐Ÿ˜‹๐Ÿฅค
Ons het die dag afgesluit by Angieโ€™s, waar elke maatjie โ€™n heerlike milkshake geniet het. ๐Ÿ’•๐Ÿฆ

Vandag was meer as net โ€™n uitstappieโ€ฆ dit was โ€™n herinnering aan waar ons vandaan kom, โ€™n nuwe tradisie vir ons kinders en โ€™n dag vol liefde wat ons almal se harte warm gemaak het. ๐ŸŒธ

Dankie aan ACVV Bergsig en Angieโ€™s dat julle deel was van ons spesiale dag. โค๏ธ

๐ŸŒท Mag ons kinders leer dat ware geluk daarin lรช om liefde, tyd en vriendelikheid met ander te deel. ๐ŸŒท

Voetspoortjies Speelskool โ€” klein voetjies, groot harte. ๐Ÿ‘ฃโค๏ธ๐ŸŒธ

๐ŸŽ“โœจ A VERY SPECIAL CONGRATULATIONS! โœจ๐ŸŽ“Today we celebrate one of our very own, our amazing teacher, on the achievement of ...
26/08/2026

๐ŸŽ“โœจ A VERY SPECIAL CONGRATULATIONS! โœจ๐ŸŽ“

Today we celebrate one of our very own, our amazing teacher, on the achievement of her graduation! ๐Ÿฅณโค๏ธ

We are incredibly proud of you and all the hard work, dedication and sacrifices that brought you to this special day. Your achievement is a beautiful reminder that with determination and perseverance, dreams really do become a reality. ๐ŸŒธ

May this be the beginning of an exciting new chapter filled with many more opportunities, success and beautiful moments. We are so blessed to have you as part of our Voetspoortjies family. ๐ŸŒˆ๐Ÿ’•

Congratulations, Teacher! ๐ŸŽ“๐Ÿ‘ฉโ€๐ŸŽ“ We are SO proud of you! โค๏ธ

Van die mense wat net โ€œpasโ€ ๐Ÿ’›๐ŸŒฑOntmoet vir Juffrou Brigidne๐Ÿ’ซOns nuwe juffrou het onlangs by Voetspoortjies aangesluit en ...
14/08/2026

Van die mense wat net โ€œpasโ€ ๐Ÿ’›๐ŸŒฑ

Ontmoet vir Juffrou Brigidne๐Ÿ’ซ

Ons nuwe juffrou het onlangs by Voetspoortjies aangesluit en sommer van die begin af was dit duidelik: hierdie is waar sy hoort! ๐Ÿฅนโค๏ธ

Sy het onlangs met haar Vlak 4 VKO-kursus begin, en ons kon nie vir โ€™n beter begin by Voetspoortjies gevra het nie. Sy geniet die kinders opreg, is altyd gewillig om nuwe dinge te probeer en huiwer vir niks nie. Of dit nou speel, leer, verf, sing, buite wees of sommer net lekker saam laf wees is โ€” sy is in! ๐Ÿ˜„

Ons sรช gereeld: โ€œSy moes eintlik lankal by Voetspoortjies gewees het!โ€ ๐Ÿ˜‚ Want sy het daardie spesiale โ€œbouโ€ om met kinders te werk. Jy kan sien wanneer iemand nie net โ€™n werk doen nie, maar dit met haar hele hart doen. โค๏ธ

Ons is ongelooflik opgewonde om haar deel van die Voetspoortjies-familie te hรช en om haar te sien groei terwyl sy haar droom uitleef. ๐ŸŒธ

Welkom by die span, Juffrou! Ons is so bly jy het jou pad na Voetspoortjies gevind. Mag jou liefde vir kinders en jou passie vir VKO net elke dag groter word. ๐ŸŒˆ๐Ÿ‘ฃ

Hier begin mooi dingeโ€ฆ ๐Ÿ’›

14/08/2026

Beroepedag 2026 ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿš’๐Ÿ‘จโ€โš•๏ธ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿซ๐Ÿ‘ทโ€โ™€๏ธ๐Ÿ‘ฉโ€๐ŸŒพ

Wat โ€™n lekker Beroepedag het ons vandag gehad! ๐Ÿฅฐโœจ Ons klein mensies het sรณ oulik gelyk in hul verskillende beroepe โ€” โ€™n baie groot dankie aan al ons ouers vir die moeite, kreatiwiteit en tyd wat julle ingesit het. โค๏ธ Julle het hulle regtig laat skitter!

Die kindertjies en juffrouens het die dag behoorlik geniet met toneelspel, verbeelding en natuurlik hope pret! ๐ŸŽญ๐Ÿ˜‚

Maar toe eindig ons die dag op โ€™n heel ander nootโ€ฆ een van die juffrouens vat toe sommer โ€™n graaf en begin skoffel! ๐Ÿ˜‚๐Ÿ˜‚

Want by Voetspoortjies is ons mos nie net mooi op straat nieโ€ฆ ons kan met โ€™n graaf ook werk! ๐Ÿ’ช๐Ÿผ๐Ÿคฃ๐ŸŒฑ

โ€™n Vrou met die meeste beroepe โ€” en ek love elke liewe een van hulle! โค๏ธ
Juffrou, mamma, skoonmaker, kok, bestuurder, tuinier, probleemoplosserโ€ฆ noem dit, ons doen dit! ๐Ÿ˜‚

Dankie aan ons ouers dat julle saam met ons elke dag vir ons kleintjies spesiaal maak. ๐ŸŒธ
Tot volgende beroepโ€ฆ wie weet, dalk is dit volgende keer graaf-en-skop-dag! ๐Ÿ˜‚๐Ÿ‘ฉโ€๐ŸŒพโค๏ธ

Career day 2026๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿซ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿณ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿญ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿ”ฌ๐Ÿ‘ฉโ€๐ŸŽจ๐Ÿ‘จโ€โœˆ๏ธ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿš’๐Ÿ‘ท
14/08/2026

Career day 2026
๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿซ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿณ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿญ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿ”ฌ๐Ÿ‘ฉโ€๐ŸŽจ๐Ÿ‘จโ€โœˆ๏ธ๐Ÿ‘ฉโ€๐Ÿš’๐Ÿ‘ท

13/08/2026
๐ŸŒŸ Gesig van die Week ๐ŸŒŸHierdie oulike outjie is nog nuut by Voetspoortjies Speelskool, maar hy het sommer vinnig deel van...
19/06/2026

๐ŸŒŸ Gesig van die Week ๐ŸŒŸ

Hierdie oulike outjie is nog nuut by Voetspoortjies Speelskool, maar hy het sommer vinnig deel van ons Voetspoortjies-familie geword. ๐Ÿ’™

Hy het nog nie een traantjie gestort nie en het ongelooflik goed aangepas. Sy sosiale ontwikkeling is werklik iets uit die boeke โ€“ hy speel, deel en maak maklik maatjies. Ons is so trots op jou en sien uit daarna om jou verder te sien groei en ontwikkel.

Hou so aan, klein kampioen! ๐ŸŒˆโญ

๐ŸŒˆ Kleurvolle pret by Voetspoortjies Speelskool! ๐ŸŒˆOns 1โ€“2 jarige maatjies het hierdie week die tema Kleure verken deur ve...
05/06/2026

๐ŸŒˆ Kleurvolle pret by Voetspoortjies Speelskool! ๐ŸŒˆ

Ons 1โ€“2 jarige maatjies het hierdie week die tema Kleure verken deur verskeie prettige en leerzame aktiwiteite. Terwyl hulle gespeel en ontdek het, het hulle ook belangrike vaardighede ontwikkel, insluitend hand-oogkoรถrdinasie, fynmotoriese ontwikkeling en konsentrasie.

Dit is wonderlik om te sien hoe ons klein ontdekkers elke dag groei, leer en nuwe dinge baasraak! โค๏ธ

Ons 4โ€“5 jarige maatjies maak gereed om binnekort met hul assesserings te begin. ๐ŸŒŸHierdie week het ons op 'n speelse mani...
05/06/2026

Ons 4โ€“5 jarige maatjies maak gereed om binnekort met hul assesserings te begin. ๐ŸŒŸ

Hierdie week het ons op 'n speelse manier geleer en ontwikkel deur met klei te werk, legkaarte te bou, blokkies te stapel en baie ander prettige aktiwiteite te geniet. Elke speletjie help om belangrike vaardighede soos probleemoplossing, konsentrasie, kreatiwiteit en fyn motoriese ontwikkeling te versterk.

Ons is ongelooflik trots op elke maatjie se groei en sien uit daarna om hul vordering tydens die assesserings raak te sien. ๐Ÿ’›

By Voetspoortjies Speelskool glo ons dat die beste leer plaasvind wanneer kinders speel, ontdek en geniet! ๐ŸŽจ๐Ÿงฉ๐Ÿงฑ๐ŸŒŸ

Address

Riebeek-Wes

Opening Hours

Monday 07:00 - 15:00
Tuesday 07:00 - 15:00
Wednesday 07:00 - 15:00
Thursday 07:00 - 15:00
Friday 07:00 - 14:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Voetspoortjies Speelskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Voetspoortjies Speelskool:

Share

Category