24/06/2026
Jukskei Ontwikkelingskliniek by PNHS
Wil jy jou jukskeivaardighede verbeter, nuwe tegnieke aanleer en sommer lekker saam kuier? Dan is hierdie geleentheid vir jou!
- Saterdag, 27 Junie 2026
- PNHS Jukskeibane
- 10H00 tot 14H00
- Koeldrank en Middagete sal voorsien word
- Geen kostes
Almal is welkom! Hoe meer, hoe beter!
Ons is bevoorreg om Nico en Elsje Hand as aanbieders te hê. Hulle beskik oor jare se ervaring en is bekende name in die junior jukskeigemeenskap. Hierdie kliniek bied 'n uitstekende geleentheid vir ons spelers om waardevolle kennis en vaardighede by twee ware kenners van die sport op te doen.
Kom leer, groei en geniet 'n oggend vol jukskei saam met ons!
Ons sien uit daarna om julle daar te sien!
Indien u kind belangstelstel en u nog nie op die groep is nie asb volg die skakel om deel te wees van die whatsapp groep:
https://chat.whatsapp.com/CWSn2Yejuc02FGHYQhMC50
24/06/2026
PNHS Alumni - Ons is op soek na jou!
Was jy eens 'n trotse leerder van Hoërskool Pretoria-Noord? Dan wil ons graag weer met jou kontak maak!
PNHS is besig om ons Alumni-netwerk uit te brei en te versterk. Ons wil graag ons oudleerders, oudpersoneel, voormalige sportlui, kultuursterre en almal wat deel was van die PNHS-familie, weer bymekaar bring.
Deur hierdie vorm in te vul, help jy ons om:
• Alumni op hoogte te hou van skoolnuus en geleenthede.
• Oudleerders uit te nooi na sport-, kultuur- en sosiale funksies.
• Suksesverhale van ons alumni te deel.
• Die trotse geskiedenis en tradisies van PNHS lewendig te hou.
Maak asseblief 'n paar minute beskikbaar om jou besonderhede met ons te deel.
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSdw7PgBuiR25Ogab9SdEjfk1XZLqebU1v4Mg3T3oeqbQVfhAg/viewform?usp=header
24/06/2026
NOORDELIKE FAST5 NETBALFEES 2026
Is jou span gereed vir vinnige aksie, opwinding en topklas netbal? Dan is die Noordelike Fast5 Netbalfees die plek waar jy moet wees!
Datum: Saterdag, 22 Augustus 2026
Plek: Hoërskool Pretoria-Noord
Ouderdomsgroepe: O/13 (O/12 welkom), O/15 (O/14 welkom) en O/17 (O/16 welkom)
Inskrywingsfooi: R600 per span
Kom geniet 'n dag van vreeslose, vurige en vinnige netbal, waar spanne van regoor die streek mekaar die stryd aansê in die unieke Fast5-formaat!
Skandeer die QR-kode op die plakkaat om te registreer.
https://docs.google.com/forms/d/e/1FAIpQLSfA6K-nMvg1VFY1Ous79bP2hhX3_UPJuSwe57N6wdaivdPIYg/viewform?usp=send_form
Navrae: [email protected]
24/06/2026
Waarmee d**k julle is ons Graad 10-leerders besig by Warthog Inn se Veldskool?
Aan die glimlagte, lagbuie en avonture te sien, lyk dit of die pretvlakke behoorlik hoog is!
Ons Graad 10's geniet elke oomblik van hierdie besondere ervaring waar nuwe vriendskappe gebou word, spanwerk ontwikkel word en herinneringe geskep word wat nog lank onthou sal word.
Hierdie is meer as net 'n uitstappie, dit is 'n geleentheid om uit jou gemaksone te tree, nuwe uitdagings aan te pak en sommer baie pret saam met jou maats te hê!
Ons sien uit daarna om nog foto's en stories van hierdie wonderlike veldskool te deel.
24/06/2026
Dis amptelik! Hoërskool Pretoria-Noord atletiek promoveer na die B-Bond!
Baie geluk atlete 👏🏼💪🏼
23/06/2026
💪🏼👏🏼
Geluk aan die Swartleeus van Hoërskool Pretoria-Noord!🏆
Baie geluk met julle semi-finaal oorwinning van 49-14 teen Hoërskool Tuine. Julle harde werk en deursettingsvermoë maak ons trots.
Ons is dankbaar om deel te kan wees hiervan. Sterkte met die res van die seisoen!
23/06/2026
PNHS se redenaars praat raak!
Wat ’n uitstekende prestasie deur ons redenaars wat onlangs aan die Kans Vatter en Radikaal Redenaarskompetisies deelgeneem het. Julle harde werk, selfvertroue en weldeurdagte toesprake het weereens bewys dat PNHS-leerders hul stemme met trots en oortuiging laat hoor.
Kans Vatter Uitslae:
Anje-Lika Coetzee – A
Janco Schoonraad – A
Zené Swart – A
Chrizelda Fourie – A
Charney Badenhorst – A
Helé Lottering – A+
Ziané Nel – A
Michelle de Klerk – A
Michael de Villiers – A+
Mia Rynners – A+
Leandré Koekemoer – A+
Cheyenne Pieterse – A++
Radikaal Uitslae:
Anje-Lika Coetzee – A
Chayce Barlow – A
Janco Schoonraad – A
Pheto Molekomme – A
Zené Swart – A
Charney Badenhorst – A
Chrizaan Bikkies – A
Helé Lottering – A+
Ziané Nel – A+
Michael de Villiers – A
Leandré Koekemoer – A+
Cheyenne Pieterse – A+
Baie geluk aan elke redenaar. Julle het nie net uitstekende resultate behaal nie, maar ook die naam van Hoërskool Pretoria-Noord met trots uitgedra. Ons is ongelooflik trots op julle prestasies en sien uit na nog vele suksesse op die redenaarspodium!
Voor in die Wapad brand ’n lig!
22/06/2026
PNHS POTJIEKOSKOMPETISIE 2026
Die vuur gaan brand, die gees gaan hoog loop en die potte gaan prut! Kom wys jou kookvernuf by Hoërskool Pretoria-Noord se jaarlikse Potjiekoskompetisie op 8 Augustus 2026.
Bring jou familie, vriende en spanmaats saam vir ’n dag vol lekker kos, gesellige samesyn en groot pryse. Potjiekoskompetisies is bekend vir hul kreatiwiteit, spanwerk en gees, waar elke span hul eie unieke resep en styl kan wys.
- Kontantpryse op die spel!
- R1 000 per pot (10 persone per span)
- Kaartjies: R100 per persoon
- Datum: 8 Augustus 2026
Maak seker jou span skryf vroeg in hierdie is een geleentheid wat jy nie wil misloop nie!
Besprekings: [email protected]
Voor in die Wapad brand ’n lig!
22/06/2026
Baie geluk aan ons PNHS-landlopers!
Ons is ongelooflik trots op die volgende leerders wat gekies is om die AGN-span te verteenwoordig:
Jamila Buff
Jazlyn Roux
Sandra Viviers
Mikyle Willemse
Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het beslis vrugte afgewerp. Dankie dat julle Hoërskool Pretoria-Noord se naam hoog hou. Ons wens julle alle sterkte toe vir die uitdagings wat voorlê en weet julle sal die PNHS-kleure met trots dra.
Voor in die Wapad brand 'n lig!
22/06/2026
Graad 12 Lewenswetenskappe superhelde!!
𝕎𝕒𝕥 𝕚𝕤 𝕥𝕠𝕖𝕨𝕪𝕕𝕚𝕟𝕘? 💚
Dou voor dag (05:45) op 'n koue, donker wintersoggend het die Matrieks gou kom hersiening doen voor hul vraestel van vandag. Natuurlik moes daar koffie ook wees!! ☕️ Mag julle uitslae julle toewyding reflekteer!! 📚🎓📝