21/09/2026
Baie geluk aan Nina van Wyk, Graad 12, wat tydens die Con Spirito Kunstefees se Nasionale Forte-finaal uitsonderlik presteer het!
Die Nasionale Forte-finaal het van 29 Augustus tot 8 September 2026 plaasgevind. Nadat Nina as streekswenner in 12 items aangewys is, het sy vir die nasionale finaal gekwalifiseer. Sy het aan die Redenaars-, Visuele Kuns-, Fotografie-, Drama- en Leesafdelings deelgeneem en ’n besonderse 7 A+++, 3 A++ en 2 A+ in die nasionale finaal behaal.
Nina se uitsonderlike prestasies is verder bekroon tydens Con Spirito se Prestige-prysuitdeling op Sondag, 13 September 2026, waar sy die volgende toekennings ontvang het:
🏆 Redenaars
Nasionale wenner: Afrikaanse voorbereide voorgeskrewe tema
🎨 Visuele Kuns
Nasionale wenner: Kleurpotloodafdeling
🎭 Drama en Lees
Nasionale wenner van 7 items
Wat ’n merkwaardige prestasie! Nina se veelsydigheid, talent, toewyding en harde werk is ’n besondere inspirasie.
Baie geluk, Nina! Ons is ongelooflik trots op jou! 💙🤍💛