04/05/2026
Haloooo daar almal na 3 maande se stilte. Verskoon my afwesigheid, maar ek het 'n intense familie krisis gehad met my moederliefde wat al my aandag en tyd nodig gehad het.
Dinge begin weer normaliseer en stabiliseer, wat beteken dat ek weer aandag kan gee aan Nature Kids en ons wonderlike natuur en wat ons daarby kan leer.
Ek het dit goed ged**k om die herfs en winter se koms te vier met 'n Winter pakket.
Wat behels die pakket?
- 8 Nature Kids lesse
- 2 Konos temas/lesse
- 8 Inkleurprente
- 10 gediggies en versies wat aanpas by die temas
Die koste?
Vir al die lesse en bederfies hierbo, is dit R350!
Nature Kids temas in die pakket:
- Hibernasie en Migrasie
- Beste ouers in die bos ( lekker tema wat aansluit by Moeders-en Vadersdag)
- Goeie higiëne in die bos ( om gesond te bly in die winter)
- Asemhaling en longe
- Kamoeflering
- Hoekom het ek 'n stert, naels, tande en horings?
- Hoe is diere aangepas om in hulle omgewing en habitat te oorleef?
- Troeteldiere.
Konos lesse in die pakket:
- Ordelikheid nav Kalenders en seisoene
- Rentmeesterskap nav die Aarde en Ekologie
Inkleurprente in die pakket
- Leeu, Olifant, Luiperd, Renoster, Mierleeu, Bergskilpad, Geelvink en Springbok
En dan nog 10 lekker Afrikaanse en Engelse versies om te leer.
'n Hele pakket wat julle besig sal hou en verryk vir die res van die kwartaal, en boonop nog leersaam en lekker ook.
Stuur gerus 'n epos na [email protected] as jy belangstel in hierdie pakket.
Alle lesse is op PDF.
Natuurgroete
Liza