Moria Tuisskool

Moria Tuisskool Moria is ‘n tuisonderwys kurrikulum met Christelike beginsels en ‘n internasionale geykte akademiese standaard. MORIA beteken: deur die Here voorsien.

Ons verskaf onderwysmateriaal in Afrikaans van gr 0-9 waarna leerders die Cambridge stelsel volg vir graad 10 tot 12 (IGCSE, AS, A-levels). Moria is ‘n Afrikaanse tuisonderwys kurrikulum met Christelike beginsels en ‘n internasionale geykte akademiese standaard. Ons verskaf onderwysmateriaal vir Mamma’s, tuisskole en privaatskole van graad 0 tot 9 in Afrikaans, waarna ons leerders oorgaan na die Cambridge stelsel vir graad 10 tot 12 (IGCSE, AS, A-levels) in Engels. Dit open deure na tersiêre instellings wêreldwyd vir ons leerders. Moria se materiaal is ontwikkel uit verskeie wêreldklas leerplanne en word deurgaans aangepas deur ‘n span van dertig verskillende vakspesialiste wat vakadviseurs, professore en senior vakonderwysers insluit. Moria is in 1996 gestig en bestaan al vir byna drie dekades. Ons stelsel is waardegedrewe, Bybelgefundeerd en ons erken ons Afrikaner kultuur en geskiedenis. By Moria word Afrikaans gekoester en daarom word dit op ‘n hoë vlak onderrig. Ingesluit by ons pryse word ouergidse, leerderboeke, antwoordsleutels, jaarbeplanners en hulpmiddels voorsien. Dit help Moria-ouers om die jongspan maklik te onderrig. Skriftelike eksamens word jaarliks afgelê waarna rapporte uitgereik word. Sommiges noem dit tuisonderwys, tuisonderrig, tuisskool, afstandsonderrig, “home schooling” of huisskool. Ongeag wat dit genoem word, alles dui op ‘n diens wat Moria Tuisskoolmateriaal voorsien.

VIER AFRIKAANS VANDAG!By Moria is suiwer Afrikaans en moedertaalonderrig ’n hoë prioriteit. Ons glo dat kinders die best...
24/09/2026

VIER AFRIKAANS VANDAG!

By Moria is suiwer Afrikaans en moedertaalonderrig ’n hoë prioriteit. Ons glo dat kinders die beste leer wanneer hulle in hul moedertaal onderrig word, veral gedurende die belangrike vroeë leerjare.

Ons leer ons kinders om trots te wees op hul taal, geskiedenis en kultuur, en om hul identiteit te vestig en te waardeer.

📚 Tot en met Graad 9 word Afrikaanse tuisskoolmateriaal gebruik, waarna leerders na die Cambridge Engelse stelsel oorgaan.

Ons glo dat ’n sterk moedertaalgrondslag kinders nie terughou nie, maar juis ’n sterk basis vir verdere akademiese ontwikkeling bied.

Lees meer oor ons benadering:
moriatuisskool.co.za

Goeie onderrig begin by meer as net ’n boek of ’n rekenaar. Daarom word leerders van praktiese hulpmiddels en toepaslike...
22/09/2026

Goeie onderrig begin by meer as net ’n boek of ’n rekenaar. Daarom word leerders van praktiese hulpmiddels en toepaslike leermateriaal voorsien om kennis en vaardighede aktief te ontdek en te bemeester.

Van klei, geometriese vorms en kunsapparaat in die Grondslagfase tot mini-laboratoriumstelle vir Fisiese Wetenskappe – ons fokus op praktiese en betekenisvolle leer.

Ons glo ook dat handboeke steeds ’n belangrike rol in leer speel. Tegnologie word daarom doelgerig as ’n hulpmiddel gebruik, terwyl leerders ook aangemoedig word om te lees, sport te beoefen en ander sinvolle aktiwiteite te geniet.

Ons streef na ’n gebalanseerde benadering tot leer deur ouers met die regte hulpmiddels toe te rus, verantwoordelike tegnologiegebruik te akkommodeer en ondersteuning deur die hele leerproses.

Nuuskierig? Loer in by ons webblad: https://moriatuisskool.co.za/

Moria se materiaal het in 1996 begin ontwikkel vanuit ’n behoefte aan kwaliteit onderwys wat met ouers se waardes en beh...
17/09/2026

Moria se materiaal het in 1996 begin ontwikkel vanuit ’n behoefte aan kwaliteit onderwys wat met ouers se waardes en behoeftes ooreenstem.

Die stigters het verskeie onderwysalternatiewe ondersoek, maar kon nie iets vind wat aan hul standaarde voldoen nie. Daarom het hulle begin om hul eie materiaal te ontwikkel, aanvanklik vir hul eie kinders.

Wat as ’n oplossing vir een gesin begin het, het vinnig gegroei toe ander ouers ook van die materiaal wou gebruik maak. Kundiges en leiers op verskeie vakgebiede het later bygedra tot die ontwikkeling van ’n gehalte-kurrikulum waarop ons trots kan wees.
Van ’n gesin se behoefte in 1996 tot ’n tuisskoolkurrikulum wat vandag talle gesinne ondersteun.

Lees gerus meer:
moriatuisskool.co.za/wat-bied-ons-aan/

“Ek moes in 2018 besluit in watter kleuterskool ek Elizna gaan sit sodat sy voorbereid kan wees vir skool as sy Gr R toe...
14/09/2026

“Ek moes in 2018 besluit in watter kleuterskool ek Elizna gaan sit sodat sy voorbereid kan wees vir skool as sy Gr R toe moes gaan in 2019. Iets het my net heeltyd gekeer om kleuterskole te gaan besoek – ek was net te besig met ander goed.

Ek het gebid en vir die Here gevra om my te lei in die soektog want dit was vir my baie swaar omdat sy heeltyd by my is. Die Here het my toe baie duidelik geantwoord en gesê: “Chanell, jy moet jou kinders tuisonderrig.” Tuisonderrig was nooit ‘n opsie vir my nie en ek het dit glad nie oorweeg nie, tot ek die stem van die Here gehoor het. Na lank gesoek op die internet na tuisskoolinstansies (want ek het absoluut geen kennis van tuisonderrig gehad het nie) het ek so per ‘toeval’ by Moria uitgekom. Ek het, nadat ek al wat ‘n ander webblad is, uiteindelik by Moria se webblad ingegaan. En wat sien ek? ‘n Foto van Tannie Helena.

Ek het haar dadelik herken want ek en haar dogter, Marguerite, het saam gimnastiek gedoen én ons was saam op skool. Op die manier het God my na Moria gelei en het ek geweet dis waar ons moet wees. Hoë standaarde en Bybelse beginsels.

Ons geniet Moria se werkboeke vreeslike baie. Dis baie volledig en maklik verstaanbaar. Oom Hannes en Tannie Helena is altyd reg om te help en sal die ekstra myl stap as mens op hulle knoppie druk. Mens kry nooit die gevoel dat jy hulle pla as jy bel nie. Hulle is altyd baie vriendelik en beleefd.”
Jan en Chanell Crous

Besoek gerus ons webblad vir al die inligting oor ons pakkette:
moriatuisskool.co.za

Evaluering en eksamens by Moria TuisskoolBy Moria Tuisskool speel ouers 'n belangrike rol in hul kind se leerreis. Daaro...
31/08/2026

Evaluering en eksamens by Moria Tuisskool

By Moria Tuisskool speel ouers 'n belangrike rol in hul kind se leerreis. Daarom is die kwartaallikse evaluering van grade 1–9 die ouers se verantwoordelikheid en kan dit deur verskeie kreatiewe evalueringsmetodes gedoen word.

Jaarlikse eksamens word in November deur Moria afgeneem vir grade 1–9, waarna 'n amptelike rapport uitgereik word.
✔️ Graad R – Skoolgereedheidstoets (opsioneel)
✔️ Graad 1–3 – Mondelinge vaardigheidsevaluering
✔️ Graad 4–9 – Eksamens onder toesig in jou eie dorp
✔️ Graad 10–12 – Cambridge-eksamens by amptelike Cambridge-sentrums

Met Moria ontvang jy die vryheid van tuisskool, gekombineer met gestruktureerde assessering wat jou kind voorberei vir die toekoms.

Loer gerus in:
moriatuisskool.co.za

WAAR HET MORIA BEGIN?Die Here het ons geseën met drie pragtige dogtertjies. Wat ‘n vreugde om elkeen te sien ontwikkel. ...
26/08/2026

WAAR HET MORIA BEGIN?

Die Here het ons geseën met drie pragtige dogtertjies. Wat ‘n vreugde om elkeen te sien ontwikkel. Elkeen se persoonlikheid verskil van ekstrovert, introvert, besadig, lewendig, akkommoderend, leergierig. Moria se storie begin by ons gesin se liefde vir kinders, leer en die ontwikkeling van elke kind se unieke gawes.

Dag-vir-dag is ontwikkeling van die volle mens op elke vlak nagelees en wat nie natuurlikerwys gekom het nie is met terapie ingeoefen. Uiteindelik is ‘n Europese program gevolg wat geïntegreerd te werk gegaan het.

Na jare se ervaring met kinderontwikkeling en onderwys, het Moria in die 1990’s ontstaan vanuit ’n behoefte aan kwaliteit tuisonderwys. In 1996 is tuisonderwys amptelik in Suid-Afrika erken, en Moria kon sy eie kurrikulum verder ontwikkel.

Die naam Moria, wat “deur die Here voorsien” beteken, weerspieël die drie fondamente waarop Moria gebou is:
Geloof – Die Bybel as grondslag van kennis.
Akademiese uitnemendheid – Om elke kind te help om sy of haar volle potensiaal te bereik.
Taal en kultuur – Om Afrikaans en ons kultuur met trots te bewaar en uit te leef.
Moria: om kinders toe te rus om hul gawes te ontwikkel, hul roeping te ontdek en hul lewens tot eer van God te leef.

Lees gerus meer:
moriatuisskool.co.za/waar-het-ons-begin/

Wiskunde, maar verstaanbaar! ;)"Baie dankie vir ‘n pragtige en baie intressante leerprogram. Veral die manier waarop vak...
19/08/2026

Wiskunde, maar verstaanbaar! ;)

"Baie dankie vir ‘n pragtige en baie intressante leerprogram. Veral die manier waarop vakke aangebied word. Selfs ek, wat ‘n gevaar in Wiskunde is, kan eerlik sê ek verstaan wat aangaan – en dit opsigself is ‘n prestasie."

- Natasha Combrinck

Gaan lees gerus nog van ons ouers se ervarings:
moriatuisskool.co.za

14/08/2026

Jana het vandag 'n begripstoets gedoen!

Sy moes nie noodwendig lees/luister en dan vrae beantwoord nie, ons maak dit interessant.

Ons gee die instruksies as leesstuk, dan moet sy dit korrek uitvoer. Kyk na hoe mooi sy haar papiertjie geknip het volgens die instruksies.

Só dink ons buite die boks!
moriatuisskool.co.za

In hierdie koue is die Short-gesin ons inspirasie!Wie sê leer gebeur net tussen vier mure?By tuisskool is elke dag 'n nu...
11/08/2026

In hierdie koue is die Short-gesin ons inspirasie!

Wie sê leer gebeur net tussen vier mure?

By tuisskool is elke dag 'n nuwe avontuur. Soms is die klaskamer die kombuistafel, soms die stoep in die winterson, en soms 'n warm kombers met jou gunsteling storieboek.

Hierdie is hoe 'n koue wintersoggend by die Short-gesin lyk. Terwyl daar uit Gezina en die Bruin Wind gelees word, luister almal saam – selfs Nala die hond en Timone die meerkat! En natuurlik geniet Ma 'n warm koppie koffie terwyl die dag rustig begin.
Dis die mooi van tuisskool: leer is nie beperk tot 'n lessenaar nie. Dit gebeur oral waar nuuskierigheid, geselsies en kwaliteit tyd saamkom.

Elke gesin se klaskamer lyk anders... en dit is juis wat dit so besonders maak!

📸 Dankie aan Liana en Francois Short dat julle hierdie spesiale oomblik met ons gedeel het.

Tyd. Ons grootste vyand.Wanneer laas het jou kind tyd gehad om net "kind" te wees?Om modderkoekies te bak, karpaaie in d...
31/07/2026

Tyd.
Ons grootste vyand.
Wanneer laas het jou kind tyd gehad om net "kind" te wees?

Om modderkoekies te bak, karpaaie in die sand te trek of vir mamma te help kosmaak?

Vandag se kinders se dae is dikwels propvol skoolwerk, aktiwiteite en roetines. Ouer en kind hardloop so rond om by te bly en ongelukkig is verbeelding en kreatiwiteit dikwels die eerste dinge wat uitgestel word vir "later".

Tuisskool skep tyd en ruimte vir kinders om vrae te vra, te ontdek, te bou, te skep en hul eie talente te ontwikkel.

Fokus op dit wat belangrik is, besoek ons by moriatuisskool.co.za.

Address

Potchefstroom

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27182946504

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Moria Tuisskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category