Kieswetter Klaskamer

Kieswetter Klaskamer Hierdie is die tuisonderrig blad van Janet Kieswetter en kroos. Ons nooi jou uit om ons prettige leer avontuur te volg.

As jou News Feed vol Matriekafskeide is soos myne, en jy wonder, gaan my tuisskool kind ooit Matriek dans toe? Moenie be...
26/09/2026

As jou News Feed vol Matriekafskeide is soos myne, en jy wonder, gaan my tuisskool kind ooit Matriek dans toe? Moenie bekommer nie, tuisskolers hou ook Matriekafskeid!

Een is in Pretoria en ander een naby Bethlehem. Dis net twee waarvan ek weet, maar daar is nog, daarvan is ek seker!

"Speel met ons Mamma!"Hoeveel keer hoor mammas dit per dag? Of "Speel met my?" Jy dog dat as jou enkelkind 'n boetie of ...
23/09/2026

"Speel met ons Mamma!"

Hoeveel keer hoor mammas dit per dag? Of "Speel met my?" Jy dog dat as jou enkelkind 'n boetie of sussie kry, sal hulle jou ophou smeek om saam te speel. Toe nie! Nou is daar meer as een kind wat wil hê jy moet saam speel.

My plan was om my boek te lees en kyk hoe speel hulle. Ek geniet my nuwe boek en wonder wat gaan gebeur. Maar ek los toe my boek vir later en tel die pickel bal rakket op.

Hulle slaan natuurlik orals behalwe na my. 😂 Die voordeel is dat ek nie gou moeg word nie. Ek staan stil terwyl hulle bal gaan haal. Dis darem nie 'n vreeslike intense game nie.

Binnekort hoor ek hoe raas hulle met mekaar. "Nie so nie! Jy slaan die bal te hard!" "C'mon, jou bal gaan heeltyd teen nie net!"
So ek sê vir hulle dat wanneer mens 'n slanmaat het, moet jy mooi praat met hulle en hulle eerder bemoedig as slegsê. En dan geniet almal dit meer.

So ek dien vir hulle en hulle kry dit een keer terug. Ek gee komplimente vir als. Vir die harde houe al is hulle verkeerde rigting. Vir nie goei raakskoot wat die net tref. Hulle volg my voorbeeld en sê mooi goed vir mekaar. Hulle kry ook bietjie meer reg!

En soos ek vir hulle kyk, besef ek dat hulle net vir 'n kort rukkie nog hierdie ouderdom en size gaan wees. Hierdie foto is reeds 'n memory! Ek sal boeke kan lees tot in my oudag. Maar om oorkant die kleintjies van my te staan en wag vir b***e, is net nou. Net vandag.

Solank hulle my vra om te speel, moet ek maar die oomblikke gryp. Hulle vra want hulle weet dat daar 'n goeie kans is, dat ek sal ja sê.

Waar of Onwaar?Die wurms met swart ringe is die mannetjies. Die wurms met geen ringe nie, net plein grys, is die wyfies....
23/09/2026

Waar of Onwaar?
Die wurms met swart ringe is die mannetjies. Die wurms met geen ringe nie, net plein grys, is die wyfies.

🐛Dis Sywurm Seisoen!🐛

Die stelling bo is ONWAAR!
Daar is albei wyfies en mannetjies in altwee SOORTE sywurms.

Zebra/Tier Sywurms is die met duidelike swart kringe.
Verleidster Sywurm is die plein gryses.
Hulle is geneties verskillend.

So hoe kan jy mannetjies en wyfies uitmekaar ken? Die wyfies is vetter en groei langer as die mannetjies. Dis al verskil.

Lekker moerbeibome soek en blare pluk elke tweede dag! Dis wat hier tydens ons vakansie gaan gebeur. 😄

22/09/2026

Video van Maart 2022. Hoe leer jy jou lyfies r sê?

My identiese tweeling het JARE uitmekaar dit reggekry. Wys net weer hoe verskil elke kind.

As jou kindjie nog nie 'n vaardigheid bemeester het nie, moenie stres nie, gee kans. Elke blom, blom op sy tyd.

🌸🌸🌸

Wow! Such a fun assignment! The tutors at Saintsburg really look for interesting ways for the students to practise conce...
22/09/2026

Wow! Such a fun assignment! The tutors at Saintsburg really look for interesting ways for the students to practise concepts! So glad my daughter attends this edu-village! 🤩

Update oor my oudste, Janéy. Sy het vanaf Graad R tot Matriek getuisskool. Die eklektiese metode. Sy het lank gesukkel m...
21/09/2026

Update oor my oudste, Janéy.

Sy het vanaf Graad R tot Matriek getuisskool. Die eklektiese metode. Sy het lank gesukkel met lees. So ek het haar eers prakties en prettig laat leer. Baie projekte en lapbooks. Eenheidstudies oor Antieke Egipte, die Middeleue, die Romeine, kastele, seerowers en nog meer! Ek het vir haar stories gelees en ons het oor bekende skrywers geleer en hulle verjaarsdae gevier. Sy hoef nie baie te gelees het nie. Maar sy het steeds geleer. Sy het geniet om stories te tik! Sy het hier en daar 'n boek probeer lees vir my, maar baie gesukkel.

En toe op 13, begin sy 'graphic novels' lees. (Strokiesprent boeke) en sy verbeter! En pappa koop vir haar 'n reeks oor perde en sy geniet dit vreeslik. En sy word 'n boekwurm wie se gunsteling plek 'n boekwinkel is! 'n Liefde vir lees omdat sy nie gedruk was om te lees op 'n sekere ouderdom nie.

Wiskunde was ook 'n groot uitdaging. Sy kon nie tyd verstaan nie. Maak nie saak hoe prakties en oulik het ek dit gemaak nie. Maaltafels het ook nie geplak nie. Toe sy graad 6 was, doen ons Maths Gaps, wat wiskunde dek van graad 4-6. Toe sy Graad 7 was, het ek Osborn boeke gekoop wat breuke en persentasie werk dek van graad 4 tot 6. So dit begin maklik en verduidelik die konsep en gee al hoe moeiliker oefeninge. Dit lyk of sy dit beter verstaan. Graad 8 en 9 probeer ons Maths ietise en ons sukkel daarmee. Nie vir haar gewerk nie. Ek sien toe dat sy nie met gewone wiskunde kan voortgaan nie. Ons verander na Maths Literacy en dit werk! Vir graad 10, 11 en 12. Sy hou nie daarvan nie, maar sy kry dit reg. Sy werk hard en doen nie te sleg nie. Ons noem haar Maths Literacy boek 'GRIT' want ek sê sy leer om uit te hou en deur te druk.

Janéy doen die American High School Diploma wat steeds eklekties is. Daar is vereistes maar grootendeel, kan sy haar vakke kies. Ons kies watse handboeke en aanlynkursusse sy doen. Sy kies baie van haar belangstellings en doen ook die President's Award wat gemeenskapsdiens insluit. Sy het stokperdjies en geniet boogskiet en dan beridde boogskiet (mounted archery).

Sy maak laas jaar klaar met skool sonder om een keer 'n eksamen te geskryf het! Yip! Asseserings was op ander maniere gedoen. Toetse en module vraelyste, take en opstelle. Baie punte was ingesamel sonder om formeel te sit en eksamen skryf. Ons stuur haar American High School Diploma na SAQA toe en hulle bevestig dat sy Matriek het, NQF 4. Dis dan sonder universiteit vrystelling. (Daarvoor kan tieners die SAT eksamens skryf wat Engels en Wiskunde insluit.)

Janéy is nou 'n eerstejaarstudent by SACAP. (South African College of Applied Psychology.) Sy studeer die Higher Certificate in Business Management. Sy geniet dit baie! Sy werk baie hard. En sy kry wonderlike punte!

Met haar toestemming, deel ek wat haar een lektor se terugvoer was met 'n onlangse groot taak:

Total Mark - 85 out of 100

"Hi Janey! You have submitted an absolutely brilliant strategic analysis for EcoFit. Your financial projection calculating the 130435 units needed under a value based pricing model was exceptional and showed fantastic critical thinking. Your creative promotional ideas like the solar powered billboard really brought your strategy to life beautifully. Just ensure you elaborate slightly more on potential distribution conflict resolution in future projects. I am incredibly proud of your work."

🤩🤩🤩

Super trots op haar!

15/09/2026

Ons lei ons kinders om te rus.

Mense vra my soms: moet ons nou ons kinders uit die skool uithaal of wag tot die einde van die jaar? Wel, laat jou kind ...
15/09/2026

Mense vra my soms: moet ons nou ons kinders uit die skool uithaal of wag tot die einde van die jaar? Wel, laat jou kind hierdie vorm invul. Ek dink die antwoord sal dan duidelik wees.

Laat jou kind hierdie vir jou invul om te kyk of daar nie iets uitspring waarvan jy as ouer moet weet nie.

14/09/2026

Lekker Wiskunde Idee

Verplaas syfers met lekkers! Maak leer lekker!

Address

561 Waterlake Farm
Pretoria
0181

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Kieswetter Klaskamer posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category