AHMP Blou Bond

AHMP Blou Bond

Share

Offisiële blad vir AHMP ondersteuners 💙🤍💙

23/10/2025

📚 Eksamentyd = Aanlyntyd! 💙

Terwyl ons Bloues hard leer, skuif die BlouBond Boutique ook oor na ’n rustiger ritme. Gedurende eksamentyd neem ons slegs aanlyn bestellings – bestellings kan by die winkel afgehaal word per afspraak.

👗 Ouers wat graag iets wil aanpas, kan Magrieta kontak via WhatsApp by 082 344 7606.

Ons gewone winkelure hervat in Januarie 2026.
Dankie vir julle begrip en ondersteuning – sterkte aan al ons leerders met die eksamens! 💪📖

22/10/2025

💙 Aan ons geliefde Affie-Matriekdames 💙

Dis julle tyd om te skitter! ✨
Baie sterkte met elke vraestel, elke laatnag en elke bietjie harde werk wat nog voorlê.
Onthou – die hele Affie-gemeenskap staan agter julle met trots, liefde en in geloof. 🌸

Mag hierdie einde net die begin wees van iets besonders mooi. 💫

Met baie Affie-liefde,
Die AHMP Blou Bond 💙

01/08/2025

Vir ons nuwe hoof se eerste verjaarsdag by AHMP. Mag daar nog vele geseënde en suksesvolle blou verjaarsdae hier by ons wees!
🥳💙🤍💙

Photos from Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria's post 12/06/2025
28/05/2025

🌟 Baie sterkte met die eksamen Affies!! 🌟

Ons winkelure by die Bloubond Boutique vir die eksamen is as volg:
Maandae 07:00 - 08:00
Vrydae 10:00 - 11:00

…dis amper Vadersdag, kom koop vir Pappa ietsie Blou 💙🤍💙

15/05/2025

Sterkte, Affie-dogters!
Die groot oomblik het aangebreek – die Oranje Derby is hier! Ons wens al ons talentvolle dames en toegewyde onderwysers sterkte toe vir die wedstryde en optredes wat voorlê. Gaan wys wie ons is – met trots, passie en Affie-gees! 💙🤍💙

Die Bloubond Boutique sal vanmiddag oop wees sowel as vanaand vir die Skaap-en Knipmesaand🌟


💙

12/05/2025

Blou is die nuwe Oranje!
Wys jou trots en kom kry jou ondersteunersdrag by die Bloubond Boutique – voor Vrydag!
Moenie wag nie – wees gereed om in styl te ondersteun 💙🤍💙

07/05/2025

Bloubond Boutique
Toon jou trots – koop jou ondersteunersdrag nou!

Die wintersportseisoen is aan die gang en dit is tyd om te wys wie jy ondersteun! 💙🤍💙By die Bloubond Boutique het ons alles wat jy nodig het – van stylvolle T-hemde en hoede tot warm baadjies en bykomstighede in trotse Affie-Blou.

Kom loer gerus in by ons winkel en wees reg vir die wedstryd in styl!
Ondersteun met trots. Dra dit met styl.

Aanlynbestellings: https://winkel.ahmp.co.za/collections/blou-bond (Afhaal by die Bloubond Boutique)

💙

08/04/2025


Die Blou Band-winkel is op die skoolterrein, op die gras-hokkieveld

07/04/2025

Daar is ‘n splinternuwe BLOU winkel in Bond Straat!! Die Blou Bond Boutique sal Donderdag 10 April oop wees gedurende hierdie tye:
06:30 - 08:00 & 12:30 - 17:00
(Ons pragtige nuwe winkel word Woensdag bekend gestel!! Ons kan nie wag nie!!)

Dis tyd om die Kaap Blou te gaan verf 💙🤍💙

💙

Want your school to be the top-listed School/college?