15/03/2026
Funny hoe dinge werk…
DieKlankMan (DKM) het begin toe ons vir vriende met hul troue se klank gehelp het. Die gaste was mal daaroor, die terugvoer was ongelooflik, en voor ons ons oë kon uitvee… het ’n klein idee iets groters geword.
Ons doel was nog altyd eenvoudig: om mense te help en regte verhoudings te bou. Baie van ons kliënte word vriende, en party voel later sommer soos familie.
Ons is dalk nie een van die groot klankmaatskappye daar buite nie, maar ons passie is net so groot (en ons speakers is nog steeds lekker hard😁).
En omdat ons weet hoe duur funksies kan raak, probeer ons altyd ons pryse billik en bekostigbaar hou.
DieKlankMan - goeie klank, goeie vibes en nog beter mense.
22/02/2026
DKM het by ’n familie-troue as DJ ingespring
Jammer vir die min foto’s, wanneer mense dans, kort hulle lekker musiek.
Die klanktafel het ons behoorlik besig gehou tot 02:30 die oggend. 💃🕺
Makarios:Event planning,Wedding&function venue
22/02/2026
Makarios:Event planning,Wedding&function venue
’n Onvergeetlike Klankervaring
DKM se luidsprekers het die afgelope naweek by Makarios gaan stil staan, en die ervaring was uitsonderlik. Die klankgolwe het perfek deur die pragtige saal beweeg, en die musiek het elke hoek gevul. Die venue se akoestiek, insluitend dak akoestiekpanele, maak elke oomblik helder en duidelik.
Beplan jou troue of funksie by Makarios, jy sal nie teleurgestel wees nie!
https://www.facebook.com/share/r/1DVaKJtkyJ/
28/01/2026
DKM het pas ’n splinternuwe Alto Professional Stealth-stelsel aangeskaf – en ja, dit beteken nou: geen kabels wat soos spaghetti oor die vloer lê nie!
’n Groot dankie aan Jacques van Sound of Ministry vir die uitstekende diens en raad. Julle maak seker ons klank is nie net hard nie, maar ook slim!
Van nou af is verbindings draadloos en probleemloos – minder struikelgevaar, meer professionele klank, en nog steeds dieselfde passie.
20/10/2025
Saterdag het gekook.
Dankie Bill Oberholzer vir die ondersteuning.
Dis so lekker wanneer klante vriende word.
06/09/2025
DKM het vandag die voorreg gehad om Bundi Bos Kleuterskool by te staan met stemopnames. 🎙️
21/05/2025
Dag 2 by Bundi Bos Kleuterskool se Oupa en Ouma dag. 1 om te gaan.
05/03/2025
DKM doen meeste funksies, van 'n skool sportdag tot jou skoonma se verjaarsdag.
Kontak ons gerus.
26/11/2024
So sluit DKM af met 'n suksesvolle dag.
Dankie Bundi Bos Kleuterskool / Preschool vir julle ondersteuning.