Laerskool Tygerpoort

Laerskool Tygerpoort Laerskool Tygerpoort

πŠπ”π‹π“π”π”π‘Oppie Tong Af Redenaars Nasionale FinaalBaie geluk aan die volgende sprekers wat deurgedring het na die Nasionale...
23/09/2026

πŠπ”π‹π“π”π”π‘

Oppie Tong Af Redenaars Nasionale Finaal

Baie geluk aan die volgende sprekers wat deurgedring het na die Nasionale Finaal van Oppie Tong Af Redenaars wat op 8 – 10 Oktober sal plaasvind:

Individuele redenaars:
Christiaan Hechter en Helgard Raubenheimer (gr. 1); Laroche Jacobs (gr. 2); AnΓ© Hechter (gr. 3); Sebastian Bornman (Afr + Eng); ChianΓ© Bloomberg; Eric Smit en David Hechter (gr. 5).

Spanredenaars:
Graad 1: Christiaan Hechter; Helgard Raubenheimer; Heinrich Heyl; MichΓ© Brink
Graad 5: David Hechter; ChianΓ© BloPlessisomberg; Zihan Wepener; Sophia Wielsma
Graad 6: DaniΓ«l Groenewald; Bella Joubert; Luca Pretorius; Dinieke du Plessis

π’ππŽπ‘π“BESONDERE HOKKIEPRESTASIE VIR ONS o. 13A-SEUNS! πŸ†πŸ‘Ons wil graag ’n baie spesiale gelukwensing rig aan ons o. 13A-se...
22/09/2026

π’ππŽπ‘π“

BESONDERE HOKKIEPRESTASIE VIR ONS o. 13A-SEUNS! πŸ†πŸ‘

Ons wil graag ’n baie spesiale gelukwensing rig aan ons o. 13A-seuns, wat hierdie jaar ’n ongelooflike prestasie behaal. Hulle was onoorwonne tydens die seisoen!

Die seuns het die Tshwane-liga gewen en stap ook weg met die gesogte Tshwane/Northerns-beker nadat hulle ’n uitstekende en opwindende wedstryd in die finaal gespeel het. πŸ†πŸ₯‡

Wat ’n besondere jaar vir hierdie span! Ons is ongelooflik trots op elke speler en afrigter wat deel is van hierdie sukses. Julle harde werk, toewyding, spanwerk en deursettingsvermoΓ« het beslis vrugte afgewerp.

Nou wag die volgende uitdaging!

Die o. 13A-seuns neem vanaf 23–24 September aan die Champs of Champs deel.

Baie sterkte aan elke seun!

Geniet elke oomblik, speel met trots en passie, en maak herinneringe wat julle nog lank sal koester.

Ons is ongelooflik trots op julle! πŸ†πŸ‘

22/09/2026

πŠπ€π’πŠπ€π‘ πŸπŸŽπŸπŸ”

Baie geluk aan al die wenners!

Dankie vir elkeen se bydrae tot hierdie groot fondsinsameling-aksie!

Mag julle aanhou die wΓͺreld-waarhede verken!

π€πŠπ€πƒπ„πŒπˆπ„Storiedag: Maandag, 21 September het die Graad 1-juffrouens 'n storie vir die Gr R-maatjies gaan lees. Die stori...
22/09/2026

π€πŠπ€πƒπ„πŒπˆπ„

Storiedag: Maandag, 21 September het die Graad 1-juffrouens 'n storie vir die Gr R-maatjies gaan lees. Die storie gaan oor die β€œGrootskool”. Die Gr R-maats weet dat Graad 1 volgende jaar 'n fees gaan wees!

β€˜π§ π“π²π π’πž 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫!Gelukkige verjaarsdag! Onthou dat die Here jou lewe vashou. β€œOns lewe, diΓ© hou Hy in stand, ons voete l...
22/09/2026

β€˜π§ π“π²π π’πž 𝐯𝐞𝐫𝐣𝐚𝐚𝐫!

Gelukkige verjaarsdag! Onthou dat die Here jou lewe vashou.
β€œOns lewe, diΓ© hou Hy in stand, ons voete laat Hy nie struikel nie.”
Psalm 66:9

π€π‹π†π„πŒπ„π„πDie afgelope Vrydag se Kaskar was ’n wonderlike dag vol opwinding, kleur en vrolike gees! Elke graad het behoorl...
21/09/2026

π€π‹π†π„πŒπ„π„π

Die afgelope Vrydag se Kaskar was ’n wonderlike dag vol opwinding, kleur en vrolike gees! Elke graad het behoorlik uitgeblink met kleurvolle en kreatiewe kostuums wat die dag nog meer besonders gemaak het. Ons Tygies het heerlik gekaskar, hul beste gegee en mekaar met groot entoesiasme die stryd aangesΓͺ. Die lag, geesdrif en spanwerk het gesorg vir ’n onvergeetlike dag wat beslis nog lank in almal se geheue sal bly!

π’ππŽπ‘π“UITSTEKENDE RESULTATE VIR TYGERPOORT-HOKKIE! Van 14 tot 17 September het ons o.10A- tot o.13A-seuns en -dogters aan...
21/09/2026

π’ππŽπ‘π“

UITSTEKENDE RESULTATE VIR TYGERPOORT-HOKKIE!

Van 14 tot 17 September het ons o.10A- tot o.13A-seuns en -dogters aan die Hokkie-uitspele deelgeneem.

Ons spanne het besondere resultate behaal en ons kan trots wees op elke speler, afrigter en span wat Tygerpoort se naam verteenwoordig het!

RESULTATE

DOGTERS
πŸ₯ˆ o.10A-dogters – 2de plek
πŸ† o.11A-dogters – WENNERS
πŸ† o.12A-dogters – WENNERS
πŸ₯‰ o.13A-dogters – 3de plek

SEUNS
πŸ₯‰ o.10A-seuns – 3de plek
πŸ† o.11A-seuns – WENNERS
πŸ₯ˆ o.12A-seuns – 2de plek
πŸ† o.13A-seuns – WENNERS

’n Groot gelukwensing aan elke leerder en afrigter met hierdie ongelooflike prestasies!

Baie dankie aan al ons leerders vir ’n puik Tygerpoort-hokkieseisoen. Julle harde werk, toewyding, spanwerk en trots het deur die hele seisoen uitgestaan.

Ons is ongelooflik trots op julle! πŸ‘

π’ππŽπ‘π“Baie geluk aan die volgende sagtebalspanne met hulle wonderlike seisoen en uitstekende prestasies by die uitspele. ...
21/09/2026

π’ππŽπ‘π“

Baie geluk aan die volgende sagtebalspanne met hulle wonderlike seisoen en uitstekende prestasies by die uitspele.

o. 12-span: Onoorwonne tydens die seisoen en behaal 'n 1ste plek in Tshwane!

o. 10-span: Behaal 'n 2de plek in Tshwane!

o. 11-span: Behaal 'n 3de plek in Tshwane!

Ons is baie trots op hierdie spelers, afrigters en tellinghouers vir β€˜n wonderlike seisoen!

Boomplantdag by Die Tygies! Ons het ’n nuwe lid van die Tygie-familie geplant: ’n karobboom (Ceratonia siliqua).Hierdie ...
18/09/2026

Boomplantdag by Die Tygies!

Ons het ’n nuwe lid van die Tygie-familie geplant: ’n karobboom (Ceratonia siliqua).

Hierdie boompie is dalk nog klein, maar hy dra ’n groot belofte. Hy sal stadig groei, sterk word en hopelik nog baie jare lank deel wees van ons skool se storie.

’n Boom plant jy nie net vir vandag nie…jy plant hom vir die kinders wat mΓ΄re hier sal wees.

Groei groot, Tygie-boom!

Address

Henrylaan 41
Pretoria
0084

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Laerskool Tygerpoort posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Laerskool Tygerpoort:

Shortcuts

Share

Category