Fransjohan Pretorius

Fransjohan Pretorius

Share

Prof. Fransjohan Pretorius is 'n kenner van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, met 'n fokus op die Anglo-Boereoorlog.

Fransjohan Pretorius is an expert on South African history, with a focus on the Anglo-Boer War.

16/02/2026

In die vyfde deel van ons reeks oor mites van die Anglo-Boereoorlog, takel prof. Fransjohan Pretorius een van die grootste wanopvattings in ons geskiedenis. Hoewel beide die Britse en Boeremagte aan die begin ooreengekom het om swart mense uit die stryd te hou, vertel die werklikheid op die grond ’n heel ander storie.

Vanaf die duisende agterryers aan Boerekant tot die meer as 30,000 gewapende swart soldate in die Britse leër teen die einde van die oorlog—die impak en lyding was universeel. Ontdek hoe hierdie stryd die hele Suid-Afrikaanse bevolking geraak het en hoekom dit lank geneem het voor hierdie feite hul plek in die geskiedenisboeke gevind het.

Kyk na die volledige video hier onder. 👇

08/02/2026

How do you think the war would have changed if Hamilton had captured De Wet in 1900?

Major General Sir Ian Hamilton was a rarity: a British officer who fought the Boers from start to finish. At Majuba in 1881, he warned his superiors three times of the Boer advance, only to be ignored and nearly lose his career to a shattered wrist.

He returned in 1899, leading with such bravery at Elandslaagte that he was recommended for the Victoria Cross. Though the War Office denied the medal—claiming he took too much personal risk—he went on to hold Ladysmith and clinch victory at Diamond Hill.

Yet, his legacy remains tied to the "one that got away," failing to block Olifant’s Nek and allowing Christiaan de Wet to escape the British noose.

27/12/2025

Wie het tydens ’n geveg glo geprewel: "Los jou ruiters, los jou ruiters", en wat was die omstandighede?

Die gebeurtenis: Die Slag van Nicholsonsnek (30 Oktober 1899).

Die situasie: Nadat genl. Christiaan de Wet die Britte op die nek tot oorgawe gedwing het, het die res van die Britse magte in wanorde teruggeval na Ladysmith.

Die kinkel: Hoewel Deneys Reitz dié bekende woorde in sy boek Commando (1929) aan De Wet toeskryf, verskyn dit nêrens in sy oorspronklike Nederlandse manuskrip van 1903 nie.

In hierdie video bespreek prof. Fransjohan Pretorius die gemiste geleentheid om Ladysmith vroeg in die oorlog in te neem en vra hy vrae oor die historiese akkuraatheid van hierdie bekende staaltjie.

Kyk die volle video hier 👇

Photos from Fransjohan Pretorius's post 23/10/2025

Op 11 Oktober 2025, 200 jaar en een dag ná die geboorte van Paul Kruger, het ek die voorreg
gehad om op sy plaas Boekenhoutfontein noord van Rustenburg die feesrede te hou. Dit was
’n byeenkoms van die eienaars van die plaas, die Forsyth-familie van Kedar Heritage Lodge,
wat op die plaas geleë is, en die FAK.

Was dit nou gesellig! Jan Bloem het sy selfvervaardigde replika van ’n kanon uit 1854 wat
deur die Vrystaatse Artilleriekorps gebruik is, met oorverdowende lawaai afgevuur.

In my toepraak op die voorstoep van die pragtig gerestoreerde optal uit 1873, het ek klem
gelê op die ervarings in Paul Kruger se lewe wat hom vasberade gemaak het om die
onafhanklikheid van die Zuid-Afrikaansche Republiek teen elke prys te verdedig. Ek het ook
gewys op die goeie verhouding wat hy met sy buurman, die Bafokeng-hoof, Mokgatle
Thethe, gehad het. Dit het die weg geopen vir die Hermannsburge Sendelinge om grond saam
met Mokgatle aan te koop en in trust te hou totdat swart mense grond kon besit – wat gelei
het tot groot welvaart vir die Bafokeng nadat ryk neerslae platinum op hul grond gevind is.

--

Foto 1: Die vooraansig van Paul Kruger se opstal op Boekenhoutfontein uit 1873

Foto 2: Hier is ek op die trappe van Boekenhoutfontein se opstal saam met mev. Adele en
me. Sarah Forsyth van Kedar Heritage Lodge

Foto 3: ’n Gewyde oomblik vir my: By die gedenkteken teen die koppie agter die opstal wat
die diep gelowige Paul Kruger se gebedeplek was

28/08/2025

📢 Opwindende nuus vir geskiedenisliefhebbers!

Terugblik én Terugblik 2 is NOU beskikbaar by Aristata boekwinkels.

Gebruik kode FP10 by die betaalpunt en kry 10% krediet vir jou volgende aankoop.

🔗 Skakel in die kommentaar hieronder...

27/08/2025

Do you know how many lives were lost in the Anglo-Boer War?

The numbers are staggering.

- Boer forces – 6,189 men (battle, illness, accidents, POWs)
- Boer women & children in camps – 27,927 deaths (22,074 children, 4,177 women, 1,676 men); some estimates up to 35,000
- British forces – 21,942 soldiers (7,792 in battle, 13,250 from disease, others accidents/POWs)
- Black South Africans – 14,154 deaths in black concentration camps (official records); historian Stowell Kessler suggests more than 25,000; unknown numbers of agterryers and labourers

Behind every statistic is a story of suffering, loss, and resilience. The war did not only scar a generation of fighters. It tore through families and communities, white and black, leaving grief that lasted for decades.

How do you think we should remember these losses today?

22/08/2025

MILITÊRE ATTACHÉS IN DIE ANGLO-BOEREOORLOG

Die Anglo-Boereoorlog is met belangstelling in militêre kringe in die buitewêreld gevolg.

Ten einde die militêre situasie in Suid-Afrika te ontleed en tot eie voordeel te benut, het verskeie neutrale regerings gevolglik met toestemming van die Britse en Boereregerings militêre attachés met pen in die hand hierheen gestuur. Hulle is verbied om by die onderskeie gevegsmagte se besluitneming betrokke te raak.

Ses militêre attachés het einde November 1899 in Kaapstad geland om die Britse magte te vergesel. Hulle was maj. A.G.L. d’Amade (Frankryk), maj. D.A. Gentilini (Italië), lt.kol. P.A. Stakhovitch (Rusland), en kapts. A. von Lüttwitz (Duitsland), S.L’H. Slocum (VSA) en R. Trimmel (Oostenryk). In Desember het hulle na die Natalse front vertrek, waar majs. A. Bey (Turkye), Don Estaban y Larzabal (Spanje) en H. Hiraoka (Japan) by hulle aangesluit het.

’n Paar militêre attachés het die Boeremagte vergesel. Hier het hulle meer vryheid van beweging geniet as hul kollegas by die Britte, en selfs krygsrade bygewoon. Lt.kol. V.J. Romeko-Gurko van Rusland het die hoogste rang onder hulle beklee.

Kapt. M.G. Demange en lt. R. Raoul-Duval het Frankryk verteenwoordig, kapt. Carl Reichmann die VSA, kapt. J. Allum Noorweë, kapt. J.H. Ram en lt. L.W.J.K. Thomson die Koninklike Nederlandse leër, en lte. C.J. Asselbergs en M.J. Nix die Koninklike Nederlands-Indiese leër.
Opvallend was daar dus vier Nederlanders by die Boere, maar geen Nederlander by die Britse magte nie. Praat van ’n pro-Boer-onderrok wat uithang!

Soos die Britse bevelvoerder, lord Roberts, het die militêre attachés gereken dat die Britse besetting van Pretoria op 5 Junie 1900 die einde van die oorlog beteken het, en dat slegs ’n paar opruimingsaksies nodig was.

Die militêre attachés by die Boeremagte het gevolglik die Boere ná die Slag van Bergendal (21-27 Augustus 1900) verlaat. Dis jammer, want hul verslae sou waardevolle inligting oor die Boere-optrede in die guerrillafase – die laaste twee jaar van die oorlog – verskaf het.

Één attaché het nie teruggekeer nie – lt. Nix, wat op 31 Maart 1900 dodelik in die rug by die Slag van Sannaspos gewond is en in Bloemfontein gesterf het.

Die navorser kan heelwat put uit die verslae van die militêre attachés by die Boeremagte.
Sonder uitsondering is die burgers se gebrek aan militêre dissipline vir hulle verbysterend. Ram het aangedui dat ’n gesagsbegrip glad nie of byna glad nie bestaan het nie. Dissipline, soos dit in die Europese leërs bekend was, het ontbreek. Reichmann het geskryf dat die wette om dissipline af te dwing, wel bestaan het, maar dat dit nie van die begin af, toe dit nog goed gegaan het, toegepas is nie, en dat daar nie gewaag kon word om hierdie beleid te verander toe die oorlogsgety gekeer het nie. Hy het bygevoeg: “Having complied with the law calling him into the field, [the burgher] yielded cooperation, not obedience.”

Ander nuttige aspekte waarna die militêre attachés gekyk het, was byvoorbeeld die Boere se gewere, laers, en hul godsdiens. Reichmann het ietwat oordrewe verklaar dat “a deep, sincere religious sentiment permeated the whole nation.”

Sommige van die verslae is gepubliseer – uiters leesbare stof!

---

Foto: Buitelandse militêre attachés by die Britse magte, afgeneem voor Edward Bourke se huis in Jacob Maréstraat, Pretoria (Foto in besit van dr. Erwin Schmidl)

19/08/2025

Watter drie dorpe is deur die Boere in die eerste fase van die Anglo-Boereoorlog beleër en watter een het die langste uitgehou?

📍 Kimberley – 122 dae
📍 Ladysmith – 118 dae
📍 Mafeking – 216 dae (die langste beleg van die oorlog)

In hierdie video verduidelik prof. Fransjohan Pretorius meer oor die Boere se beleëringstaktiek en hoekom dit uiteindelik nie baie suksesvol was nie teen die magtigste leër van daardie tyd.

Kyk die volle video hier 👇

Photos from Fransjohan Pretorius's post 14/08/2025

ROEKELOSE BEVEL TYDENS DIE ANGLO-BOEREOORLOG

Kom ons kyk na twee insidente in die Anglo-Boereoorlog waartydens ’n Britse en ’n Boere-offisier hul lewe verloor het weens roekelose opdragte deur hul bevelvoerders. Die twee dapper (en dalk ook roekelose) offisiere het die opdragte as ’n uitdaging aanvaar – en dit het tot hul roemryke dood gelei.

Ons praat hier van kol. O.C. Hannay by die Slag van Paardeberg op 18 Februarie 1900, en veggenl. Ferdinandus Potgieter by die Slag van Roodewal op 11 April 1902.

Ná die Britse besetting van Kimberley op 15 Februarie 1900, het lord Kitchener met 45 000 man sowat 4 200 terugvallende Boere en hul 600 waens onder genl. Piet Cronjé twee dae later by Paardeberg op die oewer van die Modderrivier ingehaal.

Op 18 Februarie het die Britte aangeval. Nieteenstaande hul vernederende terugval tot hier, het die Boere hewige weerstand gebied.

Kitchener het Hannay, bevelvoerder van die 1st Mounted Infantry Brigade, beveel om die Boerelaer van die oostekant aan te val. Sowat 450 m van die Boerestellings af het Hannay ’n nota aan Kitchener gestuur dat hy nie verder kon vorder nie.

Kitchener het Hannay eenvoudig beveel: “The laager must be rushed at all costs ... Gallop up if necessary and fire into the laager.”

En dit is wat ’n verbete Hannay gedoen het. Met die woorde: “We are going to charge the laager, follow me”, het hy met 50 man op sy hakke op ’n jaaggallop op die Boerelaer afgepyl. 220 m van die Boere is sy perd onder hom neergeskiet. Te voet het hy verder gestorm, en 180 m van die Boere die doodskoot gekry. Van sy makkers is gedood, die meeste is gewond.

En Kitchener? Al wat hy geskryf het, was: “Colonel Hannay nobly sacrificed his life in a futile dash on the laager.”

Met die Boereleiers by Klerksdorp vir vredesamesprekings, het genl. Jan Kemp op roekelose wyse besluit om die Britse mag van 11 000 man by Roodewal aan te val. Het sy aanval te perd geslaag, soos dié van genl. De la Rey by Tweebosch, was hy ’n held. Maar in die nag het die vyand van posisie verander, en die Boere het hulle in ’n vernietigende vuur vasgeloop, of liewer vasgery, met genl. Ferdinandus Potgieter vooraan.

Só het ’n Britse bron dit beskryf: “Potgieter leading a line of [800] Boers – the pick of the back-veld – at a steady canter, over ground that could not give cover to a mouse; straight at a mass column of 1 500 British bayonets and another support column. Every rifle, pom-pom and field gun is firing for dear life. The charge of the Light Brigade at Balaclava was a child’s play to this. Miraculously – incredibly – on and on they came until Potgieter falls with a bullet through his brain only seventy yards from the centre of the Scottish Horse. When we buried these heroes we did so as reverently as if they had been comrades.”

En Kemp? Hy blameer bloot sy verkenners dat hulle die vyand se posisies verkeerd gerapporteer het, en: “Onder die gesneuweldes was my dapper en onverskrokke kmdt. Potgieter van Wolmaransstad.”

Prof. Andries Raath is waarskynlik korrek deur te aanvaar dat Siener van Rensburg Kemp gewaarsku het om nie met die aanval voort te gaan nie omdat dit strydig met De la Rey se opdragte was.

---

Foto 1: Die skrywer, Fransjohan Pretorius, by die graf van kol. O.C. Hannay op die plek by Paardeberg waar hy gesneuwel het. Die Boerelaer was tussen die graf en die bome in die agtergrond (Marc Degenaar)

EN:

Foto 2: Die lyk van genl. Ferdinandus Potgieter op die slagveld van Roodewal, met sy dooie perd ’n entjie van hom af (A.W.G. Raath, De la Rey: ’n Stryd vir vryheid)

12/08/2025

After the Transvaalers’ retreat to the Eastern Transvaal in June 1900, bread disappeared from the menu. Field bakeries couldn’t keep up in the fast-moving guerrilla war, but mealies were everywhere. Sometimes hidden in ox hides. Sometimes in the branches of trees. Always ready to be boiled, roasted, ground into porridge, or turned into “mealie coffee.”

Roland Schikkerling called them the Boers’ “staple, meat and drink” and swore that without them, the commandos could not have stayed in the field for 10 more days. Reverend Jimmy Louw counted 26 uses, from food and fuel to soap-making and even hiding from the British.

State Secretary F.W. Reitz even put their value into verse:
“The mealie plant has by God’s hand
been given to us Transvaalers
that man and beast can live and feast.”

What’s the most surprising use of a mealie you’ve heard of?

08/08/2025

Praat met ons / Get in touch!

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Telephone

Website

Address

Pretoria