Woel en Werskaf Kleuterskool

Woel en Werskaf Kleuterskool Woel en Werskaf is 'n kleuterskool vir Gr. RRR, Gr. RR en Gr. R kleuters.

18/06/2026
Wanneer dit naweek of vakansie is, dan baljaar die apies lekker by Woelies😉
15/06/2026

Wanneer dit naweek of vakansie is, dan baljaar die apies lekker by Woelies😉

05/06/2026

🦒🦓■Uitstappie na Lekwena■ 🦓🦒

Om aan te sluit by dié week se tema, het die Hasie- en Kameelperdklas se kleuters 'n heerlike uitstappie na Lekwena geniet. Hulle het verskeie bokke, 'n sebra, vlakvarke en selfs 'n rooijakkals gesien, met 'n kameelperd wat in die verte gestaan en loer het.

Ten spyte van die reën, het die maats dit steeds baie geniet. Dankie aan almal wat die uitstappie moontlik gemaak het.




Ons liewe Patricia het gister verjaar! Baie geluk 🎂 Mag jy 'n geseënde jaar hê. Dankie vir al jou harde werk en pragtige...
05/06/2026

Ons liewe Patricia het gister verjaar! Baie geluk 🎂 Mag jy 'n geseënde jaar hê. Dankie vir al jou harde werk en pragtige glimlag.

02/06/2026

Die Woelie trompoppies het verlede naweek geskitter by hul eerste 2 optredes.

Wat is lekker as om pantoffels te dra...? Om pantoffels skool toe te dra🤗. Woelies het Vrydag pantoffeldag gehad
31/05/2026

Wat is lekker as om pantoffels te dra...? Om pantoffels skool toe te dra🤗.

Woelies het Vrydag pantoffeldag gehad

♡ Trompoppies... Trompoppies.... ♡Kom ondersteun asb. ons pragtige Gr. R dogtertjies by die optredes.
25/05/2026

♡ Trompoppies... Trompoppies.... ♡
Kom ondersteun asb. ons pragtige Gr. R dogtertjies by die optredes.



🎵🎭 NWU KONSERVATORIUM 🎭🎵Die Gr. RR'e het gister die voorreg gehad om die NWU Konservatorium te besoek om ’n baie leersam...
23/05/2026

🎵🎭 NWU KONSERVATORIUM 🎭🎵

Die Gr. RR'e het gister die voorreg gehad om die NWU Konservatorium te besoek om ’n baie leersame vertoning by te woon. Ons is so bevoorreg om hierdie fasiliteite in ons eie dorp te hê.

Die kleuters het op ’n prettige manier geleer om vriendelik en gaaf met mekaar te wees. Hulle het die interaktiewe liedjies en interessante kostuums baie geniet.



🌈 WOELIES SE COLOUR RUN ~ 8 Mei 2026 🌈 Deel 3Die kleuters het die dag behoorlik geniet terwyl die terrein in ’n reënboog...
18/05/2026

🌈 WOELIES SE COLOUR RUN ~ 8 Mei 2026 🌈 Deel 3

Die kleuters het die dag behoorlik geniet terwyl die terrein in ’n reënboog van kleure verander het.

Almal het saam piekniek gehou met worsbroodjies en koeldrank. Die studente en assistente het gesorg dat almal se litte los raak met 'n paar danspassies op musiek.

Om die dag mee af te sluit, het elkeen 'n lekker roomys geniet — ’n soet einde aan ’n baie spesiale dag vol herinneringe. Baie dankie aan mev. Estia Joubert vir die pragtige foto's.

🌈 WOELIES SE COLOUR RUN ~ 8 Mei 2026 🌈 Deel 2Die kleuters het die dag behoorlik geniet terwyl die terrein in ’n reënboog...
18/05/2026

🌈 WOELIES SE COLOUR RUN ~ 8 Mei 2026 🌈 Deel 2

Die kleuters het die dag behoorlik geniet terwyl die terrein in ’n reënboog van kleure verander het.

Almal het saam piekniek gehou met worsbroodjies en koeldrank. Die studente en assistente het gesorg dat almal se litte los raak met 'n paar danspassies op musiek.

Om die dag mee af te sluit, het elkeen 'n lekker roomys geniet — ’n soet einde aan ’n baie spesiale dag vol herinneringe. Baie dankie aan mev. Estia Joubert vir die pragtige foto's.

Address

Rocherstraat 24
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 07:00 - 13:30
Tuesday 07:00 - 13:30
Wednesday 07:00 - 13:30
Thursday 07:00 - 13:30
Friday 07:00 - 13:30

Telephone

+27720499530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Woel en Werskaf Kleuterskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The School

Send a message to Woel en Werskaf Kleuterskool:

Shortcuts

Share

Category