Animo Spatium

Animo Spatium

Share

Helping teachers breathe again.

16/07/2026

Hou op om leerders en kollegas se swakhede reg te maak. begin eerder hulle sterkpunte raaksien. 🌟

Dit is maklik om foute raak te sien en te fokus op wat verkeerd loop. Dis egter baie moeiliker om doelbewus raak te sien waar moeite ingesit word, waar groei plaasvind en waar klein oorwinnings stilletjies gebeur.

En tog is dit juis hierdie oomblikke wat selfvertroue bou en ware vooruitgang dryf 👀

Ons mis dikwels meer as wat ons besef.
💪Die leerder wat aanhou probeer, al is dit moeilik
🤝Die kollega wat ’n gevoel van kalmte en stabiliteit bring
💛Die byna onsigbare daad van vriendelikheid wat iemand se dag verander

Dít is sterkpunte.

Wanneer ons begin om sterkpunte raak te sien en te benoem, bou ons nie net vaardighede nie, maar ook energie, selfvertroue en volhoubare groei (Seligman, 2011).

Probeer dit 👇

1. Noem dit:
“Dit was regtig deursettingsvermoë wat jy daar gewys het.”

2. Sê hoekom:
“Jy het aangehou, selfs toe dit moeilik geraak het en jy kon opgee.”

3. Wys die impak:
“Jou houding het ander aangemoedig om ook nie moed op te gee nie.”

Dit is ’n klein skuif in hoe ons kyk en praat, maar dit het ’n groot impak
Dit waarop ons fokus, begin groei.🌱🌱🌱

Wie in jou omgewing doen dit besonders goed? "Tag" hulle hieronder 👇



Bron:
Seligman, M. E. P. (2011). Flourish: A visionary new understanding of happiness and well-being. Free Press.

10/07/2026

Miskien is die grootste uitdaging in die klaskamer nie dissipline of prestasie nie, maar vertroue.

“Jy kan nie mense lei wat jy nie vertrou nie. Maar dalk lê die dieper vraag in hoeveel jy jouself vertrou.”

Hierdie gedagte laat my die week net nie los nie.

Ons praat oor vertroue as iets wat ons moet bou. In ons leerders. In ons kollegas. In die ruimtes wat ons elke dag skep.

Maar wat as dit nie by hulle begin nie, maar eerder by ons?

Wat sou verander as ons, as onderwysers, ons leerders meer vertrou?

Nie blindelings nie. Nie sonder leiding nie. Maar met die oortuiging dat hulle self kan d**k, kan worstel, kan groei 🌱

Dat leer nie iets is wat ons beheer nie, maar iets wat ons help ontvou.

En dan die vraag wat bly terugkom:

🔎 Wat sou gebeur as ons onsself meer vertrou?

Ons oordeel. Ons bedoelinge. Ons vermoëns...

Dalk gaan dit oor iets dieper.

’n Vraag wat ons nie altyd hardop vra nie:
Is ek genoeg?
Doen ek genoeg?
Kan ek soms net laat gaan?

En as ons kan…

Al is dit net ñ 1% verandering elke dag. 🌿

Miskien begin dit só...met vertroue.

In ons leerders.

En uiteindelik, in onsself ✨





03/07/2026

🌿 Dankbaarheid is ’n vaardigheid wat aangeleer kan word.

Dit is nie slegs ’n gevoel wat ontstaan wanneer alles goed verloop nie. Dit is ’n bewuste praktyk waarna ’n mens doelgerig kan terugkeer, selfs in uitdagende tye. 🤔

Die idee is nie om die moeilike goed te ignoreer nie. Dit help eerder om jou aandag te verbreed sodat jy ook die dinge kan raaksien wat steeds goed is...

🌱 Klein, gereelde oomblikke van dankbaarheid kan oor tyd ’n beduidende verskil maak. Dit help om perspektief te ontwikkel en om met groter veerkragtigheid deur uitdagings te beweeg.

Uiteindelik bly dit egter eenvoudig...

👉🏽Om stil te word. Om raak te sien. Om te erken wat steeds daar is.

Veral wanneer dit nie vanselfsprekend is nie.

Dít is waar die krag van dankbaarheid lê. 🙏






29/06/2026

Hoe lyk dit regtig om te floreer?

Volgens die sielkundige dr. Martin Seligman gaan dit oor meer as net geluk of prestasie. Hy beskryf vyf kernpilare van welstand, saamgevat in die woord PERMA:

🌱 Positiewe emosies: Om geluk, hoop, dankbaarheid en vreugde in die hier en nou te ervaar, en 'n positiewe uitkyk te kweek
🌱 Betrokkenheid: Die toestand van vloei ("flow"), waar jy so verdiep is in 'n aktiwiteit dat jy jouself en tyd vergeet; dit gebeur wanneer jou vaardighede perfek by die taak pas
🌱 Positiewe verhoudings: Om liefde, ondersteuning en 'n gevoel van behoort by vriende, familie en kollegas te ervaar
🌱 Betekenis en doel: Om 'n lewensdoel te hê wat groter as jyself is en by te dra tot iets betekenisvol
🌱 Prestasie en sukses: Om persoonlike en professionele doelwitte na te streef en te bereik, met 'n gevoel van bemeestering, trots en selfmotivering

In Positiewe Onderwys gaan dit nie altyd net oor akademiese uitslae nie. Ons vra eerder: Kry leerders én onderwysers ruimte om in al vyf hierdie pilare te groei?

👉🏽Waar ervaar jy tans die meeste volheid...en waar dalk die grootste leemte?






24/06/2026

Wanneer ’n klas saam begin d**k, verander alles ✨

Dit is nie meer net jy wat verduidelik en hulle wat luister nie. Dit is leerders wat mekaar se denke aan die gang sit. ’n Eenvoudige verduideliking deur ’n klasmaat wat skielik sin maak 💡. ’n Vraag wat die hele groep se perspektief verskuif.

🧠 Dít is kollektiewe intelligensie in aksie.

Dan verander daar iets in die klas. Die onderwyser is nie meer die enigste bron van antwoorde nie, maar die een wat leer laat lééf...deur vrae te stel, gesprekke te lei en ruimte te skep waar idees kan groei 🌱

Die druk verander ook. Minder jaag om alles klaar te maak. ⏳Meer tyd om te sien waar begrip vorm en waar dit nog moet bou. Meer fokus op wat regtig land, nie net wat gedek word nie.

By Animo glo ons: wanneer mense saam d**k, word leer ligter en die klaskamer meer menslik 🤝

So sit ñ bietjie koppe bymekaar en kyk wat gebeur! 🧑‍🤝‍🧑💥




22/06/2026

🌿 Drie goeie dinge

Dis al...

Vanaand, voor jy gaan slaap, neem ’n oomblik en skryf drie dinge neer wat vandag goed gegaan het. Dit hoef nie groot of belangrik te wees nie. Inteendeel, dis dikwels die klein goedjies wat die meeste saak maak: ’n kind wat onverwags “dankie juffrou” gesê het, koffie wat nog warm was tot die laaste sluk, of ’n les wat skielik sin gemaak het.

Navorsing wys dat hierdie eenvoudige oefening oor tyd ’n merkbare verskil kan maak in hoe ons ons dae beleef. Nie omdat elke dag perfek word nie, maar omdat ons leer om die goeie raak te sien, selfs tussen die gewone en die moeilike.

Wat sou jou drie vandag wees?

21/06/2026

🌿 Ons fokus val dikwels op probleme en uitdagings, maar Positiewe Sielkunde bied ’n vars perspektief. Dit plaas die lig op wat mense help om te groei, te ontwikkel en te floreer.

Wanneer hierdie benadering in die onderwys toegepas word, skep dit ’n ruimte waar leerders nie net akademies kan presteer nie, maar ook emosioneel kan ontwikkel, sin kan vind en hul volle potensiaal kan bereik.

Dit vorm die kern van Positiewe Onderwys: om mense toe te rus vir ’n gebalanseerde en betekenisvolle lewe. 🌿




20/06/2026

Ek wonder hoeveel onderwysers lees hierdie vanaand terwyl daar nog merkwerk langs hulle lê.

Of hoeveel van julle reeds oor môre bekommerd is.

As dit jy is, wil ek net sê: jy is nie die enigste een nie.

Hierdie blad is vir die mense wat elke dag baie gee, en soms vergeet om ook vir hulself iets te los.

Welkom by Animo.

Voordat jy verder scroll: noem een klein ding waarvoor jy vandag dankbaar is.

🌿

Want your school to be the top-listed School/college in Pretoria?

Click here to claim your Sponsored Listing.

Location

Category

Telephone

Address

Pretoria
0001