28/05/2026
’n Cambridge-matriek gee tuisskolers die geleentheid om enige groot droom in 'n werklikheid te verander.
Moria Tuisskool help leerders om ’n internasionaal erkende kwalifikasie te verwerf wat deure kan oopmaak na:
🎓 Suid-Afrikaanse en internasionale universiteite
✈️ Studies en werksgeleenthede oorsee
📖 Verdere opleiding en spesialisrigtings
💼 ’n Mededingende voordeel in die werkswêreld
Cambridge word oor en oor bewys as 'n kwalifikasie van hoë aansien. 'n Cambridge-gegradueerde het reeds die sleutel vir méér deure as 'n gewone matrieksertifikaat. Kies Cambridge, maar jou ondersteuning is Afrikaans:
http://moriatuisskool.co.za/
27/05/2026
Seisoenverandering bring dikwels meer as net kouer of warmer dae — dit kan ook jou kind se energie, konsentrasie en bui beïnvloed.
🌿 Ondersteun jou kind natuurlik met:
• Genoeg rus en ’n konsekwente roetine
• Voedsame etes en genoegsame water
• Natuurlike aanvullings soos vitamien C, sink en kruie soos echinacea om die immuunstelsel te versterk
’n Gebalanseerde leefstyl help jou kind om makliker deur seisoenveranderinge aan te pas — en steeds hul beste te gee. Dis 'n
voorreg om daagliks op ons kinders se behoeftes te kan reageer. Kies tuisskool!
21/05/2026
Twyfel jy oor jou tuisskoolroete?
Ons tuisskolers, bewapen met ‘n Cambridge-matrieksertifikaat,
los diep spore in die “grootmens”-wêreld.
Ons hoef niks te sê nie, lees hier ons oud-leerlinge se getuigskrifte:
https://moriatuisskool.co.za/wat-se-ons-ouers-leerders/
28/04/2026
Ons probeer altyd om tuisskool vir ons ouers MAKLIKER te maak, ons stel die volgende bekend:
Lojaliteitsbonus by Moria Tuisskool
By Moria Tuisskool kan ouers aan die einde van elke jaar R800 spaar.
📚 Stuur die volledige stel Moria-boeke van die afgelope jaar terug
📚 Registreer weer vir die volgende jaar
➡️ en ontvang ’n R800-afslagbonus vir die volgende akademiese jaar.
Bepalings en voorwaardes:
-Hou die faktuur by ontvangs van boek.
- Die afslag is slegs van toepassing:
- Vir pakkette wat volledig, soos aangedui op faktuur teruggestuur word
- 'n Kopie van die faktuur waarop die boeke afgemerk is, moet saam gestuur word vir boeke wat voor 31 Januarie deur Moria terug ontvang word.
- Indien die leerder weer vir die volgende jaar by Moria registreer.
- Die afslag in nie van toepassing op winterkorting-kliënte nie.
Pakkette kan met Pudo gestuur word na Stormvoël Courier Guy, Pretoria.
Die R800-bonus sal as krediet op die kliënt se rekening reflekteer.
Geen kontant uitbetalings.
Lees meer hier:
https://moriatuisskool.co.za/pryse/
23/04/2026
Wat het jy nodig voordat jy met Moria se tuisskoolmateriaal begin?
Jy wil dalk onmiddellik op Takealot spring en ‘n telraam, klei en ‘n arsenaal van leerhulpmiddels bestel... Maar met Moria Tuisskool is dit ALLES nie nodig nie. Weet jy wat het elke Moria-mamma nodig?
1. Jou Bybel - jy begin hierdie reis by en saam met jou Skepper.
2. Basiese skryfbehoeftes. Dit hoef nie nuut en perfek te wees nie, dit hoef net beskikbaar te wees.
3. 'n Geloofsgemeenskap (of tuisskoolgemeenskap) waar julle skouer aan skouer saam aan die kinders se toekoms bou.
4. Moed en genade - vir jou kinders en vir jouself...
5. 'n Groot beker vir koffie!
Wat van die res?
Elke hulpmiddel wat jy volgens ons leermateriaal benodig, stuur ons saam!
Kort jy ‘n leesstuk of liedjie? Ons stuur dit saam!
Klei of ‘n telraam? Jip, dis in jou boks.
Wanneer jy dus vir jou tuisskoolreis begroot, is die Moria Tuisskoolpakket ‘n realistiese weerspieëling van wat dit jou gaan kos.
Loer gerus in by ons webblad: https://moriatuisskool.co.za/pryse/
05/04/2026
En daarom het ons Ewige Hoop ✝️
03/04/2026
JOHANNES 7:38
“Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.”
Wat 'n voorreg om Hom te ken. 🌿
30/03/2026
Dit is vir elke tuisskoolmamma so belangrik om ook haar eie denke, moed en inspirasie aan te vul.
’n Paar goeie boeke kan nuwe perspektief gee, vars energie bring en jou herinner hoekom jy hierdie kosbare pad gekies het.
Boeke soos Atomic Habits help met klein daaglikse gewoontes wat groot verskil maak, terwyl Mindset wys hoe ’n groei-denkwyse jou en jou kinders kan versterk.
The 7 Habits of Highly Effective People bly ’n kragtige gids vir doelgerigte lewe, en The Read-Aloud Family is vol inspirasie vir ouers wat ’n liefde vir lees in hul huis wil bou.
Het jy ‘n boek gelees waaruit ander mammas waarde kan put? Deel gerus in die kommentaar jou gunstelinge!