28/06/2026
Ons is dankbaar vir hierdie skoolvakansie. Dit is die perfekte geleentheid om tyd saam deur te bring, bietjie te ontspan en nuwe herinneringe te maak 💚
Dankie vir elkeen se liefde en ondersteuning.
28/10/2025
Hallo Trees of Life Familie
Kan iemand ons asb help met n XL Boomerang skooltas 🎒
Oudste sussa se tas het besluit hy is nou moeg en kan nie meer vasbyt tot einde vd jaar nie🤦🏼♀️
Groet M🌳💚🏡
03/08/2025
Goeie more julle 🌳
Ons beleef tans ’n moeilike paar maande by _Trees of Life_ en sukkel regtig om in al die kinders & huis se behoeftes te voorsien.
As jy in ’n posisie is om te help — hetsy met ’n eenmalige bydrae of gereelde ondersteuning — sal dit ’n werklike en onmiddellike verskil maak.
Jy is welkom om my direk te kontak.
Baie dankie vir elkeen se omgee en ondersteuning!
M🌳🏡💚
14/06/2025
*Sleutelhouer fondsinsameling*
Soos jul op die foto sien, het ek 50 pragtige hout sleutelhouers self gemaak om weg te gee vir al Trees of Life se ondersteuners 💚🗝
Koste: Enige donasie
Hoe kry jy dit in die hande?
1. As jy naby ons bly kan jy 1 (of meer) kom haal.
2. Andersins kan ek dit vir R50 met Pudo vir jou pos.
Waarvoor gaan die fondse:
* Weeklikse terapie vir al ons kinders
* Petrol na aktiwiteite
* Vars groente en Vrugte
Ek hoop dat almal ten minste 1 bestel!
Groete Margareet 🌳💚🏡
13/05/2025
Julle is amazing!🤗
Baie dankie vir almal wat so ruimhartig bygedra het vir Saterdag se Worsbroodjie verkope🥰🥳
Vir die wat dalk nog iets wou skenk, ons benodig asb nog:
🍽️ Papierbordjies
🧻Servette
🪵4 sakke Charcoal
🔥Blitz
🟡Mosterd
🧈Margarien
🫑🥒🍌Vars groente en vrugte vir ons huis
🧼Skoonmaakmiddels
🧥Wintersklere vir die meisies.
Dankie dat julle ons ondersteun, sodat ons elke dag kan voortgaan om n verskil in die kinders se lewens te maak! Ek waardeer dit 🌳💚🏡